Pta-raadslid nes musikant aangeval

Rdl. Elma Nel voor die aanval. Foto: Verskaf

Rdl. Elma Nel voor die aanval. Foto: Verskaf

ʼn Pretoriase raadslid is Dinsdagmiddag in die middestad aangeval net soos Charlie, voorsanger van die gewilde Afrikaanse groep Beeskraal, wat twee weke gelede in dieselfde omgewing met ʼn mes gesteek en beroof is.

DA-raadslid Elma Nel (48) het Woensdag aan Maroela Media gesê sy was van die DA se kantoor in Jorrissenstraat op pad na haar wyk in Pretoria se Moot-omgewing toe sy in die middelste baan in Jeppestraat by ʼn rooi verkeerslig stilgehou het.

“Toe ek weer sien, staan twee mans by my venster. Ek onthou die speeksel in hul mondhoeke en hul bloedbelope oë. Ek onthou ook die groot mes wat hulle aggressief voor my gesig rondgeswaai het,” het Nel gesê.

Sy het gesê haar venster was slegs ʼn klein entjie oop en albei mans het hul arms deur die gleufie gedruk. “Hulle het my op my kop, nek en in my gesig geslaan en een het die mes rondgeswaai terwyl hulle aangedring het op my skootrekenaar en selfoon.”

raadslid elma nel charlie beeskraal sunnypark aanval 2

Nel het onder meer ‘n harde hou op haar gesig tydens die aanval opgedoen.

Nel het gesê sy was erg geskok. Sy het diabetes en het besluit om terug te veg voordat sy haar bewussyn verloor. “Ek het net besluit om terug te slaan. Ek het twee lekker groot ringe aan my hand en het met mening teruggeveg en ek weet ek het hulle getref, want een se vel het aan my ring agtergebly.”

Sy het gesê die verdagtes het moontlik nie verwag dat sy haar gaan verset, of dat sy so hard kan slaan nie. Hulle het ná die houe omgedraai en rustig sonder enige buit weggeloop.

Nel se ringe waarmee sy haar aanvallers kon beseer.

Nel se ringe waarmee sy haar aanvallers kon beseer.

Nel het ná die aanval eers ʼn werk gaan afhandel in Capital Park voordat sy gereël het om haar kollegas en vriendinne, rdl. Maggie Erasmus en rdl. Yvonne Zumba, by die Sunnyside polisiestasie te ontmoet om die voorval aan te meld.

“Ek het op pad na die Sunnyside-polisiestasie verdwaal en het onveilig gevoel terwyl ek ook nog aan skok gly het. Gelukkig het ek ʼn metropolisiestudent gesien en hy het tot my redding gekom. Mtlhari Welcome Ngulele het ook uit sy pad uit gegaan om my na die polisiestasie te vergesel. Hy het vanoggend selfs vir my boodskap gestuur om te vra of ek beter voel,” het Nel bygevoeg.

Van die polisiestasie is Nel na die Eugene Marais-hospitaal. Sy het beserings aan haar nek, rug en kop opgedoen en is teen 22:00 ontslaan. “Ek het ʼn stywe nek en my dokter vermoed ek het harsingskudding opgedoen. Ek is eintlik afgeboek maar kan nie nou stilsit nie, daar is te veel verpligtinge om na te kom.”

Sy vermoed haar aanvallers is in hul laat twintigs of vroeë dertigs en is heel moontlik Nyaope-gebruikers weens hul “gehawende voorkoms en bloedbelope oë”.

Sers. Asnath Malatsi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die Sunnyside-polisie ʼn saak van aanranding en poging tot roof ondersoek.

“Ons kan nog nie met sekerheid sê of ander mense in die gebied deur dieselfde verdagtes geteister word nie. Ons kry nie daagliks soortgelyke klagtes nie, maar gaan beslis ons aandag op die gebied vestig om te kyk of dit ʼn tendens word en daarvolgens optree,” het sy gesê.

Maltasi het ʼn beroep op motoriste gedoen om te alle tye paraat te wees en om nie met oop vensters rond te ry of waardevolle items oop en boot in hul motors te laat rondlê nie.

Die voorval het om 15:10 by die verkeerslig op die hoek van Jeppe- en Trevennastraat, langs die Sunnypark-winkelsentrum, plaasgevind. Dit is presies ʼn blok vanwaar Charlie op 21 Mei deur twee mans aangeval en met ʼn mes in sy arm gesteek is, terwyl hy in spitsverkeer gesit het. Die verdagtes het hom van sy selfoon beroof. Lees meer hier.

Die kruising langs Sunnypark-winkelsentrum waar die aanval plaasgevind het.

Die kruising langs Sunnypark-winkelsentrum waar die aanval plaasgevind het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HEVW ·

Die venster was slegs n klein entjie oop. Dit klink n bietjie onmoontlik dat hulle haar so verskriklik kon aanrand dat sy moontlik harsingskudding kon opdoen, en dat sy deur so n klein spasie so deeglik kon terug baklei. Maak tog maar seker dat die vensters toe is en die deure gesluit is. As dit dan moet draai dan liewer n ander venster effe af, maar dan regtig klein.

Peet Schabort ·

Wat verontrustend is is dat NIEMAND anders gesien het wat gebeur ??? Weereens ‘n bewys hoe elkeen op hom-/haarself aangewese is.
Maklik vir my om nou te sê dat sy die pote in die venster moes vasgedraai het.
Sterkte Elma en welkom by die klub waar ook ek al onder misdaad deurgeloop het.

Irene ·

Welkom in SA. Probeer ‘n bietjie om te werk in Pretoria middestad. Hier word jou oorbelle uit jou ore geruk en jy dra nie meer enige juweliersware nie. Jy voel net nie veilig nie. Ek dink die wykslede wat verkies word moet ‘n bietjie uit hulle “comfort zone” kom en dit in die middestad wag dan praat ons weer. Selfs waar ‘n mens moet staan om jou bus te kry is net taxis en daar is al mense om gery. Die baan is daar en groot gemerk “B” vir busse maar nee die taxis staan daar. Die verkeers beamptes is ook daar aan diens maar die klomp luister nie hoekom sal hulle.

Hannie ·

Wat ek nie kan verstaan nie: mense weet teen dié tyd dat jy met jou motordeure gesluit en vensters heeltemal toe moet ry. Motors kan deesdae almal lug inlaat. Word wakker,, hierdie is Suid-Afrika!

Nico ·

Ek wil net kommentaar lewer oor die klein skrefie wat die venster oop was. Ek het self gesien hoe ‘n persoon in die middestad aangeval word na sy venster net op ‘n klein skefie oop was. Hulle druk eenvoudig die venster af. En in daardie geval het niemand ook gehelp nie en hulle het ook net rustig weggeloop. En hy was in die 2de ry van ‘n rooi robot en kon nêrens heen ry nie. Moet nooit julle vensters op ‘n klein skrefie ooplos nie.

Jeanine ·

i take it you dont drive a car with electric windows like the rest of us. Do you realize that a lot of the new cars that you are probably not accustomed too has a safety feature that is in place in case a child get their hands stuck…When you push down on the electric window your window opens…….Hope that cleared that up for you. As for the people that said good hope she wakes up??? I take it you are wife beaters… liking the fact that a woman got hit? Elma Nel is my mother and i truly hope that when you are in my position you get to read some compassion for what your mom went through.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.