Pta-polisieman skiet glo gesin, homself

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Pretoriase polisiebeampte het na bewering Dinsdagnag sy vrou en hul sewejarige dogter met sy dienspistool geskiet, waarna hy glo selfmoord gepleeg het.

Lt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die beampte, ʼn konstabel, was aan diens tydens die voorval.

“Hy het omstreeks middernag sy vuurwapen by die polisiestasie uitgeboek en is na sy huis in Hammanskraal. Hy het sy vrou en dogter geskiet, waarna hy homself geskiet het,” het Makhubele gesê.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, is die ma, kind en pa in hul huis aangetref ná ʼn skietvoorval. “Die pa was dood en die ma en kind gewond,” het Mathe gesê.

Die vrou en dogter is deur ʼn ander ambulansdiens na die Jubilee-gemeenskapshospitaal geneem. Die dogter het in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die vrou is in ʼn kritieke toestand met ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. Die motief vir die skietery is nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Traan traan traan ·

Die trane wil net vloei vir die hartseer van die gesin. Verseker het die Pa deur diep waters gegaan. Sal graag die oorsaak wil hoor, ek dink hy is maar te bewus van al die moord en doodslag en misdrywe teen kinders en vroue en het net besluit, sy gesin kan nie hierdeur gaan nie. Aan elke persoon wat so voel, gaan vir berading, daar is iemand wat sal luister en jou help jou vrese hokslaan en ons het nie die reg om vir ons familie op lewe en dood te besluit nie. Sterkte aan die familie van elkeen van die gesin, vir julle is dit die moeilikste, mag dit elke dag beter raak.

Gesiggie ·

Ok… nou trek ek my kommentaar van vorrige berig terug… want nou lees die berig… Pa skiet Ma en kind en toe homself… so hierdie was nie n geval van iemand anders wat dit veroorsaak het nie? maar die Pa wat self sy vrou, kind en homself geskiet het”’ dit is baie hartseer en skokkend”’ ai die lewe laat n mens partykeer snaakse dinge doen? ek voel so oneindig, bitter jammer vir die Ma… hoekom moet n Pa weens probleme ander se lewe ook neem… nou is die Seun ook oorlede? en sal die Ma ok wees…die druk van die lewe, die stres? vir party is daar n uitkoms, maar vir ander…. ? hul Glo nie daar is… sterkte aan die Ma… sy het soveel hartseer om te verwerk.

Karma ·

Gesiggie, jong, ek dink jy moet nog ‘n keer die berig lees. Die man het sy dogter doodgeskie, nie ‘n seun nie. Tragies!!! Sterkte aan die arme Ma van die kind en weduwee van die man. Ook wonder ek, hoe is dit dat die man sommer net sy vuurwapen kon uitboek, die aanklagkantoor verlaat en dan sy gesin gaan skiet, terwyl hy aan diens is?

Laastens, Maroela, is die regte term nie SELFDOOD in stede van SELFMOORD deesdae nie?nie? Vra maar net.

Marietjie ·

Dit is n daad van n lafaard, en honderde onskuldige vrouens en kinders is so vermoor. Dit is skokkend en verontrusbaar want nog mense gaan so sterf.

Gesiggie ·

Ag sorry Karma…. ek was besig om te reply, maar moes toe iets anders doen ( fout).. regstelling… man wat sy vrou en dogter skiet… ok.. sal ook graag wil weet van die regte term..? ek ken dit as selfmoord”’ Sterkte weereens aan die Ma, en aan die Familie …

Sê ook net... ·

Gesiggie, ons maak almal ‘n foutjie… Karma, die pa het nie die dogter doodgeskiet nie, sy was gewond en het later beswyk… Hy is wel verantwoordelik vir haar dood. Maar wat maak dit eintlik nou saak, nê, die arme kind is dood…

Hannes marais ·

Marietjie jyt nie idee waarvan jy praat nie..die siek land waarin ons bly dryf baie mense na moord en selfmoord…ons kan nie meer volhou met die versnellende pas van die sameleweing nie

Marietjie ·

Hannes ek weet waarvan ek praat omdat ek self amper n slagoffer van my eks man was. Dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie, NIEMAND het die reg om n ander se lewe te neem nie.

André ·

Karma
Is dit regtig so moeilik om te verstaan? Ek boek aan diens, boek my vuurwapen uit die SAPS 457 register, gaan aan diens. Ry dan na my huis toe en skiet my vrou en kind. Dis nie rocket science nie. En selfmoord is nogsteeds die korrekte term.
wat maak dit saak of dit SELFMOORD of SELFDOOD is? Die polisie beampte het sy eie lewe geneem. Punt.

Karma ·

@Andre – vir my is dit vreemd, aangesien jy jou skof werk en klaar werk, sou ek dink. As jy 18:00 aan diens kom, moet jy seker tot 06:00 die volgende oggend werk? Jy kan nie net jou vuurwapen uitteken, huistoe gaan en jou vrou, dogter en self gaan doodskiet nie. Al wanneer – ek dink – jy jou vuurwapen uitteken en die aanklagkantoor verlaat, is wanneer jy op aktiewe patrolering of opvolg van ‘n klagte is. En nee, selfmoord is nie meer heeltemal die regte term nie; selfdood is meer aanvaarbaar omdat dit ‘sagter’ op die oor en verstand is. Hierdie is ook nie ‘n “straight-forward” selfdood/moord nie: dit is moord-selfdood/moord/poging tot moord. Ja, die polisieman het sy lewe geneem, nie net dit nie, maar ook sy dogter s’n en hy het sy vrou – sou sy oorleef – lewenslank geskaad.

André ·

Irene
Duidelik ken jy nie SAPS beleid en voorskrifte nie. Ek as polisie beampte is geregtig om my vuurwapen (Wat op my persoonlike uitrusting) huis toe te neem indien ek ‘n kluis volgens die Vuurwapen Wet besit. Indien nie….dan moet ek hom na elke skof terug boek. Hoekom wil jy hê dit moet gestop word. Ek as polisie beampte is aan diens….al is ek van diens af.
Hou tog asb op om dinge kwyt te raak sonder nodige kennis en inligting.

Snip ·

En `n saak van poging tot moord word ondersoek. Wonder wie gaan hulle arresteer. Sterkte Mammie

Karma ·

@Andre, goed – ons almal is nie verbonde aan die Mag nie en ken dus nie die verskillende SAPD beleidsbepalings nie. Dus as jou skof end, mag jy jou vuurwapen saamneem, mits dit in veilige bewaring in ‘n kluis geplaas word. En as jy dit nie doen nie? Wie verifieer die persoonlike omstandighede van ieder en elke SAPD-lid in SA? Mense se omstandighede kan verander en hulle kan lieg! Die feit dat ‘n SAPD-lid sy vuurwapen mag huistoe neem – gegewe die veilige bewaring daarvan is in plek – is dit moontlik een van die aanleidende redes vir die honderde SAPD-uitgereikte handvuurwapens wat jaarliks verlore gaan of die honderde vuurwapens waarvan die reeksnommers afgevyl is, wat gebruik word om misdade te pleeg? En as jy as bewapende polisieman altyd ‘aan diens is’ al is jy ‘af diens’, hoop ek jy is nie soos daardie een SAPD-lid van Worcester wat ‘af diens wat’ toe hy sy SAPD-uitgereikte handvuurwapen gebruik het om twee ’rondloper’ boerboele in sy woonbuurt van kant te maak nie.

Louise ·

Hoe kyk jy jou Dogtertjie en vrou in die oe met die wete jy gaan hulle vermoor.
Hoe kry jy dit oor jou hart om die sneller te trek, daai arme dogtertjie was net 7jaar oud en haar pa het nie die reg gehad om oor sy vrou en dogtertjie se lewe te beslis nie.
Hy het vir die een of ander rede nie meer kans gesien vir die lewe nie. Was te selfsugtig vir die RES van sy gesin om voort te gaan met hulle lewe en die stukke op te tel.
Ongeag van die land en misdaad en alles wat ons wit mense moet deurmaak het geen mens die reg om te besluit om iemand anders uit die lewe uit te haal omdat hulle besluit het die gesing nie daarmee sal kan “cope” nie.
God is groot en sal nooit sy rug op ons mensdom draai nie. in die genade en geloof van bos is alles moontlik sodra mens dit toelaat.
Baie jammer vir daardie gesing, R.I.V en mag God julle omvou.

m ·

Stem saam jou Louise. Daar is nou net meer hardseer veroorsaak want daai arme ma moet nou daarmee saamleef vir die res van haar lewe. Polisemanne moet hulp kry vir hulle depressie en nie hulle gesinne uitwis as hulle nie kan cope nie….

Stev ·

@ Andre
Ek stem saam met jou. As polisie beampte hou jou werk nooit op nie, jy bly altyd aan diens. Jy is net van die klok af. Ek hoop regtig nie hierdie saak veroorsaak dat die hele polisie diens onder hierdie kam geskeer word nie, veral nie deur ‘n organisasie sooos GFSA nie. Hierdie saak moet afsonderlik ondersoek en hanteer word.

Baie jammer vir wat gebeur het en ek wens die ma spoedige hestel toe en sterkte voorentoe vir die gebroke familie.

Mel ·

Dis verskriklik, daar is soveel druk op ons lewens, ek wens ek kon vra waarom hierdie vreeslike dinge gebeur, dis moord en dood net waar jy hoor

johann cb ·

Ek is verskriklik jammer vir die vrou. Wat gebeur het, gaan haar die res van haar lewe bybly en nagmerries veroorsaak. Ek glo diep in my hart dat sy weer geluk sal vind. Baie sterkte aan haar en die familie. Die Here is met julle.

Stev ·

Om aantesluit by Karma,
Hoe word daar bepaal of ‘n polisie beampte bekwaam genoeg is om ‘n vuurwapen te dra. Gaan hulle deur dieselfde proses soos ons gewone mense ?

Daar is goeie polisie beamptes daar buite, maar daar is ook baie swak beamptes daar buite wat mense se lewens in gevaar stel.

Bv. ‘n ruk gelede hoor ek by een van ons skietklub lede hoe ‘n polisie beampte by ‘n skietbaan aangekom het. Die beampte was besig om sy pistool te laai en toe ‘n sy eerste skoot trek toe gebeur niks nie. Na so paar keer se probeer toe vra die lid to vir hom of hy hom dalk kan help, hy het toe agtergekom die vuurwapen was op “safe” en toe hy die polisie beampte wys wat fout is toe staan hy verstom en se hy het dit nooit geweet nie.

En dit sluit aan by my vraag.

André ·

Karma & Stef
Duidelik is julle oningelig. Elke stasie het ‘n offisier wat omsien na lede se persoonlike uitrusting. Net so is daar maatreels wat vuurwapens is die “aanklag kantoor” soos julle dit noem, beheer. Die feit dat die wapen uit die Gemeenskap Diens Sentrum uitgeboek is was vir bes moontlik vir sigbare polisieering doeleindes. Niks het die lid gekeer om dan na sy huis te ry en sy gesin te gaan uitwis nie. En nee Karma…..gelukkig is ek nie een van “daai” Polisie lede wat rondry en Boerboelle doodskiet nie. Ek is ‘n diere liefhebber. Net soos baie Polisie lede. Dalk het JY ‘n privaat vuurwapen wat jy gebruik vir sulke doeleindes. Ek is 31 jaar in die Diens en BAIE beleef en gesien. Daar word BAIE meer gesinsmoorde gepleeg buite die Polisiediens. Geissoleerde gevalle binne SAPS word net meer in die media opgeblaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.