Pta-polisieman skiet glo vrou dood, toe homself

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Polisiesersant het glo sy vrou doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het by die polisiekollege in Pretoria-Wes.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media, gesê die 40-jarige beampte en sy 39-jarige vrou se liggame is Maandagoggend in hul huis op die polisiekollege se perseel gevind.

Volgens Mothutsane het die bure hulp ontbied nadat hulle omstreeks 10:00 skote gehoor het. Die sersant was by die Pretoria Sentraal-polisiestasie gestasioneer en was ’n lid van die taktiese reaksie- span. Mothutsane het gesê die polisie ondersoek ’n saak van moord en selfmoord en dat die motief vir die skietery nog nie bekend is nie.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê die man en vrou was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Katrien ·

Sielkundige evaluasie van SAP lede is dalk nie ‘n slegte idee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.