PTA-pediater stabiel

Dr. Anthony Allden en sy vrou Annatjie. Foto: Facebook

Dr. Anthony Allden en sy vrou Annatjie. Foto: Facebook

Dr. Anthony (Tony) Allden, ʼn bekende pediater in die noorde van Pretoria, is in ʼn stabiele toestand in die Montana-hospitaal nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure by sy huis in Amandasig geskiet is.

Kapt. Disebo Selepe, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ʼn onbekende aantal verdagtes het omstreeks 03:00 toegang tot die huis gekry deur die skuifdeur se glas te breek.

Dr. Allden is in sy bed aangeval. Hy is in die nek, bors en maag getref.

Dana Wannenburg, ʼn DA-raadslid in die omgewing, het vroeër aan Maroela Media gesê die verdagtes het met mediese toerusting en ander waardevolle items gevlug. Dr. Allden se vrou en seun, Ralph (22),was tydens die voorval in die huis maar is ongedeerd.

Allden se praktyk is by dieselfde hospitaal waar hy behandel word. Maroela Media verneem hy word in die intensiewesorg-eenheid van die hospitaal behandel.

Selepe het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees ook:
PTA-pediater tydens huisbraak geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Dankie vir hierdie artikel Maroela – julle is tops deur ons deurgaans in te lig, soos in die geval van klein Hercules.

Baie dankbaar die dokter leef en is stabiel – en ons bid vir hom, sy vrou, kinders en familie.

Pragtige foto van die egpaar.

NS: RONELEE, dink ook aan jou ! Ons bid vir elkeen van julle hierdeur geraak.

Oom Jaap ·

Trippie, jou woorde weerspieël die gevoel van my hart.
Baie dankie dat jy names my daaraan uiting gegee het.

Peter Says ·

Anthony, dank God jy leef, sterkte en hoop jy herstel vinnig, sterkte ook aan jou vrou en gesin.

marlene ·

Dit is so edel van elkeen van jul wat di stem van ons Here gehoor het. Ook is daar n baie groot behoefte van Afrikaanse bejaardes wat so verarm het dat hul ni in n ordentlike oue tehuis waardig kan leef nie.

David Pieterse ·

Die sinnelose gedrag van ongewenste elemente in ons samelewing wat mense se lewens onherkenbaar verwoes. VIR WAT? ‘n Handsak met selfoon en beursie!

Oom Tony, tannie Annie en Ralph – Sterkte, en weet jul is in ons gedagtes en gebede!

Theresa ·

So word almal maar net sinneloos vermoor en geskiet (waar jy eintlik veilig moet wees). Dis soos om jou oog te knip elke dag. Dag in en dag uit in hierdie wettelose land. Niks kom van al die wetteloosheid nie en elkeen gaan maar net sy gang en die slagoffers en hulle mense moet self hulle stukkende lewe optel. Sterkte aan die Dr. Allden. Mag die Here hom bewaar en ons hoop en bid hy herstel volkome.

marlize kritzinger ·

Prys die Here, God is groot, by Hom is niks onmoontlik nie. Dit maak ons harte sommer warm van vreugde dat alles goed gaan. Dankie vir die opvolg oor Dr Tony Allden. Ons gebede steeds by hom en sy gesin. Spoedige herstel! met baie liefde van ons gesin. x

Marina de Villiers ·

Sterkte Dr. Alden, ons dra jou in ons gebede. Dit was ‘n groot skok toe die nuus ons gister tref. Ons glo en vertrou dat daar spoedige volkome herstel sal wees, in die naam van Jesus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.