Pta peuter brand erg met kookwater

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Eenjarige peuter van Pretoria moes Dinsdag per helikopter hospitaal toe geneem word nadat hy kookwater oor homself uitgegooi het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seuntjie het tweedegraadse brandwonde aan sy gesig, nek, bors en rug opgedoen. Dit is nie duidelik hoe die kookwater op die kind beland het nie.

“Paramedici het die seuntjie op die toneel gestabiliseer voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.

Meer inligting oor die seuntjie se mediese toestand was nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Schalk ·

n Eenjarige gooi kookwater op homself uit? En dan is dit nie duidelik hoe die kookwater op hom beland het nie? Waar kry n eenjarige in elk geval die kookwater vandaan? Iemand was nalatig.

Jakoba ·

As ‘n pot op die stoof staan en die handvadsel steek uit na buite trek hulle maklike van die stoof of selfs van ‘n tafel op hulle om. Ek het heelwat sulke pasientjies gehad wat so verbrand het. Baie maal het die mamma net haar rug gedraai om iets uit ‘n kas te haal . Mens moet maar altyd seker maak daardie klein handjies kan nie die pot se handvatsel bykom nie, draai dit maar altyd weg en maak seker die pot of ketel staan daar waar hulle dit nie kan bykom nie

sarie van heerden ·

Waar was die ouer/ouers/familie/wie ookal wat toesig moes hou oor so ‘n jong kind en waar het die kookwater vandaan gekom.

Magda ·

Ouers moet versigtig wees, maak my baie vies. My 4 jarige kom nie in die kombuis wanneer ek kook of die skottelgoedwasser aan is nie.

Toy ·

Ek is op pad 50 toe ek get gebrand toe ek 5j oud was met petrol was 2 jaar in hospitaal. Ek kan nie vir julle vertel in geen Woorde nie want as jy nie self gebrand het nie sal niemand verstaan nie. Ja dit is n ongeluk maar daardie kind moet skool toe gaan en jy as ouer is nie daar om die opmerkings te hoor nie. Dit is hel en verander jou lewe. So ASB ouers kyk na ons klein menses. Want nie is nie net vir nou seer nie maar vir jou Hele lewe. Dit is ook nie maklik nie. Sterkte ek weet wat wag op jou want ek het 3de graad sê brand wonde op gedoen.

Sonya ·

My oudste dogtertjie was n jaar toe ek haar boetie se bottol maak, ek het die bottol op die wasbak gesit met die kook water in en net gedraai om die blik melk te kry toe sy die bottol af trek en die warm water op haar uit gooi. Dit het gelukkig net haar voete geraak maar sy het kousies aan gehaad en die water het daar in getrek, haar pa het darm op sy voete gedink en haar dadelik in n bad koue water gedruk, by die hospital het sy 2de graadse brandwonde oor haar voete opgedoen en het hulle gese was dit nie dat hy haar onder die water in gedruk het voor ons die kouse uit getrek het nie sou dit nog dieper gebrand het. Wat ek prober se is dit gebeur so vining en mens voel heeltyd daarna soos n slegte ouer as so iets gebeur, so ek dink nie om die ouers te kruisig is die regte ding om nou te doen nie aangesien hulle reeds sleg gaan voel oor dit wat gebeur het. Ouers vir julle voel ek baie jammer ek was daar. Baie sterkte en hoop boetie herstel sommer baie vining!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.