Pta-prokureur buite werk doodgeskiet

[OPVOLG] Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Prokureur (46) van Pretoria is Woensdagoggend koelbloedig doodgeskiet oomblikke nadat hy uit sy motor geklim het by die regsfirma waar hy werksaam was.

Die voorval het omstreeks 06:30 in Emily Hobhouse-straat in Pretoria-Noord plaasgevind.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn onbekende man het uit ʼn VW Golf geklim, oor die muur gespring en die prokureur meer as een keer geskiet.

“Niks is tydens die voorval gesteel nie,” het Makhubela gesê. “ʼn Saak van moord word deur die polisie ondersoek. “ Hy het gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

“Nadat die polisie die toneel vir leidrade gefynkam het, het ons ondersoek ons na Atteridgeville gelei waar daar twee verdagtes in hegtenis geneem is,” het Makhubela gesê. Hy het gesê daar is ook op die vuurwapen en die VW Golf beslag gelê wat vermoedelik tydens die aanval gebruik is

Die oorledene se naam word weerhou tot al sy naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MS ·

Shame MM almal wat Netwerk 24 lees weet al wie die person is. Dit was vanoggend 11:50 al in hulle berig.

Janie Monsieur ·

Dagsê MS,
Dankie vir jou kommentaar.

Totdat Maroela Media nie bevestiging van die polisie ontvang het dat al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is nie, maak ons nie die oorledene se naam bekend nie.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Henneli ·

Dit is tragies…simpatie met sy familie.
Mag ons ook nou weet wie dit is?

Mariné Lourens ·

Dagsê Henneli

Dankie vir jou navraag. Die oorledene se naam is intussen bekendgemaak. Lees gerus die opvolgberig hier.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.