Die omstandighede rondom die dood van Eduard Ras (44), ʼn sakeman van Pretoria-Noord, is steeds ʼn raaisel.
Hannes Noëth, direkteur van gemeenskapsontwikkeling by Helpende Hand, wat deur die familie as woordvoerder aangewys is, het aan Maroela Media bevestig Ras is op 2 Mei as vermis aangemeld. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het ook bevestig dat Ras in Pretoria gekaap is.
“Hy is in die Dennilton-omgewing [in Limpopo] gevind,” lui ʼn verklaring wat Vrydag deur die Ras-familie uitgereik is. “Hy is in die Philadelphia-hospitaal in ‘n kritieke toestand aangetref waarna hy aan sy brandwonde beswyk het,”
Volgens die familie is sy uitgebrande voertuig in die nabye omgewing opgespoor. Nadat die nuus bekend geraak het, was daar volgens die familie talle “ongegronde” bespiegelinge wat op sosiale media versprei is.
Die inskrywings op sosiale media het onder meer beweer dat hy in sy motor aan die brand gesteek is terwyl sy hande en voete vasgebind was.
“Die familie is in skok en baie hartseer en versoek dat die publiek saam met ons bid vir vertroosting en die ondersoek vir die Suid-Afrikaanse Polisie los. Die familie versoek dat hul privaatheid gerespekteer word aangesien die ondersoek in ʼn sensitiewe fase is.”
Noëth het bevestig dat daar in dié stadium nog nie nuwe inligting beskikbaar is nie en dat die familie self nog onseker is oor die omstandighede wat tot Ras se dood gelei het.
Ngoepe kon nie onmiddellik meer besonderhede oor Ras se dood aan Maroela Media bekendmaak nie.
My innige meegevoel aan die Familie en Vriende, mag al jul vrae beantwoord word…
EDUARD SE DOOD IS N SKOK. DINK AAN SY GESIN
Hoe kan dit ‘n raaisel wees as die polisie bevestig dat die man gekaap is?
Neem aan jy weet nie hoe ver die toneel van Pretoria af is nie. Hierdie klink baie meer soos ‘n beplande moord as kaping. Daarom is daar baie vrae.
So hy word in n hospitaal aangetref waar hy daar beswyk aan sy brandwonde. Sy motor is uitgebrand. Sou hy uit eie vrye wil in sy motor gebly het as hy nie vasgebind was nie?
Rus in vrede vriend
Blanke mans is in die visier. Die moorde eskaleer nou erg. Ons moet mekaar bystaan en ondersteun.
Sterkte aan die familie
Dit gaan te ver. Iets daadwerklik moet gedoen word om ons mense en geliefdes te beskerm.
Hierdie lyk na moord. Ek hoop iemand kan vasstel wat gebeur het sodat die familie afsluiting kan kry.
Party wil ek uitskreeu ten hoogste hemele “My God, my God, het U ons verlaat. Die mense op aarde volg satan. Kom Koning Jesus, dit raak te veel vir ons. Donker wolke het oor die aarde inbeweeg! Klou vas aan God, Hy is ons enigste hulp.
Ons innige meegevoel neef Eddie en familie.
Liewe HERE hou die familie vas in die holte van U hand die enigste plek waar hulle veilig is. Laat hulle wees soos n posseel klou vas aan julle geloof. Wees soos n arend. Sweef hoog bo julle vrese en bekommernisse met GEBED. GOD gee krag, liefde, genade en vrede vir GESIN EN FAMILIE.
Ons bid vir vertroosting,ook saam dat die Here soos ‘n arend oor hulle sal wees