Pta-skietdood: ‘Nicolene was onvervangbaar’

Nicolene Schreuder. Foto: Facebook

Nicolene Schreuder. Foto: Facebook

Nicolene Schreuder (35), die vrou wat Woensdagoggend ten aanskoue van kollegas by haar werkplek in Pretoria doodgeskiet is, was ʼn opgeruimde mens wat altyd gelag het en met almal oor die weg gekom het.

Só sê Rudolph Ackerman, Schreuder se lynhoof by Cura Health Insurance. Sy was die afgelope agt maande sy persoonlike assistent.

Schreuder is na bewering deur ʼn man aan wie sy vroeër verloof was, doodgeskiet. Die man het omstreeks 08:30 by Cura Health Insurance se kantore in Rubensteinrylaan in Moreletapark met sy motorfiets stilgehou. Hy het die kantore ingestap en vir Schreuder gevra. Schreuder het glo saam met hom uit die kantoor gestap, waar hy haar buite op die stoep doodgeskiet het. Die man het op sy motorfiets gevlug.

“Ek het in my lewe nog nooit ʼn assistent soos sy gehad nie,” het Ackerman gesê. “Sy het oor die weg gekom met al my personeel. Sy was altyd vriendelik met almal en het nooit kant gekies as daar bietjie onenigheid was nie. Sy was altyd chirpy en vriendelik. Vanoggend was sy nog besig om my aktetas te pak vir my vergadering om 09:00 en nou is sy weg.”

Volgens Ackerman is die kantore vir die dag gesluit en ontvang die personeel berading.

Hy kon nie bevestig dat dit wel Schreuder se eks-verloofde was wat by die kantoor was nie, maar het gesê dat sy nooit enige probleme tussen haar en die man genoem het nie. “Sy was so wonderlike mens. ʼn Mens sal haar nooit kan vervang nie.”

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neptunus ·

Klink na een van daai “as ek haar nie kan kry nie sal niemand nie” tipes. Hoe laag kan een mens se selfbeeld wees?

Peet Schabort ·

Uiters skokkend!! Dalk ook kinders wat nou agterbly? Jaloesie en besitlikheid is lelike goed. Bring terug die doodstraf vir moord en verkragting.

Neptunus ·

Goeie idee Peet, maar dalk met ‘n swaarder bewyslas soos “bo alle twyfel skuldig”. Dit gaan egter nie onder die huidige regering of die DA gebeur nie. Nie dat die DA enige kans staan om die regering van die dag te word nie!

SNEL ·

Vreeslik hartseer dat so pragtige mens van haar familie en vriende sonder rede geruk is. Hoop hulle vang hierdie lamsak wat dit gedoen het. Hy skiet haar, maar hy mag nog lewe en aangaan of gaan ons môre lees hy is met n skietwond dood langs sy motorfiets gevind. Kan nie dink dat jy iemand vir die jy tog op n tyd lief was; dat jy daardie persoon net so kan doodmaak nie. Kry haar ouers vreeslik jammer, sterkte vir julle!!!!

anon ·

ek ok betyds uit n verhouding hy was bja besitlik mag ni eers vir my ouers gan kuier ni was soos n kluisenaar op gesluit

Elaine ·

Ek het ook ‘n vriendien so verloor dit is vreeslik tot vandag toe nog wonder ek of ek nie meer kon doen nie. mis haar RIP Nicolene voorspoed aan die familie my vriendin se ma het ongelukkig aan die drink gegaan Groete en be safe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.