Pta-polisielede vas oor huisroof

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Vier polisiebeamptes, tussen 31 en 51 jaar oud, is Dinsdagoggend in Sinoville in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn huis in Akasia, Pretoria, beroof het.

“Die lede is van verskillende polisiestasies in Pretoria,” het maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hulle is glo na ʼn sekere huis in Akasia en het daarop aangedring om die perseel te deursoek nadat hulle hulself as polisiebeamptes bekend gestel het. Tydens die soektog het hulle nege selfone, drie skootrekenaars en ʼn onbekende bedrag kontant geneem.”

Volgens Mngomezulu het die beamptes een van die slagoffers, wat tydens die voorval by haar kêrel op die perseel gekuier het, saam met hulle geneem om na haar huis in Sinoville te gaan. “Een van die verdagtes het die vrou se Mercedes Benz bestuur en dit langs ʼn McDonalds-kitskosrestaurant parkeer. Daarna het hulle die slagoffer met hulle motors na haar huis geneem. Hulle het haar huis ook deursoek, maar kon niks vind nie.”

Personeellede van die McDonalds het die Sinoville-polisie in kennis gestel en wag gehou oor die geparkeerde motor. “Toe die verdagtes die vrou teruggebring het na haar motor, het die Sinoville-polisie hulle in hegtenis geneem.”

Die polisie van Sinoville het beslag gelê op twee amptelike vuurwapens en die lede se koeëlvastebaadjies. Hulle word by verskillende polisiestasies in Pretoria aangehou. Die ondersoek duur voort.

“Die polisie sal alle vrot appels in die polisiediens uitroei,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CJAN ·

Dit sal maar bars om die vrot appels almal verwyder te kry. Party vrot van binne en sal dit nie van buite gesien word nie.

KarooKlong ·

“Die polisie sal alle vrot appels in die polisiediens uitroei,” het hy bygevoeg.

Wees versigtig vir hierdie optrede, ons moet ‘n Polisie mag hê.

Chris A ·

Die foto by die opskrif skep die indruk dat dit blanke polisie lede is wat die misdryf gepleeg het. Waarom so Maroela?

G@@ vol ·

Pateties, vrot, siek, korrup. Dis is al wat mens deesdae van die Polisiemag kan se. Net jammer vir die ‘goeie’ polisiemanne wat ook hieronder moet ly. Maar hulle is maar min, want dit is jare terug se polisiemanne wat net wag vir aftree. Hulle is self siek en skaam vir hulle mede kollegas

jacques ·

Niks skokend hieroor nie.Dis maar die wat hulle vang, hoeveel inbrake is nie al gedoen deur hulle wat nooit sal uitkom nie.

Ai tog ·

@ Chris A soek jy ‘n foto met ‘n swart arm wat uitsteek da is swart mense wat light complexion het, moenie dat die foto jou mislei nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.