Pta-polisie soek man wat kind (11) verkrag, vermoor

Argieffoto

Die Pretoriase polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn 44-jarige man wat glo ʼn 11-jarige meisie verkrag en vermoor het.

Konst. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Refilwe buite Cullinan, oos van die stad, plaasgevind.

“Die meisie is na bewering Maandagmiddag verkrag en vermoor. Die polisie is op soek na ʼn 44-jarige verdagte wie se identiteit aan hulle bekend is. Die man het op vlug geslaan en is steeds soek,” het sy gesê.

Die Cullinan-polisie ondersoek ʼn saak van verkragting en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marsha ·

Jammer kan nie help nie.

Ek weet nie of die man bruin,swart ,wit ,Indier of Chinees is nie.

As dit genoem word kan die publiek dalk die polisie help met hul soektog.

Ons is ‘n diverse gemeenskap en om net te se die polisie soek ‘n man beteken regtigwaar NIKS.

Eish ·

Ja nee, plaas n foto of beskrywing en dan kan ALMAL help soek en help om hierdie geweld teen vroue en kinders te bekamp. Kom mense dis tyd im saam te werk

cor ·

Die polisie soek seker nie hard genoeg nie, want as dit ‘n blanke man was , was hy alreeds gisteraand gearessteer en het die nasie vanoggend die dorp aggebreek.

Jordaan ·

Dus het ons seker die antwoord op Marsha se vraag omtrent die ras van die persoon wat gesoek word.

Justice ·

Indien hy op `n afgelee plaas gaan aansoek doen vir werk weens die werkloosheid in die land mag hy moontlik deur iemand aangestel word want hy het nog nie / moontlik nie `n amptelike misdaadrekord nie. Marsha ek weet net so min soos jy omtrent hierdie skurk en dit plaas ons almal onder groot risiko weens hierdie politieke korrektheid.

EK STEM SAAM ·

Geen beskrywing, hoe soek jy na ‘n verdagte as almal so RASSENSITIEF is? Oral in die WERELD word ras genoem, Asian, Caucasian of African, in SA mag ons nie se ‘n oortreder is SWART nie, maar dit mag wel genoem word as hy WIT is, ‘n anderskleurige se gesig mag nie gewys word as hy nog nie gepleit het nie maar wel ‘n wit boer wat daarvan verdink word dat hulle ‘n kind van ‘n bakkie laat afval het .. SO terwyl ons so rassensitief is, moet julle maar SELF na die moordenaars en verkragters en oortreders soek. Ek weet natuurlik HOEKOM dit nie genoem word nie, dit gaan die statistieke waaroor daar so GELIEG word heeltemal omvergooi, so hou maar aan om vir julleself te LIEG!

Carlia ·

Marsha het beslis ‘n punt beet. Hoe moet mens na iemand soek sonder kleur, geur, ouderdom, ens. Nee heng, dan is die berig mos niks werd nie. Almal kan help soek met meer inligting.

Elize C ·

Ek stem saam met almal van julle se kommentaar omdat daar nooit verwys word na spesifiek ‘n swart persoon nie. Meestal kan mens jou eie afleidings maak as die omgewing of die slagoffer se naam genoem word, of daar ‘n foto is van die huis waar ‘n voorval was. Volgens hierdie spesifieke berig weet die polisie egter presies wie die verdagte is, en is die publiek se hulp nie gevra nie. Gaan dit in elk geval help as daar berig sou word dat daar opsoek is na ‘n swart man, min of meer 1.7m, gemiddeld gebou, toe laas gesien is ‘n denim en wit t-shirt aangehad…? Gaan jy hom erken as jy hom sien….? En gaan jy regtig soek…..? En ongelukkig mag daar volgens wet nog nie ‘n foto van hom geplaas word nie, want hy is nog nie skuldig bevind in ‘n hof nie. Ek dink voor mens enigiemand aanstel om vir jou te werk, moet jy maar aandring op ‘n afskrif van sy ID, plus tel nr’s van vorige werkgewers, en gaan doen navraag by die polisie met sy ID-afskrif dat hulle vir jou ‘n beëdigde verklaring gee dat volgens hulle rekords, die persoon op daardie dag en datum nog nie voorheen skuldig bevind was aan ‘n misdaad nie. Ja dis ‘n beslommernis, en daar is geen waarborg dat jy die korrekte inligting gaan kry nie, maar dit is omtrent die beste wat mens kan doen…….

Cindy ·

Soos op ons buurtwag groep ontvang. ” Cullinan police members launched manhunt following the rape and murder case of the femal minor in Refilwe cullinan area. The police are appealing for the public member’s assistance regarding a 44 year old male suspect, who allegedly raped and murdered 12 year old female” Soos ek verstaan was dit nie blanke en ook ‘n vriend van die dogtertjie se ma. Voorval het glo by haar huis in Refilwe gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.