Pta-skietdood: Só is verdagte vasgetrek – foto’s

Die verdagte word in hegtenis geneem. Foto: Hi-Risk Unit/Facebook

Die verdagte word in hegtenis geneem. Foto: Hi-Risk Unit/Facebook

Die ma van die verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op Nicolene Schreuder (35), is glo saam met hom in hegtenis geneem nadat sy hom gehelp het om vir die polisie weg te kruip.

Arthur Crewe, hoof van Hi-Risk Unit-veiligheidsdienste, was op die toneel toe die verdagte in hegtenis geneem is en het aan Maroela Media gesê die man se ma het hom in ʼn instapkluis by haar huis versteek.

Schreuder is Woensdagoggend ten aanskoue van haar kollegas by haar werksplek in Pretoria doodgeskiet. Die man het omstreeks 08:30 by die kantoor ingestap en vir Schreuder gevra. Sy het saam met hom uit die kantoor gestap, waar hy haar buite op die stoep doodgeskiet het. Die man het op sy motorfiets gevlug.

Volgens Crewe het personeel van Hi-Risk Unit-veiligheidsdienste die hele dag saam met lede van die Garsfontein-polisie gewerk om die man vas te trek. Hulle het heel eerste op die man se huis in Pretoria toegeslaan, maar hy was nie tuis nie. Daar is wel op vuurwapens beslag gelê.

“Vriende en familie van die man het ons heeltyd gebel om te help met die soektog en wenke te gee waar hy dalk kan wees. Ons het in ’n stadium ʼn beboste gebied in Mooikloof gefynkam, want ons het vermoed hy kan dalk soontoe gegaan het om selfmoord te pleeg,” het hy gesê. “Ons het uiteindelik die man se pa opgespoor en hy het vir ons gesê dat sy seun by sy ma is.”

Die groep is toe na ʼn plaas in Bronkhorstspruit waar hulle die verdagte se ma en haar vriend aangetref het. Die ma het gesê dat haar seun wel daar was, maar dat hy in die bosse in gevlug het. “Nadat ons die gebied gefynkam het, kon ons niks kry nie en ons is terug na die huis toe. Ons het uiteindelik die seun in ʼn instapkluis in ʼn buitegebou aangetref waar hy weggekruip het.” Die man is in hegtenis geneem.

Volgens Crewe is die ma en haar vriend ook in hegtenis geneem vir dwarsboming van die gereg. Daar is ook op nog vuurwapens beslag gelê. Ao. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat twee mense saam met die verdagte in hegtenis geneem is.

Crewe het gesê die man was glo jaloers nadat die verhouding met Schreuder skipbreuk gely het en sy ʼn nuwe vriend begin sien het. “Hy het ʼn klomp aanmerkings op die toneel gemaak oor hoekom hy dit gedoen het, maar die ware storie sal in die hof uitkom. Vir nou is ons net bly hy is so vinnig vasgetrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

CHRISTA ·

Ons Suid-Afrikaanse mans moet nou ophou om te dink vrouens is hulle privaat besit!!!

Dave ·

En julle Suid Afrikaanse vrouens moet begin leer om met smaak te kies en te besluit. Nie met hormone nie. As julle nie kommin sense kan gebruik wanneer julle jul in ‘n verhouding begewe soek julle moeilikheid. Leer tog om tussen die lyne te lees want daar moet dinge wees wat moordenaars uitwys.

Neptunus ·

Touché! Goeie repliek Dave. Sy kan darem nie alle mans in die land oor dieselfde kam skeer nie. Tog is daar dalk ‘n toename in hierdie soort afwyking oor die hele spektrum in ons land. Tog is nie alle vroue vatbaar as prooi vir hierdie soort booswigte nie.

Dave ·

Dankie Neptunus (eerste keer wat ek weer hier oopmaak). Soos jy sê, alle vroue is gelukkig nie beskikbaar as prooi vir sulke booswigte en alle vroue veralgemeen ook nie soos Christa.

Peet Schabort ·

Christa, ek hou van die begin van jou sin: “ONS Suid-Afrikaanse mans . . .” Dit sê mos duidelik dat ons aan julle behoort en nie andersom. Wat nou jong?

ladybug ·

As hy haar nie kon kry nie sou niemand nie … siek!!!!! En dan vra almal altyd hoekom ek “single” is!

Peet Schabort ·

ladybug, ek het ‘n vermoede dat daar soveel mans is wat jou wil hê dat jy nie weet wie om te kies en nou maar “single” bly. Wyse besluit want dink net die oorlog wat gaan uitbreek as almal met een slag by jou gaan uitkom.

V ·

Ja wel julle mans wil jul brode beide kante gebotter he.Jul Suid-Afrikaanse mans moet ook maar leer om by een vrou te bly jul wil mos te veel vrouens he!

KarooKlong ·

Vir elke man wat rondloop is daar ‘n vrou wat saamloop.

Peet Schabort ·

Dit lyk my V praat van ondervinding. Nommer hoeveel was jy?

Peet Schabort ·

Aan Christa, ladybug en V: dankie vir julle kommentaar en dat ek ook aan julle kon roer.
‘n Vrou sal altyd ‘n onvoorspelbare wonderlike ‘ding’ bly. Daarom is dit “moeder”-natuur en nie “vader”-natuur. Moedernatuur is ‘n tannie wat maak net soos sy wil en wanneer sy wil. Dit sien ons uit aardbewings, vulkane, orkane, vloede ens.
Mooi loop en versigtig trap. Intussen sal ek myself gedra al is dit sleg . . . .
Maroela moet nou net nie modereer.

Gert van der Merwe ·

Peet, baie oulik man. Nee ek dink nie Maroela sal jou kommentaar uitvee nie. Dit is wragtie baie oulik en regtig waar. Ai, maar moeder natuur bly darem mooi en ons kan tog nie sonder haar leef nie. En moeder natuur kan trots wees oor ons vaders se gevoel. HA HA HA

Peet Schabort ·

Dis waar Gert. Kyk net na die natuur wat ons NOOIT ten volle sal verstaan en besef dat daar net een God en Skepper is. Slaap in die oopte van die Visrivier skeurvallei, Naukluftberge, Brandberg, almal in Namibië. Waar jou ‘slaapkamer’ se dak die uitspansel is en die mure nie bestaan. Jy kan nie nader kom aan Moedernatuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.