Pta-polisieman voor gesin doodgeskiet

Uniegebou in Pretoria Foto; Davinci77 via Wikimedia Commons

ʼn 42-jarige polisiesersant verbonde aan die polisie by die Uniegebou in Pretoria is Woensdagoggend ten aanskoue van sy gesin doodgeskiet.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 04:45 by die beampte se huis in Loate, Soshanguve, plaasgevind.

“Die beampte, sy vrou en hul twee kinders, onderskeidelik sewe en 14 jaar oud, het lê en slaap toe drie gewapende mans hulle in hul huis oorval het,” het Masondo gesê.

Die verdagtes het die polisiebeampte verskeie kere in die bolyf geskiet en hy is op die toneel dood.

Die aanvallers het met ʼn plasmatelevisiestel, skootrekenaar, twee selfone en kontant van die toneel gevlug. Die vrou en kinders is nie tydens die voorval beseer nie.

Die polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur en ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

Die beampte se naam kan nog nie bekend gemaak word omdat al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willie ·

Liewe ouers die hel is los in die land.. Ramposa… kom kom veroordeel en waarsku!

Annie ·

Wat de hel gaan aan in hierdie land van ons – dis die hoeveelste Polisieman wat doodgeskiet is vandag en ook hierdie maand en dan praat ek nie eers van die vreeslike plaasaanvalle nie. Hoop regtig Cyril Ramaphosa gaan iets omtrent dit doen – dit kan nie meer so aangaan nie.

Yankee ·

Genade, moord en doodslag soos geen ander plek ter wereld!!!

GM ·

Lyk my daar word nou van Cyril ‘n godjie gemaak. Hoe gaan hy nou nogal die land red as hy goed, soos grondonteiening sonder vergoeding, goed praat? Ons, wat niks met apartheid te doen gehad het nie, wat hard gewerk het om iets te bekom, van ons gaan net gevat word – soos daar elke maand belastinggeld gevat word en vir dié gegee word wat dit nie verdien nie (uitgesluit die gevalle wat dit wel verdien).
Mag die polisieman se familie berusting vind.

Hans ·

AL sy naas bestandes, oom tannies neefs en niggies ens weet nog nie. Dit is seker wat hul bedoel wie sal weet.

ferdi ·

Vergeet van CR plaas jou hoop op jouself doen self iets julle kla te veel

Han ·

Ag Ferdi, mense “kla te veel” nie! Almal is geskok en ontsteld. Wat wil jy hê moet die gewone mens doen? En wat doen JY?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.