Pta-polisie waarsku fietsryers

Argieffoto: Pixabay.com

Die Pretoriase polisie het ʼn waarskuwing aan fietsryers gerig om veral versigtig te wees as hulle op sekere paaie tussen kleinhoewes in die suidweste van die stad gaan fietsry.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die Erasmia-polisie in Centurion, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dit volg ná ʼn reeks gewapende rooftogte wat die afgelope twee weke by dié polisiestasie aangemeld is.

“Daar is reeds drie voorvalle aangemeld waarin fietsryers beweer hulle is op die M26 en R511 naby die Gerhardsville- en Laezonia-kleinhoewes aangeval. Al die voorvalle het oor naweke tussen 08:00 en 16:00 plaasgevind,” het Moloto gesê.

Moloto het gesê die slagoffers is deur ʼn groep mans, gewapen met pepersproei en vuurwapens, oorval. Die fietsryers is daarna van onder meer hul fietse, selfone en horlosies beroof.

“Die polisie het met besorgdheid kennis geneem van dié reeks aanvalle en hul sigbaarheid in die gevaarplekke uitgebrei.”

Moloto het ook ʼn beroep op motoriste gedoen om uiters waaksaam te wees as hulle groot kruisings in die gebiede nader. “Wees ten alle tye bewus van jou omgewing en moenie waardevolle besittings soos skootrekenaars, handsakke en selfone sigbaar in die voertuie plaas nie. Dit mag misdadigers aantrek.”

Die publiek word aangemoedig om enige kriminele aktiwiteite in hul gemeenskap aan te meld deur 08600 10111 te skakel of ʼn SMS te stuur na 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cz ·

Kry n cz vriend om saam te ry jy sal geen probleem op die pad ondervind nie

Karma ·

Cz – wat is ‘n cz?
en AV, – hoekom word fietse nou geneem? Om misdaad te pleeg of te verkoop?

Cherokee ·

Die bedoeling mag wel ‘n crazy friend wees maar die verwysing is na CZ 75 wat ‘n Amerikaanse handwapen is.

Jan ·

?CZ 75. Made in Czech republic. Beslis nie Amerikaans nie. Dit is hoekom hul so lekker skiet.

Haan ·

“E.K.” sal eerder ‘n gewone pistool verkies ou maat. As hulle gewapen is beteken dit mens mag terugskiet

anton ·

AV, Skuus maar ek ”vang” nie die een nie. Behalwe dat dit misdaad is.

Gelowing ·

Ek vat my vriend Jesus saam met my en het daar nog nooit iets met my gebeur nie, Hy beskerm jou!

anton ·

Ek hoor wat jy sê,maar wat as die dag aanbreek en die duiwel stuur sy engele en iets sleg gebeur met jou?
Gaan jy dan kwaad wees vir Jesus?
Maar tog het jy as mens niks van jou kant gedoen om dit te verhoed nie!!!
Onthou Jesus het die mens ook n verstand gegee om te gebruik.

Cherokee ·

Heeltemal reg anton. Dit is waarom ons met diskressie geseën is.

Willie ·

SAPD ry bietjie fiets en stel n struk??? Dis tog julle werk om die te vang… O nee ons word eerder bederf in KFC, hoe vergeet ek nou…

marous ·

Die polisie weet presies waar en waneer misdaad voorkom , maar hulle soebat die mense en sekuriteit om hul werk te doen , en as dit gebeur ,soek hulle enige verskoning om die mense wat hulself beskerm toe te sluit.

Marius ·

Jy het blykbaar geen idee hoeveel paadjies daar is nie slim jan

Pieter ·

Volgende week begin welgedacht se fiets roete dan is die enigste gevaar dat jy dalk in n bok kan vas ry

Sputnik ·

Stem met jou saam, Anton. Ons is ook verstand gegee wat ons moet gebruik. Voorsorg is beter as nasorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.