Pta-polisie keer ‘kapers’ by tolhek aan

Die bakkie wat glo byna gekaap was. Foto: Verskaf

Vinnige optrede deur die Pretoria-polisie het daartoe gelei dat twee vermeende kapers, wat met ʼn AK 47-aanvalsgeweer en ʼn 9 mm-pistool gewapen was, by ʼn tolhek buite die stad aangekeer is.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die inhegtenisneming het Maandagmiddag 14:30 by die tolhek op die N4-snelweg naby Atteridgeville plaasgevind.

“Drie mans in ʼn VW Golf 6 het ʼn Nissan NP200-afleweringsbakkie by die tolhek probeer kaap,” het Moloto gesê.

Die polisie is in kennis gestel en verskeie eenhede, waaronder die taktiese reaksie-eenheid, Pretoria-blitspatrollie, en beamptes van die Pretoria-Wes-polisiëringsgebied se misdaadvoorkomingseenheid, het spoedig gereageer.

“Twee verdagtes is kort daarna by die tolhek aangekeer. Een verdagte kon egter daarin slaag om te ontsnap en is steeds soek.”

Moloto het gesê daar is met verdere ondersoek vasgestel die Golf 6 is in Mei vanjaar in Pretoria-Wes as gesteel aangemeld. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit met ander misdrywe verbind kan word. Die polisie ondersoek ook of die verdagtes met ander misdade in die omgewing verbind kan word.

Die Atteridgeville-polisie ondersoek ʼn kapingspogingsaak en ʼn saak van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die verdagtes, onderskeidelik 40 en 46 jaar oud, moet binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eish ·

Ek het ongelukkig n vermoede dat die klas beroep so oorverteenwoordig is in die mark dat dit geen deurtassende ondersoekwerk verg om die skiet en skop manne aan te keer nie. Gewone roete deursoeking sal resultate tot gevolg hê.

Melanie ·

Daar is biljoene geld om die SAL tered van bankrotskap,maar vir die polisie nie geld om misdaad tebekamp nie!Ons land word geregeer deur korupte mense.

MM ·

Dit is nie die Regering of belasting betaler se geld wat hulle hier wil gebruik nie – dit is Pensioen geld wat as Persoonlike geld gesien word – en MAG daarom nie net gevat word nie – hoop as hulle dit doen word daar klas aksie klagte teen hulle gedoen.

bgj van der westhuizen ·

wel ak 47 bedank die anc vir dit al die onwettige wat hulle die land in gebring het

Penellope Jones ·

Oraloor is iemand wat op een of ander manier misdaad sal pleeg.
Nerens is enigiemand veilig nie.
Maak nie saak wie, waar, waaroor of wanneer nie.

Dirk ·

Goeie werk deur polisie dalk, maar een van die dae is hul weer skotvry.

Deon Snyman ·

Transnet pensioengeld is al 15 jaar gelede wederegtelik gesteel en klasaksie het ons nog niks in die sak gebring nie. Ons krepeer elke dag van ellende. Ek moes al my huis verkoop om aan die lewe te bly.

Helien ·

Jammer om te hoor Deon. Daar is soveel van ons mense met dieselfde probleem as jy. Ons moet ook ons huis nou verkoop asgevolg van Zuma se besluite werkloosheid ens. Ons bly nou ook net op geleende tyd in ons huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.