PTA-seun opgespoor

Jaco Delport.

Jaco Delport.

Jaco Delport (17), ʼn leerling aan Hoërskool Wonderboom in Pretoria se Moot-omgewing, wat Woensdagoggend verdwyn het, is Vrydagmiddag opgespoor.

Sy verligte ouers het aan Maroela Media gesê hy het hulle omstreeks 13:30 geskakel en laat weet dat hy tuis en veilig is.

Maroela Media het vroeër berig Jaco is Woensdagoggend vir die laaste keer by sy huis in Eloffsdal gesien toe hy op pad was skool toe. Hy het egter die dag nie skool toe gegaan nie, en toe sy ouers die middag omstreeks 17:45 by die huis opgedaag het, was hy nie meer daar nie. Hy het ʼn briefie agtergelaat wat sê dat hy moet gaan, dat hy lief is vir hulle en dat hy hoop dat hulle hom sal vergewe. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Asjas ·

Daar is meer aan hierdie storie maar ons sal nooit wwer nie.
Bly om hoor hy is veilig.

ansa ·

Kom ons los die vrae oor waar hy was en wat gebeur het en se liewers dankie dat hy veilig terug is by sy ouers.

rudi ·

Ek wonder of die kinders besef hoe baie druk ouers van vandag op hulle het en deur hoeveel meer hulle moet gaan as hulle kinders so iets doen?

Adri ·

Ja en wonder of ouers besef hoeveel druk is daar op kinders….daars druk van alby kante af, glo my….. In vandag se tyd leef n mens so verby mekaar, sien nie altyd als raak wat pla nie….. Ouers werk van vroeg tot laat, kinders gaan skool dis n gejaag na wind om als in orde by werk, huis, skool en als te kry, maak tyd om te luister- nie net ouers nie kinders ook.- en maak tyd om te gesels, moenie opkrop nie, als raak te veel vir n mens…. so praat of luister. (maak tyd)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.