Pta-paramedikus sterf ná rooftog

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 32-jarige paramedikus is dood nadat hy oor die naweek tydens ʼn rooftog in Pretoria geskiet is terwyl hy aan diens was.

Lesiba Malotana, uitvoerende hoof van die Gautengse nooddienste, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdag omstreeks 19:45 buite die ODI-gemeenskapshospitaal in Mabopane, noord van die stad, plaasgevind.

“Vier personeellede van die Gautengse nooddienste wat by die hospitaal gevestig was, is aangeval en beroof terwyl hulle aan diens was,” het Malotana gesê.

“Tydens die rooftog is een van die lede in die maag geskiet. Hy is na die hospitaal geneem, waar hy Sondag aan sy beserings beswyk het.”

Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word alvorens al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie.

Die ander lede is ongedeerd en ontvang berading vir post-traumatiese stres.

Malotana het sy meegevoel met die slagoffer se vriende, familie en kollegas betuig.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AL ·

Wat gaan die Regering doen aan hierdie vlaag gewapende rooftog moordbendes wie die land destabiliseer?

Irene ·

Dit is wreed hoe mense dood geskiet word al die onwettige vuurwapens elje jan rap en maat loop met een

Gys ·

Wie gaan die regering blameer as almal beging reg in eiehande neem om hulleself te beskerm as die regering niks wil doen om te help nie.

Donovan ·

Die regering doen dan iets… hulle stuur dan hulle medelye met die gesinne wat agter bly… is dit dan nie genoeg nie…

Peet J ·

As Jan van Riebeeck maar liefs in Holland gebly het dan sou ons voorouers nie hierheen immigreer het nie, tot nou toe het dit ons, as jy die geskiedenis in ag neem, net verdriet en bloedvergieting veroorsaak. Die Hollanders het ons Afrikaners (boere) net vir eie voordeel gebruik
en nie eers voorsiening gemaak dat ons weer na ons tuislande kon terug keer nie.

Vic ·

Daag die Hollanders voor die internasionale hof in Den Haag. Behoort te wen, dink ek.

marous ·

Die paramedici en moet begin wapens dra en dit gebruik. Die land se regering is reeds by vergrype teen hulle eie burgers verby. Daar is geen beskerming nie. Die polisie ondersoek na die tyd , maar daar word niks gedoen om te verhoed nie. Indien die regering nie blind is vir die anargie wat heers nie , sal daar sigbare polisiering wees ORAL maak nie saak wat die koste is nie en opgetree word op so wyse dat kriminele vreesbevange moet wees as hul ‘n polisie voertuig gewaar.

Rosie ·

Ek.sal as ek n pramedikus is,nie eens die moeite doen om uit te gaan na hul gebiede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.