Pta peuter brand erg met kookwater

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Eenjarige peuter van Pretoria moes Dinsdag per helikopter hospitaal toe geneem word nadat hy kookwater oor homself uitgegooi het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seuntjie het tweedegraadse brandwonde aan sy gesig, nek, bors en rug opgedoen. Dit is nie duidelik hoe die kookwater op die kind beland het nie.

“Paramedici het die seuntjie op die toneel gestabiliseer voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.

Meer inligting oor die seuntjie se mediese toestand was nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Schalk

n Eenjarige gooi kookwater op homself uit? En dan is dit nie duidelik hoe die kookwater op hom beland het nie? Waar kry n eenjarige in elk geval die kookwater vandaan? Iemand was nalatig.

sarie van heerden

Waar was die ouer/ouers/familie/wie ookal wat toesig moes hou oor so ‘n jong kind en waar het die kookwater vandaan gekom.

Magda

Ouers moet versigtig wees, maak my baie vies. My 4 jarige kom nie in die kombuis wanneer ek kook of die skottelgoedwasser aan is nie.

Toy

Ek is op pad 50 toe ek get gebrand toe ek 5j oud was met petrol was 2 jaar in hospitaal. Ek kan nie vir julle vertel in geen Woorde nie want as jy nie self gebrand het nie sal niemand verstaan nie. Ja dit is n ongeluk maar daardie kind moet skool toe gaan en jy as ouer is nie daar om die opmerkings te hoor nie. Dit is hel en verander jou lewe. So ASB ouers kyk na ons klein menses. Want nie is nie net vir nou seer nie maar vir jou Hele lewe. Dit is ook… Lees meer »

Sonya

My oudste dogtertjie was n jaar toe ek haar boetie se bottol maak, ek het die bottol op die wasbak gesit met die kook water in en net gedraai om die blik melk te kry toe sy die bottol af trek en die warm water op haar uit gooi. Dit het gelukkig net haar voete geraak maar sy het kousies aan gehaad en die water het daar in getrek, haar pa het darm op sy voete gedink en haar dadelik in n bad koue water gedruk, by die hospital het sy 2de graadse brandwonde oor haar voete opgedoen en het… Lees meer »