Pta-pa voor gesin op kleinhoewe vermoor

Johann Heunis en sy vrou, Mariandra. Foto: Facebook

Johann Heunis en sy vrou, Mariandra. Foto: Facebook

ʼn Pa van Pretoria, Johann Heunis, is oor die naweek op ʼn kleinhoewe buite die stad voor sy swanger vrou en drie dogtertjies vir ʼn selfoon doodgeskiet.

Ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê twee gewapende mans het die gesin Saterdag in die vroeë oggendure in hul huis op die Leeufontein-kleinhoewes in Kameeldrift, noordoos van die stad, oorval.

“Die gesin het voor die televisie aan die slaap geraak en is daar deur die mans oorval kort ná die ma wakker geword het aangesien sy beweging in die huis gehoor het,” het Van Dyk gesê.

Die mans het op kontant aangedring. Heunis het vir hulle gesê daar is geen geld in die huis nie, maar die mans kan enigiets vat wat hulle wil, solank hulle net die gesin uitlos.

“Die verdagtes het ses skote gevuur, waarvan een die man in sy kop getref het. Hulle het net met ʼn selfoon van die toneel gevlug.”

Heunis se vrou, Mariandra, en hul dogtertjies is nie beseer nie.

Die Kameeldrift-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Theresa M ·

Ek is ook spraakloos, van skok. Die sinneloosheid….. en hoe wreed die mens kan wees. Here, omvou sy vrou en kindertjies met U liefde.

Sydney ·

Hannes jy is so reg. Wat gebeur met hulle wat so moor. Niks nie. Want die reg is aan hulle kant. Hulle weet as hulle gevang word kry hulle slaapplek kos klere en mediese sorg hoe lekker op ons hard verdiende geldtjies wat oor betaal word aan oom Jan Taks

hanli du plooy ·

My innige meegevoel en simpatie vir diefamielie en friende met die afsterwe van u geliefde … hoop hulle vang daai mense en gooi hulle ini tronk en gooi sleutel ini see….. sterkte aan almal wat geraak word in die hartseer tyd

Ella ·

Hoekom gebeur dit dat sulke wrede barbaarsheid aanhoudend toeneem? Waar het dit begin? Wetgewing alleen gaan nie ‘n oplossing wees nie. Ons het die ingryping van BO nodig!

Cherokee ·

Waar kom jy daaraan? Moet nie ongegronde bewerings maak nie.

Linda B ·

NOG KINDERS WEES gelaat en dit vir ‘n selfoon ag neeeee wanneer gaan dit dan eendag stop???

Piet Pompies ·

Die minister van wet en orde moet by die Wêreldhof aangekla word vir pligversuim, sy hande is vol bloed!

Alida ·

Moet die SAPD nou een en elke landsburger se huis oppas. Kom tog by asb. Ek stem saam hulle moet meer sigbaar wees maar genugtig hulle kan nie oral wees nie.

Anoniem ·

Alida, niemand het gese hulle moet elke landsburger se huis persoonlik oppas nie. As hulle hulle werk doen en die skuldiges vang, veroordeel en reg laat geskied sal ons nie die gemors he nie.

Die klomp weet hulle kan letterlik met moord wegkom, en dit word voor die minister van wet en orde geplaas.

Iemand moet verantwoordelik gehou word

Spiro ·

Alida
My broer woon op ‘n plaas. Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer sy honde vergiftig is in voorbereiding vir ‘n aanval nie. Al die omheiningsdrade word ook geknip. Daar gaan maande om wat hy nie kan slaap wanneer die honde onrustig is omdat daar krimenele rondsluip nie. ELKE plaas rondom hom is al aangeval. Hy werk baie hard en staan ook vroeg op. Geen mens kan aanhoudend so voortgaan nie.

Hier is GEEN beheer oor misdaad in hierdie land nie. Wonder of ons almal in die toekoms van pille en kunsmatige kos sal moet leef, want die boere kry geen ondersteuning en hulle veiligheid is elke dag in gedrang.

BOLANDER ·

Ai VADER tog. Ek het nie woorde nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Wil U nie maar vir ons almal kom haal wat aan U behoort nie!!!! So kan dit nie aangaan nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Landiq ·

Ai, dis so hartseer…. En wat dit erger maak is dat hulle daarmee weg gaan kom, want moes vir elke misdaad is daar 10wette wat di misdadiger beskerm. Soooo verkeerd! Sterkte aan mamma en gesin…

Theresa ·

Ek stem saam met Piet Pompies. Hoe kan ons daarop aandring dat die Minister van Wet en Orde ‘n ordentlike verslag moet gee oor al die moored EN dit bewys EN dan moet pa staan.

muisvoël ·

Dink ons moet ook begin betoog en afbrand en klippe gooi om die doodstraf terug te bring soos met die fees must fall. Miskien word daar na ons ook geluister.

ek sê maar net ·

As die doodstraf terug gebring word vir diegene wat loop en Moor en Verkrag, sal hulle 2 keer dink voor hulle sulke dinge doen, want op die oomblik word hulle “gereabilteer” in die tronke as hulle wel die dag gevolg word en kom dan daar uit as geletterde kriminele wat dan nog meer slim te werk gaan met hulle aktiwiteite

Estelle ·

Eers wil ek die familie aan die Here opdra. So jammer ek het nie woorde nie. Wil net se dink julle die doofstraf is n oplossing ?????? Wie dink julle gaan op daai tour swaai. AS HULLE ONS NIE MOOR NIE IS DIT ONS WAT GAAN SWAAI. GLO MY. EN TRONK IS OOK NIE NIE N OPLOSSING WAT JY GAAN VIR 2 JAAR EN DAN KOM JY UIT EN MOOR WEER.

Jasen ·

So verstaan ek dit God het nie beheer oor wat die mens doen nie.
My wil laat ek jou , jou wil gee ek jou

LB S ·

Hoe groot moet hulle haat teenoor ons wees as hulle jou vir ‘n selfoon vermoor voor jou geliefdes. Wat ‘n pragtige vrou en nog swanger ook. My innigste simpatie.

Leeu ·

Ek wil net weet, is dit die Johann Heunis van Heunis staalwerke?

winstone ·

Moordenaars moet ook so dood gemaak word soos wat hulle mense wreed vervoor….

Johannes Meintjes ·

Ja, tragies. Diep meegevoel. Christen frustrasie. God se Gebod leer o.a. dat jy nie mag doodslaan, steel of valse getuienis lewer nie. Tweede moord in hierdie GPF omgewing in die afgelope tyd. Gewapende huisrowe het ook noemenswaardig toegeneem. Ons is nou al op die stadium dat dit maar ‘n blote gesprekspunt en daaglikse “wees wakker” toeroepe oor die GPF radio geword het. Tensy die regering, die SAPD, die sekerheidsmaatksappye en elke landsburger diepe erns maak met die misdadiger etiek en laat begaan moraliteit van almal in die SA samelewing, gaan ons die skuldige toeskouers van ononderbroke ongeregtigheid bly. Nog ‘n bydraer tot die ekonomie afgemaai. Nog ‘n gebroke gesin. Die volk lewer bloot kommentaar. Die kerke is stil.

bianca ·

Dit is baie hartseer!! Dink aan die gesin – alles vir ‘n foon…

Ria ·

Ja bring die doodstraf terug, dan kan ons sommer wettig dood gemaak word deur die ANC regering sonder om n sel as verskoning te gebruik…..My hart bloei vir die gesin! :'(

Nou sê ek mos ook ·

Nou hoop ek Gerrie Nel en polisie bestee al hul tyd en aandag om hierdie moordenaars ook vas te trek, nee maar Oscar boet klaar maar hul gee nog aandag aandag aan die saak. Los dit, hier is n ma en kindertjies alleen gelos, dit vir n selfoon. Wanneer hul vas getrek word, wil ek ook graag die verhoor op die televisie sien oor hoe geregtigheid geskied soos die van oscar. Daar is mos nie n verskil nie. Sulke booswigte moet boet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.