Pta-sanger tydens beurtkrag in spitsverkeer met mes gesteek, beroof

Charlie Smidt en sy meisie Natasha Hattingh. Foto: Facebook.

Charlie Smidt van die groep Beeskraal en sy meisie Natasha Hattingh. Foto: Facebook.

Charlie van die gewilde Afrikaanse musiekgroep Beeskraal is Donderdagmiddag tydens spitsverkeer in Pretoria se middestad, terwyl beurtkrag toegepas is, van sy selfoon beroof en met ʼn mes gesteek terwyl hy gestrand in sy motor gesit het.

Charlie Smidt, wat ook die skakelbeampte van die FAK is, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy was op pad van sy kantoor by die Voortrekkermonument na sy huis in Villieria en het deur die stad gery en in ʼn verkeersknoop vasgesit.

charlie beeskraal beroof pretoria

Charlie se bebloede wond.

“Ek was by die oorgang van Jeppestraat en Robert Sobukwestraat (die voormalige  Esselenstraat) skuins oorkant die Sunnypark-winkelsentrum. Daar het baie mense rondgeloop en daar was ook straatsmouse. Omdat ek ʼn musikant is, ry ek nie met my lugversorging aan nie, so my venster was so ’n bietjie oop en my selfoon tussen my bene,” het Charlie verduidelik.

Hy het gesê twee mans het skielik teen sy motor gestaan en aanvanklik probeer om die deur oop te pluk, maar kon nie daarin slaag nie, want sy deure was gesluit. “Toe ek weer sien, is hul arms deur die klein gleufie in die venster. Albei was met messe gewapen. Een het sy mes onder my hoed in gedruk en teen my kop gehou. Hulle het gesê ek moet my foon oorhandig, wat ek toe gedoen het. Die ander man het my toe in my arm gesteek, waarna hulle heel rustig in die rigting van die winkelsentrum weggestap het.”

Charlie het gesê buiten een motoris wat op die aanvallers vanuit sy motor geskreeu het, het niemand anders iets probeer doen om hom te help nie. “Ek het hulpeloos gevoel. Ek wou hulle nie self agternasit nie, want het nie geweet hoeveel van hulle daar was en of hulle dalk met vuurwapens gewapen is nie.”

Hy het gesê hy het vir sowat twee blokke in die verkeer aangery en gevoel sy arm word warm van die bloed. “Gelukkig met die Here se genade was daar toe ʼn ambulans van die Steve Biko-hospitaal langs die pad. Ek het afgetrek en hul hulp ontbied. Die paramedici het my wond versorg en gerusgestel dat die mes darem nie ʼn hoofaar gesny het nie.”

Charlie het van daar af tot by sy huis gery, van waar hy en sy vriendin, Natasha Hatting, na die Montana-hospitaal is. “Die dokters het my wond mooi skoongemaak en vir my ʼn klem-in-die-kaak-inspuiting gegee en ek is ontslaan. Ek het nie nodig gehad om steke te kry nie, al is die wond baie diep in ʼn spier in.”

Hy het gesê die aanval was vir hom baie ironies. “Ek en Natasha het kaartjies vir Treurgrond gehad wat juis handel oor die doellose moord en doodslag in ons siek land en toe word ek op dieselfde dag met ʼn mes teen my keel geroof.”

Die voorval het hom egter nie verhoed om steeds die fliek te gaan kyk nie.

“Ek is net bly hulle het my nie erger gewond of op ʼn ander plek gesteek nie. Dit kon soveel erger gewees het. Die proses om ʼn nuwe foon te kry en weer al my kontaknommers terug te kry is erger as die wond op my arm,” het hy bygevoeg.

Charlie het nog nie die voorval by die polisie aangemeld nie en is van voorneme om dit Vrydag te doen.

Hy het gesê Beeskraal tree nie die naweek êrens op nie en sy besering behoort nie toekomstige optredes te benadeel nie.

Die kruising waar die voorval plaasgevind het. Foto: Googlemaps

Die kruising waar die voorval plaasgevind het. Foto: Googlemaps

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pierre Celliers ·

Jammer om te hoor van jou “Afrika nagmerrie” Charlie. Hoop jy herstel gou.
Se vir Kevin Ek geniet daai Fender amp nog baie! Voorspoed!!

Tommie ·

Die beurtkrag is besig om hande uit te ruk. Ons het die afgelope paar aande vanaf 20h00 tot 10h30 in die donker gesit. Kinders moet leer vir eksamen. Ek beleef beurtkrag by die werk en tuis. Probeer dan my die werk wat ek in die dag verloor in die aand inhaal. Ons ervaar dus vyf ure se beurtkrag per dag. Dis hoog tyd dat die ANC tot ‘n val gekom! Kan die parasiete nie verdra nie!

Paul ·

Kan die kinders nie by kerslig leer nie?

Die beurtkragskedules het verander om dit meer regverdig te versprei oor alle woonbuurte heen – die vorige skedules het veroorsaak dat talle mense feitlik nooit sonder krag gesit het nie, terwyl ander bykans elke aand geen krag gehad het nie. Gaan kry jou nuwe skedule op die munisipaliteit se webwerf.

Asjas ·

Nee, hulle kan nie. Ons het hard gewerk sodat ons kinders by elektriese lig kan leer! En dis gevaarlik, huise brand af.

pop ·

Hier is ek nou alweer dom. hoekom kan mens nie met lugversorging ry as jy sanger is nie. Is die warm of yskoue lug wat by die venster instroom beter vir stembande?? Nietemin, eks jammer vir jou ondervinding met gemors van die samelewing, maar almal wat hier lees weet ook nou, maak toe venster, sluit toe deure as jy tot stilstand gedwing word deur die regering se onbevoegdheid.

Saartjie ·

Haai pop, ek sit hier by my tafel en grin… het daai selfde ding gewonder. Mens kan vir verskillende redes die lugversorger afsit. Sinus, oë wat vinnig uitdroog, Ook besef ek dat die koue lug vanuit die lugversorger nie goed is vir die stembande nie, maar regtig, maak dan jou mond toe as jy asemhaal… In die konteks van die situasie, klink dit net baie komieklik om te sê: Omdat ek ‘n musikant is…
Maar andersins, geeneen verdien hierdie barbaarse optrede nie, en ek stem om so in die privaatheid van jou eie ruimte bedreig te word EN gewond te word maak mens sommer die duiwel in. Sterkte Charlie – jy lyk na ‘n sterk ou. Vat volgende keer jou pepperspray saam!

JC ·

Tommie my ou maat,laat ek jou teleur stel,die ANC gaan nooit tot n val kom nie. Dit is klaar my maat. Die wat vir die ANC stem is te veel in die land. Dit is hoekom ek reeds 11 jaar in Australia sit. My hele huisgesin was amper bokveld toe in my eie land n paar jaar gelede. Ek het die beste besluit vir my en my huisgesin geneem. Vandag kyk ek nie terug nie. Die ANC gee niks om vir vir die wit Suid Afrikaners nie. Ek het nou n groot besigheid in Australia en het meer as wat ons gehad het in SA.
Geen bekommernis.

Beverley Breytenbach ·

Ai JC julle is so bevoorreg. As alleen-ouer van 2 klein dogtertjies lewe ek elke dag met die bekommernis rakende my kinders se veiligheid en n baie duister toekoms. Miskien sal die Here eendag vir ons ook so deur oopmaak. Dis so bitter hartseer wat hier gebeur! Bid vir ons!

Rudi ·

Hallo JC en ale ryk afrikaners
Help ons. Ons kort hulp met sekuriteit, ons kort hulp met skole, ons kort hulp met hospitale, ons kort hulp vir die renosters, ons kort hulp vir die arm mense wat nie meer vir sy gesin kan sorg nie weens al die belastings. Skenk aan Afriforum of skenk aan Sunnette Bridges, of skenk aan Solariditeit of skenk aan FV+……….Daar is baie ….

Elsie ·

Ja JC jy het die regte besluit gemaak maar ons is nie almal so bevoorreg om net op te pak en land te verlaat nie. Veral nie as my man werkloos is in ons nuwe Suid Afrika soos baie ander blanked en nog minders ook het nie. Ons moet maar veg vir wat ons voorvaders nagelaat het. Charlie jammer om van Jou voorval te hoor en sterkte

Adel ·

Jammer om te hoor van jou nare ondervinding. Die naarheid is dat dit almal die een of ander tyd gaan oorkom, want sulke voorvalle en ander misdaad gaan net meer en meer word!
Klaagliedere 5 : 2 Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders(volksvreemdes)
4: Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling.
8: Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.
9: Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanwee die swaard van die woestyn

Ons betaal vir water wat in baie dorpe nie eers skoon is nie, en baie dorpe het nie water nie waarvoor inwoners betaal. Ons almal ken die Eskom nagmerrie. En hoeveel mense wat elke dag uitgaan om hul brood te verdien loop deur onder misdaad.

jb ·

Paul, ons is nie eers veronderstel om beurtkrag te he nie!!!!!!

Karen ·

JC ek wens dit was so maklik om net oorsee te trek, ongelukkig is dit nie almal se realiteit nie en ook nie so maklik om op te pak en te waai nie.
Ek dink wat my nog kwater maak van die misdadigers in die land is die nonchalante houding waarmee hulle mense beroof, aanrand of vermoor, so asof dit hulle reg is.

Ek is sooooo opreg gatvol vir al die dinge wat in die land aangaan en as jy as wit persoon enige iets sê, dan is jy ‘n rassis!!
Almal skree bring die doodstraf terug…..regtig nou?? Dink mense eerlikwaar dat dit gaan gebeur terwyl die ANC aan bewind is?
Doodstraf sou nie eers nodig gewees het as alle mense mekaar net met respek behandel nie, maar nou, nou praat ek van die onmoontlike.

Sollie ·

Mense mens moet ‘n “trap” stel – ry stadig daar met vensters halfoop en bespuit hul goed met sommer oondreiniger – verblind die gemors. Mens moet iets doen om hul terug te kry!

Werk ook in die middestad ·

Ag nee regtig! Dis nou al die hoeveelste keer dat ‘n groot ophef gemaak word van iemand wat met ‘n oop of operige venster en selfoon tussen die bene in die middestad beroof word. Hoe is dit moontlik dat iemand wat gereeld hier ry nog nie weet HOE om hier te ry nie? Beurtkrag of nie, Beatrixstraat of Bloedstraat, maak nie saak waar jy is nie – jou venster bly TOE en jou waardevolle goetertjies buite bereik. En as jy enigsins kan, ry anderpad.

Dis pure genade dat die van ons wat noodgedwonge elke dag in hierdie nes moet in, nog leef. En vir baie van ons is dit danksy ander nalatige bestuurders wat met oop vensters rondry, hoe wreed dit ookal mag klink.

moegvirikak ·

Wow… jy is seker so gelukkig om lugverkoeling in jou kar te he ne? So die mense wat in hul karre ook probeer werk toe gaan en terug met hul vensters oop omdat dit dalk 31C is verongerief jou seker vreeslik… as jy sien hoe hulle nog beroof word ook…

Berhalet Beukes ·

Ons weet mos hoe opportunisties ons kriminele is en dit gaan toeneem terwyl Eskom ons vertel hoe dankbaar ons vir roterende skedules moet wees! Natuurlik sou ek wou sien dat Eskom se direksie ophou lieg en verskonings uitdink waarom ons tevrede met hulle swak diens moet wees, maar ja, mens kan nie met ‘n blatante korrupte idiote redeneer nie. Charlie, jammer om van jou ondervinding te hoor, ekself is al met ‘n pistool gedreig, ek was gelukkig ek kon wegkom. Mens vergeet ongelukkig nie sommer nie.

CJAN ·

Soos ek dit lees is die ANC besig om die mense te beroof agv beurtkrag???

ANC ban front ·

Die ANC is ‘n front organisasie van die Internasionale Sentrale Banke. Die ANC verteenwoordig nie die mense van Suid-Afrika nie, maar werk vir die kommunistiese sentrale (privaat) banke. Die banke gebruik die ANC om Suid-Afrika se infrastruktuur oor te dra na privaat maatskappye, en die blankes in Suid-Afrika moet uitgewis word, want dit is baie makliker om eiendom weg te neem by swartes. Die banke maak asof hulle teen rassisme is, maar hulle is die grootste aanstokers van rassime. Alles wat in politiek gebeur, gebeur met ‘n plan. Beurtplan se doel is om Eskom in privaatbesit te kry, en dan die publiek uit te buit met baie duur krag.

Sarah ·

Jammer om van jou ervaring te hoor Aan almal ja hou asb jou vensters toe

Charlotte ·

Hi JC jammer dus nie net wit Suid Afrikaners wat nie deur die ANC raak gesien word wat van bruin en swart Suid Afrikaners wat ook ons stem uit gebring het om van ons land n veilige plek vir ons en ons kinders wil verseker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.