Pta-seun met mes gesteek, beroof

Frans van Zyl in die hospitaal. Foto: Verskaf

Frans van Zyl in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Laerskoolseun van Pretoria-Noord is in die hospitaal nadat hy buite sy huis met ʼn mes gesteek en van sy fiets beroof is.

Frans van Zyl (13) het Maandag omstreeks 17:00 met sy fiets om die blok in Hestiapark gaan ry, het sy ma, Cecilia, aan Maroela Media gesê. Volgens haar gaan stap die gesin dikwels om die blok oor naweke en ry Frans gereeld deur die dag op sy fiets in die straat.

“Hy het die middag ʼn bietjie gaan fietsry om van sy energie ontslae te raak ná die vakansiedag. Ek was in die huis toe ek hoor hoe hy aangehardloop kom terwyl hy huil. Ek het dadelik gedink hy het geval,” het Cecilia gesê.

Frans het sommer oor die tuinmuur gespring toe hy by die huis kom. “Sy hemp was aan flarde en hy was histeries. Hy het net gesê, ‘Mamma, hulle het my met ʼn mes gesteek’.”

Frans het vertel twee mans het hom glo voorgekeer en sy fiets vasgegryp. Hy het vir hulle gesê hulle kan maar die fiets vat, maar een van die rowers het hom aan sy hemp gegryp. Hy kon daarin slaag om los te ruk en die rower het hom in sy rug met ʼn mes gesteek. Die twee het toe met die fiets gevlug.

Cecilia en haar man, Willem, het met hul seun hospitaal toe gejaag waar die wond skoongemaak en skanderings gedoen is om te bepaal of enige senuwees of organe beskadig is. “Gelukkig het die mes geen ernstige skade aangerig nie en hulle kon die wond net toewerk,” het Cecilia gesê. “Hy moes oornag in die hospitaal bly vir waarneming, maar ons hoop dat hy later vandag [Dinsdag] sal kan huis toe kom.”

Cecilia het gesê sy is baie geskok dat so iets helder oordag in hul woonbuurt kon gebeur. “Dit is nie eens asof hy op ʼn gevaarlike plek of in die nag rondgery het nie. Dit was reg buite ons huis. Dit is baie kommerwekkend dat sulke goed helder oordag buite jou voordeur gebeur.”

Sy het gesê Frans is nog baie getraumatiseerd ná die voorval en sal berading ontvang. “Hy moet Donderdag met eksamen begin, so ons sal maar sien of hy gereed sal wees om te gaan skryf.”

Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Landie ·

BARBARE wat los in ons land rondloop!! Ek wens die laaitie kon karate doen dat hy hulle sommer ‘n klomp houe op die regte/verkeerde plekke gegee het. Hoekom moet ons jong kinders vrees vir hulle lewens en nie eens meer soos ‘n kind kan buite fietsry nie!!! Nar van ‘n president wat ons mos het!!! Sterkte mannetjie, ek hoop jy word sommer gou beter!!!

Michelle de Wet ·

Sjoe dit is baie erg dat ñ kind deur soveel trauma moes gaan. Ons probeer ons kinders grootmaak om nie kleur raak te sien nie maar die mens self en dan gebeur sulke dinge. Sterkte aan die seun en familie.

Bruno Stef ·

n Mens is in n mate baie bly dat van jou kleinkinders veilig in n wetsgehoorsame land oorsee is waar hulle tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel.Die nadeel daaraan is dat n mens hulle mis en graag ook by hulle opgroei teenwoordig sou wou wees maar die SKYPE deesdae versag darem die verlange in n mate.

Jakoba ·

Ai Bruno, my hart ween vir jou en almal wie families oorsee het wat terwille van hulle kinders emigreer het en hulle geliefdes moes agter laat. Ek kry trane in my oe want ek voel jou verlange. Ek bid vir Suid Afrika ek bid vir elke Afrikaner wat gebuk gaan onder misdaad en ek bid vir jou en jou vrou Bruno.

Dave ·

Waar gaan dit eindig, vra jy. Ek dink Suid Afrika is nou in ‘n eenrigtingstraat en daar is nie omdraai voor die sirkel waar Suid Afrika as net een van die minderwaardige Afrika-state bestempel sal word. Die buiteland sal vlugtig dink aan die gewese vooruitstrewende Suid Afrika en hul eie bydrae tot die land se ondergang, dan sal hulle skouers optrek en daarvan vergeet.

Sollie ·

Winston ek stem en glo my – die polisie gaan ook maar nie vorder met enige ondersoek nie…Sterkte en volkome herstel aan jou ou seun!

Jacomien ·

Die agter uitgaan is besig om te sneeubal. Geen beheer -elkeen vir himself en die duiwel vir die res.

BullsEye ·

Ek het eintlik nie woorde om my misnoee op beskaafde manier hier weer te gee nie. Dis uiters ontstellend, hoekom nie net die fiets dan vat nie? HOEKOM moes hulle hom met die mes steek? Maar o wee moet net nie die probleem by die naam noem nie dan is JY rassisties, kortsigtig, ondemokraties en al wat negatief is.

M ·

Hy het iets oorgekom. Hy is emosioneel geskend as kind. Geen kind behoort deur so iets te gaan nie. Ons as ouers voel so hulpeloos, om te dink toe ons kind was kon ons veilig in die strate rond ry en rolskaats tot donker toe. Niks het ons oorgekom nie, ons het Vryheid gehad.

Marlene Hanekom ·

Ek is bly hy is nie ernstig beseer nie. My seun is vanoggend oppad skool toe deur 2 swart “mans” oorval 1 van hulle het ‘n “pistool” oorgehaal en teen my kind se maag gedruk en gese hulle soek alles.My seun het gemerk dat dit slegs ‘n bb geweer was en het hulle toe teengestaan en gefoeter hulle het toe padgevat en my kind se selfoon wat hul uit sy broeksak gevat het na ‘n end neer gegooi.My seun het hul agter na gesit, 3 strate verder het hulle rustig gestap gemaak of niks gebeur het nie, salig onbewus dat my kind agter hulle is en toe foeter hy hulle weer waarna hulle in 2 verskillende rigtings gevlug het.Die polisie meen dat daar nie ‘n saak geopen kan word omdat my kind nie die name kan gee van die barbare nie.Polisie se argument ” waar moet ons hul gaan soek ?” watse belaglikheid.Nee wat mens moet die reg maar in eie hande neem. Dankie aan die weldoener wat my kind se tas skoolskoene en skoolbaadjie by die skool afgelewer het nadat dit langs die pad gevind was en vir die dame wat my kind huistoe geneem het na die voorval.Die het in Florida aan die Wes-Rand plaasgevind.

Koos ·

Marlene. Soortgelyk met die Polisie het ons oorgekom. My huishulp is veitlik voor my huis beroof. My vrou neem haar polisiestasie toe, om ook te hoor dat geen saak gemaak kan word nie, omdat sy nie die verdagtes se name het nie!!! Geen wonder ons misdaad statestieke lyk elke jaar die selfde nie, die polisie weier om sake te open, om hulle statestieke goed te laat lyk. Weereens ‘n bewys dat die regering tans nie in voeling met die werklikheid op grond vlak is nie.

Leeutjie ·

In ons straat wil die bure saamstaan om een kant wat doodloop by ‘n spruit toe te maak om die struikrowers tussen die riete, uit te hou. Elkeen moet ‘n finansiele bydrae maak om dit vir ons en ons kinders veiliger te maak. Dit moet natuurlik eers goedgekeur word (as dit goedgekeur sal word, bygese).

Eliza-beth ·

Leeutjie, ek hoop jul kom reg. Natuurlik ‘n skreiende skande dat julself moet opdok om julself te besekrm maar ja, as dit al manier is dan hoop ek dit werk uit! dis hoe dit maar is, ons moet op allerlei manier selfbeskerming toepas, dis al wat ons kan doen want om te kla en kerm help nie. Wees paraat en dink self iets uit, dis al wat kan werk.

Deon Westraat ·

Jammer dat ons niks aan die kriminele kan doen nie, anders word ons toegesluit!!!!! Kriminele het die reg van weg in Zuma se samelewing………waarom is hy so suksesvol?

Kelly ·

Wens ek kon jou en jou ouers oorreed om Suid Afrika te verlaat en Australie toe te kom, ter wille van jou. Suid-Afrika is nou en vir ewig ‘n land van rowers en moordenaars :/

Bruno Stef ·

Jakoba dankie vir jou mooi woorde van bemoediging.Ek troos my daaraan dat ek en my vrou nie die enigste ou mense is wat in die selfde booitjie is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.