Pta-polisie keer vier spoedig aan ná inbraak

Argieffoto: Phillip Bruwer

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die polisie het vier verdagtes, drie mans en ʼn vrou, spoedig aangekeer ná ʼn inbraak by ʼn winkel in Centurion wat elektriese ware verkoop.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die Erasmia-polisie, het gesê die diewe het Maandag in die vroeë oggendure by ʼn winkel in Van Tonderstraat in Sunderland Ridge ingebreek.

“Twee mans het omstreeks 02:00 ingebreek en elektriese ware, waaronder skootrekenaars en televisies, gesteel,” het Moloto gesê.

ʼn Saak van inbraak by ʼn sakeonderneming is by die Erasmia-polisie aanhangig gemaak. Die polisie se ondersoekspan het onverpoosd gewerk om die verdagtes te identifiseer.

“Die ondersoekspan se harde werk is beloon toe hulle inligting van inwoners van Mooiplaas ontvang het oor mense wat verdag optree. Die beamptes het die inligting opgevolg wat hulle Dinsdag om 07:00 na ʼn plakkershut in die gebied gelei het waarin van die vermeende gesteelde ware gevind is.”

Die polisie het op die ware beslag gelê en twee mans in hegtenis geneem. ʼn Man en ʼn vrou is kort daarna in hegtenis geneem nadat hulle glo van die gesteelde goedere by die verdagtes gekoop het.

Die vier verdagtes, tussen 29 en 48 jaar oud, moet binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

Verdere ondersoek word gedoen om te bepaal of die verdagtes met ander inbrake verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

cor ·

Goeie werk SAPD Erasmia welgedaan mag julle kollegas by julle leer

Richard's got a gun ·

Fantasties, die polisie het uiteindelik iemand gevang en hulle werk gedoen. Voorwaarlik nuuswaardig!

Richard's got a gun ·

Fantasties, polisie het uiteindelik hulle werk gedoen. Voorwaarlik nuuswaardig.

Alida ·

Mens begin al hoe meer respek vir die SAPD kry. Wel gedaan..

Johan ·

Dit wys jou daar is nog goeie hardwerkende polisiemanne in die mag. Net jammer dat al die vrot appels die polisie se naam so sleg maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.