Pta-raaiseldood: Identikit uitgereik

'n Identikit van die man.

‘n Identikit van die man.

Die polisie het ʼn identikit uitgereik van ʼn man wie se erg ontbinde liggaam verlede jaar in ʼn tas in Pretoria opgespoor is, maar krap steeds kop oor hoe die man dood is.

Maroela Media het vroeër berig die man se oorskot is op 1 Oktober in ʼn tas langs die R511-pad in Erasmia, suidwes van die stad, opgespoor.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê ʼn 62-jarige man het die polisie ontbied nadat sy werknemers ʼn grys tas gevind het terwyl hulle instandhouding in die omgewing vir Telkom gedoen het.

Die oorskot is vir forensiese toetse gestuur en ʼn gesigsrekonstruksie is gedoen, waarna die identikit uitgereik is met die hoop om meer inligting oor die man te bekom.

Moloto het Dinsdag aan Maroela Media gesê die man was ʼn geruime tyd dood voordat sy liggaam gevind is. Die oorsaak van sy dood is onbekend.

“Dit wil voorkom asof die man ʼn Indiër of Asiër is, en hy kan enigiets tussen 23 en 57 jaar oud wees,” het Moloto gesê.

Hy het enigiemand met inligting oor die man versoek om die ondersoekbeampte van die Erasmia-polisiestasie, speurder Peter Nkuna, by 082 410 7466 te bel of dit by die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Tussen 23 en 57? Ek is onder die indruk dat forensiese patologie met haar, tand en beenondersoeke ‘n baie akkurater ouderdomsbepaling van menslike oorskot kan doen.

lorayne ·

SAP & Seuns, julle kan ophou kopkrap oor hoe die man dood is . . . hy is verseker vermoor! Logika sou ek sê. Hoe anders kom sy lyk in die tas?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.