Pta-polisie rig waarskuwing aan motoriste

Argieffoto: SAPD

Die polisie het ʼn waarskuwing gerig aan motoriste om uiters waaksaam te wees oor ʼn tendens wat ʼn “groot probleem” in die Pretoria-omgewing is.

Konst. Connie Moganedi, woordvoerder van die Cullinan-polisie oos van die stad, het Maandag gesê eienaars van ouer soorte voertuie moet veral waaksaam wees aangesien dié voertuie in misdadigers se visier is.

“Die publiek word versoek om na hul voertuie om te sien en veiligheidsmaatreëls te verskerp. Talle ouer modelle, veral Nissan Maxima’s en Mazda 323’s, is tussen September en Oktober in die Cullinan-omgewing gesteel, onder meer om die voertuie van hul onderdele te stroop,” het Moganedi gesê.

Lt.kol. Maqhawe Simon Dhladhla, die stasiebevelvoerder van die Cullinan-polisie, het ʼn streng waarskuwing aan onderdelehandelaars gerig om hulle daarvan te weerhou om gesteelde goedere by hul ondernemings te aanvaar.

Dhladhla het beklemtoon die polisie sal ondersoek instel en stappe doen teen diegene wat gesteelde voertuie of onderdele aan die ondernemings verskaf én diegene wat die onderdele aankoop.

“As die gemeenskap en handelaars saamstaan sal hierdie soort misdryf tot ʼn einde kom,” het Dhladhla gesê.

Bedrog, korrupsie, onetiese gedrag of enige verdagte optrede in Gauteng kan by 082 313 8299 of 082 444 4354 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Verligting vir die eienaars van Citi Golf voertuie, die gewilde Golfies was ook op ‘n stadium die teiken van motordiewe. Versekering op die voertuie is baie duur ten koste van die eienaars

marous ·

Die polisie is ‘n sirkus! Hoe kan hulle as bewaarder van die reg bewus wees van al hierdie dinge maar die mense wat hul salarisse en voordele moet uitsweet , word gevra om hul werk vir hulle te doen? Waarom moet die publiek blootgestel word aan die SAP se tiranie as daar self opgetree word ? Hul agbare minister moet in gedagte hou dat Jan Publiek nie opgelei is in ondersoek van misdaad , strafreg , ens soos sy lede (verondestel om te wees) nie. Die gewone mense word blootgestel aan die Straf en Siviele regstelsels omrede die SAP daarop aandring!

Jannie ·

Dis nie te se hulle gaan golfie nou uitlos nie,,,,enige ouerig karre is teikens…afhang wie en wat hulle steel,dit hand alles af van hoe skaars die parte is of gewild die karre is Piet….

Ford ·

Ek pas maar my Ford ook mooi op want anders maak hulle vuur sonder vuurhoutjies.

Hennnie ·

Die Lt.kol. het nou sy plig gedoen om die mense te waarsku, plaas hy lig sy sterre en stel ‘n “trap” vir die booswigte wat seker sy “comrades” is. Die polisie moet minder praat en meer doen, vang die mense man!!

Pieter ·

Julle klaers sit die pot mis. Die Polisie waarsku die publiek om versigtig en waaksaam te wees, nie die booswigte te vang nie. As hulle ie publiek nie inlig nie word hulle beskuldig dat hulle mense nie waarsku nie. Wees oplettend en waaksaam en kontak die Polisie oor omgeruimhede. Julle wil tog sekerlik nie nie slagoffers word van motor kaping nie. Ek besit n Nissan wat vir my goud werd is want ek kan nie `n ander koop. Dus sal ek waaksaam en versigtig wees.

Theresa ·

Dankie vir die bewusmaking. Mens loer juis heeldag oor jou skouer om veilig te wees en moet in ‘n ou motor sit en warm kry omdat onwelkomes op hoeke sit, lê en bedel (moenie die platval vergeet nie). Kan die metro nie help om van die lastigheid ontslae te raak nie??! Dan weet mens nog beter as iemand naderkom om kar te steel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.