Pta-reservoirs loop leeg, waterbeperkings ingestel

Argieffoto (Foto: EME, Pixabay)

Argieffoto (Foto: EME, Pixabay)

Die Tshwane-metro het Dinsdag ook waterbeperkings ingestel, terwyl reservoirs in die suide van die stad leeggeloop het.

Die metro het Dinsdag aangekondig twee reservoirs, wat water verskaf aan Rooihuiskraal en The Reeds in Centurion, het leeggeloop. Die rede vir die watertekort word toegeskryf aan hoë verbruik, teenoor minder water wat deur Rand Water verskaf word.

Rand Water verskaf die meeste van die stad se water en het reeds waterbeperkings ingestel nadat die departement van waterwese en sanitasie op 12 Augustus 2016 in die Staatskoerant aangekondig het waterbeperkings van 15% moet in die geïntegreerde Vaalrivierstelsel-gebied ingestel word weens onvoldoende reënval in die opvanggebied en lae damvlakke.

Die metro het ʼn beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik sodat die reservoirs kan vol loop. Watertenkers is na sleutelpunte in die gebiede geneem totdat die waterverskaffing herstel.

Die metro het intussen Dinsdag bekend gemaak waterbeperkings word onmiddellik ingestel. In Gauteng het die stad Johannesburg, die Mogale City-munispaliteit aan die Wesrand en die Ekurhuleni-munisipaliteit aan die Oosrand reeds waterbeperkings ingestel.

“Die waterbeperkings word ingestel om water te bespaar en ʼn toename in die vraag daarna te bestuur te midde ʼn watertekort weens die droogte, hittegolwe en seisoenale verandering,” het die metro in ʼn verklaring gesê.

Die beperkings, in terme van die stad se waterverskaffingsregulasies, behels onder meer dat tuine nie tussen 06:00 en 18:00 met munisipale water deur  ʼn tuinslang of sproeier natgelei mag word nie. Voertuie mag ook nie met ʼn tuinslang gewas word nie en swembaddens mag nie gevul word nie.

“Ons doen ʼn beroep op al ons verbruikers om ons by te staan in ons pogings om waterverbruik te verminder. As verbruikers nie ag slaan op Rand Water en die departement van waterwese en sanitasie se versoek nie, kan die situasie vererger en inwoners vir langer tye sonder water wees.”

Die metro het gesê as die situasie nie verbeter nie, sal die stad gedwing word om strenger maatreëls toe te pas, deur tariewe te verhoog en polisiëring en beurtwater toe te pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Christien ·

Ons sal almal moet saamwerk. Ek haat dit om in Centurion die sprinkelende sproeiers te sien wetend dat elke liter op n mooi groen grasperk iemand anders se drinkwater is veral omdat daar geen boorgate toegelaat word in Centurion nie.

Johan ·

Dalk nie nou toegelaat meer nie – in die verlede wel – daars baie bestaande boorgate in Centurion…

dries ·

As n swembad nie water in het nie dan bars hy. Wie moet herstel.

danie ·

Tipiese selfsug. Drinkwater het voorkeur bo enige swembad. Sou jou ou poeletjie bars dan moet jy maar uithaal en wys.

Saartjie ·

As daar nie water is om te drink nie gaan jy dood van die dors – ek het liewers drinkwater as om my te bekomemr oor ‘n gebarste swembad. ‘n Gebarste swembad kan herstel word. Wil jy nou wragtig so selfsugtig wees om eerder die swembad vol te tap as wat jou gemeenskap drinkwater het – gebruik jou kop man.

Scura Toks ·

Jy sal self moet betaal, n swembad is n voorreg en n luukse wat net die ryk mense kan en wil bekostig, ons arm mense het DIE water nodig om te drink. Gaan kerk toe en praat met jou predikant, voor jy voorgaan met n sinnelose gesprek, asb.

E.K. - ek sê net! ·

Ja-nee Dries, jy het jou naam nou behoorlik met ‘n plank geslaan! Hoe op aarde is jou swembad ‘n probleem of enigsins belangrik as mens en dier water nodig het om te oorleef? Onnosel opmerking regtigwaar!

swanna ·

Gooi hom toe met goeie grond en maak ‘n groete tuin van hom.

Henry ·

Gooi ‘n seil oor die swembad, ten minste tot die krisis verby is. Dit sal verdamping tot ‘n groot mate beperk.

Rynhardt ·

Dit gaan nie net oor water wat gemors word nie, maar vir 22jaar sit SA met oopgrense wat onwettige immigrante verwelkom.Dit spreek niemand aan nie, en dit het jou waterbronne geweldig getap!

Rapes ·

Die persoon wat op kyknet nuus gepraat het is volgens my maar lekker dig. Hy blameer die kontrakteurs vir die beskadiging van die water netwerk. Volgens my kennis is die raad se plig om die kontrakteurs in te lig waar die pype loop.

indigogirl ·

ja Rapes, dis altyd makliker om die blame game te speel!

Ou Erdvark ·

Kom ons hou ‘n Water-indaba oor “SaamBou vir voldoende en volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika”.

Pastoor ·

Wat van die motorwasplekke. Daar word 10 000. Liters weggespoel daagliks. As die water opgevang word in ondergrondse jojo tenks. So n filter of 2 en die vaalwater kan weer e weer gebruik word

Berhalet ·

Daar is juis streng spesifikasies tov die wegvloei van water by karwasse. Daar moet spesifieke dreinerings stelsels aangelê wees sodat hierdie water in die sisteem terug vloei om gefilter te word en sodoende vermorsing uit te skakel. Seep water mag nie in stormwater dreine wegvloei nie ens. Die water word nie net vermors nie, dit vloei weer terug in die water netwerk.

anna ·

Ondersoek moet ook gedoen word oor al die water wat in die Vaalharts gebied gemors word. Dis boorde en boorde vol pekanneutbome wat natgelei word uit die Vaalrivier. Daardie neute is nie kos vir honger mense nie. Meeste word uitgevoer oorsee. Water op ander plekke meer nodig. Stel daar waterbeperkings in!

Bietjie bietjie ·

Ai jyt nie mooi gedink oor die neut bome nie !
Sit jou in die boer /beleggers van die boorde se skoene en sien die prentjie van hulle kant ook !

Fritz ·

Anna. Meeste van daai boere in die Vaalharts gebied, het ook boorgate. Dit al baie jare gelede gedoen, om kanaal water te spaar.

Scalla ·

Kan MM dalk berig watter persentasie van al die lekplekke is herstel in die gebied

vermeende ·

Waterbeperkings moet as voorkominde matreel ingestel word en nie as kriesesbestuur toegepas word nie.
Dit maak geen sin dat rand water aan verskeie dorpe voorsien uit die selfde stelsel maar almal word nie dieselfde tyd beperk nie.

SA se jaarlikse reenval is net genoeg vir 49mil mense, ons populasie, burgers en aliens oorskry dit al met meer as 10%.
Ons gaan dors kry want ons is net te veel mense om dieselfde kantien en dan is daar mense wat dink hulle is slim en traag is om beperkings in te stel.
Wanneer Vaaldam se vlak onder 16% gaan dan word die water toksies soos die visse vrek en die slik wat nie gedrink kan word nie.

Ig ·

Vang sommer ook die boere wat nie waterregte betaal nie en water uit die Vaalrivier steel om hulle damme vol te pomp.

hennie schutzler ·

Jare lank ‘n swembad gehad. Nou net ‘n “fire pool”. Mag hy leeg staan?

Theresa B ·

Tshwane-Metro moet ook net die nodige instandhouding vinnig genoeg doen sodat liters en liters water nie in die strate afloop vir dae voordat pype herstel word nie. Almal wag ook tot op nommer 99 voordat daar nou skielik ‘n helse krisies met die water is. En hierdie reels moet vir ALMAL geld. Nie sekere mense buig agteroor om hul kant te bring en die ander gaan aan soos gewoonlik nie.

Lance ·

Net die saterdag gesien hoe miljoene liters water die pyp afgaan. Dit nadat iets binne in die pomphuis gebars gebreek of oopgelaat was. Die hele veld was VOL water …lyk nie eers so as dit reen nie. Die pompstasie het nie eers meer hekke op nie so enige persoon van die straat kan nou daar instap en doen wat hy wil selfs die hele buurt vergiftig.

Willie ·

In die Moot area word waterpype ingesit.. ek persoonlik het 3 keer water lekasies na die instalering geraporteer… Dis asof die kontrakteur aspris die oop gekopelde pype laat lek… die water loop dan vir ure die strate af…. Rapporteer dan sien jy hoe lank wag jy vir n stem aan die ander kant… Dis uiters swak…

Anna ·

Dries, die swembad kan nie in een seisoen heeltemal leeg loop nie – dis regtig ‘n onvanpaste vraag. Elkeen moet mos maar vir sy eie skade betaal. Net soos geysers bars wat vir jou eie sak bedoel is moet ons die pro’s en con’s van swembaddens ook ken. Ons bly in ‘n water-arm land en dis realiteit en met miljoene onwettige immigrante wat nommer 2 in ons riviere, is ons besig om af te stuur op ‘n groter ramp. Dit help ook aardverwarming aan.

Annetjie Dreyer ·

Willie – dis net soos jy daar sê. Ons moes R1000 opdok omdat daar geen haas blyk te wees om lekkasies te herstel nie. Hier is soveel ingenieurs in ons land wat werkloos sit maar die gov wil weer net Chinese, Kubane en Russe en werk gee.

Wonder net ·

En dan kan mens nie help om te wonder oor die kommentaar en die video insetsels van die “35 olimpiese grootte swembaddens” water wat per dag vermors as gevolg van gebarste pype en lekkasies in die onderskeie mislukte paliteit gebiede nie…
2,500,000ltr, aangeneem die diepte is 2.0mtr; 50.0mtr x 25.0mtr

Berhalet ·

Begin hy die begin… Haal Nestlé se water van die rakke af… Siende dat hulle reeds in Amerika water steel en die CEO oortuig is dat mense geen reg op water het nie… Beheer die water… Beheer die mense… Waar kom al die vars water wat hierdie maatskappye op die rak sit dan vandaan? Duisende en duisende liters… Vir profyt… Ja, ons het reën nodig… En terwyl ons wag… Verkoop Nestlé steeds sonder enige probleme… Water… So beperk hulle ook asseblief…

Waterwys ·

Wanneer jy eiendom koop word die swembad uitgewys as n aanwins. As jy `n huis sien met `n onversorgde vuil swembad of `n lee gekraakte swembad wil niemand koop nie. Die beste opsie vir nou is koop n seil. Bitter min water verdampmig vind plaas, Minimum onderhoud en minder kos.
Wanneer dit reen gebruik reenwater on die swembad te vul.

Jorrie Jordaan ·

Gedeeltelike rede hoekom Rooihuiskraal/ Amberfield nie water gehad het nie is die massiewe waterlek oorkant die Shell petrol stasie. Werkers het Dinsdag aand 6 uur pyp toegegooi na herstelwerk. My waterdruk in Amberfield was weer normaal 6 uur. Dankie aan die swart werkers van die munisipaliteit wat so hard gewerk het!!

E.K. (vra net) ·

Kan mens nie ‘n noodnommer kry waar mens lekkasies kan rapporteer en waar daar dadelik gereageer word nie – mens moet ook kan rapporteer as dit nie dadelik opgevolg word nie! Mens behoort regtig almal saam te werk en verder te bid vir reen in die opvanggebiede!

neelsie ·

Ons almal kla en wys vinger na ander , maar wat doen ek om die probleem op te los?
. Plaas n opgaartenk onder die geute.
. Dra die skottelgoed en badwater uit , hou so die grasperk lewendig.
. Deel maar die bad met vroulief, kan net lekker raak.
. Vang die koue water op totdat dit warm word .
. Leer die huiswerker ook hierdie dinge.
. En — die belangrikste van alles,bid ,God sal sorg!

Ek ·

So wil net bevestig, mag mens nog sproeiers gebruik voor 06:00 en na 18:00?

Sproeiers ·

Jy mag seker, maar ek dink nie dis wys nie. Daar is net so groot water kwota vir die hele gebied en elkeen moet sy deel doen om water te bespaar. So as jy jou tuin natlei in die aande en ‘n ander ou trek net sy toilet 1x per dag – gaan hy nie baie gelukkig met jou wees nie. En ook as die kwota water op is, is dit vir almal op – jy wat jou tuin natgelei het ipv om dit vir nog ‘n dag te spaar ook. Daar kan ook boetes gegee word as jy hoë water verbruik by jou huis het.

KZN ·

Hoe smag ons net daarna om elke dag n kraan te kan oop maak en water te sien. Die dorpie waarin ons woon in KZN kry net twee keer n week water in die aand van 4uur die middag tot die volgende oggend 5uur. Party mense kry glad nie water nie omdat ons n kontrakteur het wat ons waterpype in die dag beskadig en dan stil bly, dan moet daar in die aand gesoek word vir probleme om te herstel. Party mense het nou al vir meer as n maand geen water gekry in die aande wat die water oopgemaak is. Ons het wel jojo’s in die dorp, maar die werkende mense wat buite die dorp woon kry nie altyd kans om by n tenk te kom waar daar nog water in is nie. As ons nie gou genoeg meer reen kry nie gaan ons dorpie weer terug na 1 aand n week water. Dus die wat nog n kraan kan oop maak met water in tel julle seeninge.

Bespraar water ·

Kyk iemand na die karwasdienste? Ek het eenkeer gevra hoe hulle nog kan karre was as daar water beperkings is toe sê die persoon hulle betaal vir die water so hulle sal dit gebruik! Ek dink opvoeding speel ‘n belangrike rol as die stadsraad wil slaag om mense te kry om water te bespaar. Veral die jonges wat nog nie deur so iets is nie.
Wat tuine en swembaddens betref, kyk biejtie hoeveel water gaan in die drein af as jy die kraan oop los om te wag vir die warm water. Toets gedoen = volle 3 liter water. Ons vang dit op en maak die tuin daarmee nat. Ons sit ook ‘n emmer in die stort en vang die ekstra water daarin op. Het helfte van ons (klein) tuin nat gemaak met een aand se water wat ons opgevang het. Daar is 100de maniere om water spaarsamig te gebruik en dit op te vang wat jy moontlik ‘vermors’ en dit op ander plekke aan te wend.

E.K. - ek sê net! ·

Bravo aan Bespaar Water en ander hier wat goeie raad hier gee wat enigeen kan volg!

Gert de Jager ·

Mense is oor die algemeen net te lui (selfsugtig) om moeite te doen om water te spaar. My waterrekening in Wierdapark vir Julie 2016 was 8KL = R75.01 (Dis werklike gebruik, nie ‘n geskatte lesing nie) Vir April, Mei en Junie 2016 was dit onderskeidelik 14, 13 en 12KL gewees!) Ons vang stortwater en skottelgoedwater op vir tuingebruik asook die wasgoedwater. Die emmer-draery is sommer deel van my tuisGim! Ons almal sal moet wakkerskrik! Die “Water-gemaksone” waarin Suid-Afrikaners is/was, is verby…….almal sal ‘n bydrae moet lewer. Die mors van water laat my rooi sien, nes die geval is met padvarke en ander padgebruikers wat Rooi verkeersligte en algemene verkeersreels verontagsaam. Gert de Jager

sarie van heerden ·

Ek sien op tv hoe liters en liters water rondom waterpunte in die Townships” vermors word deurdat die krane oopgelaat word terwl die volgende waterdraer skarrel om hy/sy emmer onder die kraan te kry. Dit wys hoe die poele en poele water om die waterpunt le . Erens in die kommentaarlys het iemand waterbesparings idees weergegee soos bv om stortwater in ‘n emmer op te vang waaraan ekself nog nooit gedink het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.