Pta-rondloperleeu verlang dalk net huis toe

Dit lyk nou asof dié leeu, wat Kwandwe gedoop is, dalk net wou terugkeer na sy oorspronklike tuiste toe hy uit die reservaat ontsnap het (Foto: Verskaf)

Die gesegde “die kat kom weer” blyk nog waar te wees nadat ʼn mannetjiesleeu vandeesweek uit die Dinokeng-natuurreservaat ontsnap en inwoners van Pretoria die skrik op die lyf gejaag het.

Dit lyk nou asof dié leeu, wat Kwandwe gedoop is, dalk net wou terugkeer na sy oorspronklike tuiste toe hy uit die reservaat ontsnap het. Kwandwe is Donderdag in die groter Kameeldrift-omgewing in noordooste van Pretoria gewaar.

Dié leeumannetjie het verlede Donderdag van ʼn ander reservaat by sy nuwe tuiste in die Dinokeng-natuurreservaart, noordoos van die stad, aangekom. Hy is met ʼn leeu in die Dinokeng-reservaat geruil as deel van dié reservaat se leeubestuurprogram om die leeubevolking se genepoel gesond te hou. Dinokeng het vrylopende leeus wat na hulself moet omsien.

David Boshoff, bestuurder van Dinokeng, sê Kwandwe is verlede Donderdag in die reservaat bekendgestel.

“Sulke ruilings en bekendstellings hou egter altyd  risiko’s in. Diere word verdoof en moet oor lang afstande heen en weer vervoer word, waarna hulle hulself in nuwe onbekende gebiede bevind. Hulle wil dan gewoonlik terugkeer na waar hulle vandaan kom,” sê Boshoff.

Kwandwe is etlike ure later (omstreeks 10:00) uit ʼn helikopter met ʼn verdowingspyl geskiet (Foto: Verskaf)

Boshoff sê toe Kwandwe geruil is, het hulle hom met ʼn valkoog dopgehou, maar hy het steeds daarin geslaag om uit die reservaat te ontsnap.

Maroela Media het vroeër berig ʼn inwoner van die groter Kameeldrift-omgewing het Kwandwe Donderdag omstreeks 04:45 in die hoofgrondpad in die Buffelsdrift-bewarea. Hy het dadelik die Kameeldrift-​GPF van die leeu in kennis gestel en dié het die betrokke owerhede genader.

Dinokeng se veldwagters, spoorsnyers en veeartsenykundige personeel, asook lede van die Kameeldrift-GPF en inwoners van die Buffelsdrift-bewarea het die gebied gefynkam op soek na die leeu.

Kwandwe is etlike ure later (omstreeks 10:00) uit ʼn helikopter met ʼn verdowingspyl geskiet.

Hy is na Dinokeng teruggeneem en het ook reeds ʼn opsporingshalsband gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Niklaas ·

Dalks was hy verjaag deur ander mannetjie of twee , tropleiers , wat nuwelinge sien as indringers en hom nie daar gaan duld nie.

Grassie ·

Hy het mooi swart maanhare. Hy kom seker uit die Kalahari – hulle leeus lyk so.

Christiaan ·

Herdoop rondloper leeu…noem hom Robbie…. =Leeuloop!

Cherokee ·

In die vorige reservaat waarvandaan Kwandwe is, is ‘n jong leeuwyfie met die naam Kwandwika. Hy was op pad terug, en het gewonder of sy hom sal glo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.