Paaie in Pretoria rondom die Uniegebou wat deur die inhuldiging van pres. Jacob Zuma beïnvloed is, sal Saterdagaand weer oopgemaak word.
“Die geleentheid sal na verwagting om 17:00 afsluit en meeste strate en paaie sal weer om 19:00 oop wees,” het Obed Sibasa, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, gesê.