PTA-pediater tydens huisbraak geskiet

Argieffoto

Argieffoto

Dr. Anthony (Tony) Allden, ʼn bekende pediater in die noorde van Pretoria, is in die Montana-hospitaal opgeneem nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure by sy huis in Amandasig geskiet is.

Dana Wannenburg, ʼn DA-raadslid in die omgewing, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn onbekende aantal verdagtes omstreeks 03:00 by Allden se huis ingebreek en hom drie keer geskiet het.

“Die verdagtes het met mediese toerusting en ander waardevolle items gevlug. Dr Allden se vrou en kinders is na wat verneem word ongedeerd,” het Wannenburg gesê.

Allden se praktyk is by dieselfde hospitaal waar hy behandel word. Sy toestand kon nie onmiddellik bevestig word nie. Maroela Media verneem hy word in die intensiewesorg-eenheid van die hospitaal behandel.

Lees die opvolgberig hier: PTA-pediater stabiel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Trippie ·

3 Uur in die oggend, wanneer meeste mense vas slaap ! Hoe barbaars kan en gaan dit nog raak in hierdie nuwe “verbeterde” Suid-Afrika ?

Een van ons lesers vra altyd die vraag – roof hulle om te moor, of moor hulle om te roof.

Laat ons ook hierdie dokter opdra in gebed vir spoedige herstel en sterkte aan Mevrou Allden en kinders.

Rozanne ·

Ek wens Dr Allden alle sterkte toe, mag God Hom bystaan in hierdie tyd, mag Hy hom beskerm. Hy was so goeie dokter vir my tweeling by geboorte en maande daarna, hy verdien nie dit nie :(

Sandra Thorpe ·

Ons het berig ontvang dat daar op Radio Pretoria berig is dat dr Tony Allden die voorval nie oorleef het nie en in Montana hospitaal oorlede is.

Trippie ·

Dankie vir jou terugvoer !

Nog ‘n hartseer dag, nog ‘n hartseer gesin, kinders wie se pappa van hulle weggeruk is en die eggenote nou ‘n weduwee in hierdie land met al sy misdaad !

My hart gaan uit na hierdie gesin en familie.

Mag ons ook nou en hier vra dat Onse Vader hulle sal dra in hierdie smartlike tyd.

Marlize Kritzinger ·

Ons gebede is met die Allden gesin. Dr Tony Allden is n uitstekende dokter, n pragtige mens, altyd almal met respek hanteer. Hy is die beste pediater gewees vir my kinders van babatyd hul nou (21,16,11). Mag God sy hand van liefde en genesing oor hul hele gesin wees. Word gou gesond. Sterkte x

Izette van Niekerk ·

Hy is nie oorlede nie en dit maak my ongelukkig dat mense sonder feite sulke dinge “berig”. Hy is stabiel en nog in die ICU.

sonnika ·

dis vir my altyd so skokkend, dat sulke goeiet mense weggeruk word van hul geliefdes en kinders, maar die vark wat hom geskiet het gaan net aan met sy lewe asof hy niks gewete het nie!!! Maar toemaar ons Vader in die Hemel weet hoe om eendag met sulke mense te maak. ONTHOU, WAT JY AS MENS OP AARDE VERKEERD DOEN AAN ANDER WORD IN DIE GEESTES WERELD OPGENEEM, EN EENDAG AS IETS VERKEERDS GAAN IN SULKE BOEWE SE LEWE OF HUL STERF DAN IS DIT WAT HY GEDOEN HET AAN ANDER WAT DIE UITWERKING OP SY LEWE HET OOR HOE DIE HERE HUL STARF OF LAAT STERF. BAIE STERKTE MET DIE ALLDEN GESIN! LIEFDE: SONNIKA

Janine ·

Izette van Niekerk ek het dit ook so. Dr Allden is nie oorlede nie. Dank die Liewe Heer hy is nog met ons en soos ek verstaan stabiel. Bly asb bid vir hom. Dit is n wonderlike dokter en stunning mens. Hy voel al soos familie vir ons, sy pasiënte!

Ronelee ·

PLEASE PLEASE PLEASE can everyone get their facts straight before posting anything. That is my uncle and he is stable.

Thanks for all the prayers and please keep praying for him as well as his wife and son.

Trippie ·

Baie dankie – ons reageer op dit wat hier gepos word.

Baie sterkte vir julle – ONS SAL OOK IN DIé GEVAL NIE OPHOU BID NIE !!!

Wees verseker daarvan.

Shelly ·

Thank you so much for the update. Our prayers are with the Allden family.

marlize Kritzinger ·

Ja Sandra sies vir jou. Ek was sommer woedend toe ek dit lees. Asb dink aan die familie en bid vir hulle, Hulle is sulke great opregte vriendelike christelike mense en het dit geensins verdien nie, geen mens verdien dit nie. Ons dink aan julle almal in die Allden gesin en weet dat God se hand van liefde by julle is en dat Dr Tony Allden mooi sal herstel want Jesus kyk na sy kinders elke oomblik. Ons liefde en gebede sal elke oomblik by julle bly.

Ronelee ek jammer vir mense soos ……….Sterkte en ons dink aan julle almal. x

Ronelee ·

Thanks so much everyone. There is a reason I don’t enjoy reading the stuff in the media as how much of it is really true.

Anyway thanks so much to everyone for their prayers, we really do appreciate it. The next 48 hours are going to be crucial. Thank you Lord for healing him already. AMEN

yolande ·

My gebede is ook met die Alldens en dat Dr Allden spoedig en ten volle sal herstel aangesien hy regtig ‘n fantastiese dokter en mens is. My seuntjie is 3 jaar oud en mal oor Dr Allden. Hy wil altyd dokter toe gaan al is hy nie siek nie want hy mis die gawe oom dokter en wil gaan kuier. Ek hoop regtig hy is spoedig weer op die been.

monique ·

Nog n familie wat deur hierdie truama moet deurgaan.nee….die moorde sal glad nie ophou nie.ons as suid afrikaaners se hande afgekap sovel die polisie sin.moordenaars het alle regte..ek weet my sus ook vermoor en moordenaar al lankal op parool uit..ons is laat weet nogal….sterkte.bid dis al wat vir ons oorbly….bid bid,,,,,,

Pierre Gerber ·

My vrou bel my met die slegte nuus!
Ek dink:” Die kans is beter om in Pta doodgeskiet te word as hier in Afghanistan, waar ek nou op die oomblik werk.” Ek dink ook toe aan Russel(van die GPF) wat om en by ‘n maand terug in dieselfde buurt koelbloedig dood geskiet is!!!
Aangesien ons in dieselfde buurt gebly het en saam perd gery het in die ou dae, ken ons die Allden gesin goed. Dr. Tony sal en het nog nooit iemand skade aangedoen nie!

Nuwe Suid-Afrika, nee wat, de m@#r met die Nuwe SA! Se eerder dis die nuwe Zimbabwe!! HKGK soos my ma altyd gese het!

Groete uit ‘n warm Afghanistan,

Geer Perber

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.