PTA-skolier pleeg glo selfmoord

Argieffoto

Argieffoto

‘n Graad 8-leerling aan die Hoërskool Eldoraigne het Vrydag glo in ‘n parkie in Amberfield, Centurion in Gauteng selfmoord gepleeg.

Gerugte dat sy haarself met haar pa se vuurwapen en voor haar 11-jarige boetie doodgeskiet het kon nog nie bevestig word nie.

Konstabel Moloto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie is steeds op die toneel. Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tina Myburgh ·

Liewe Heer, omvou elke persoon wat geraak word deur hierdie tragiese gebeurtenis met U liefde.

SNEL ·

Vreeslike hartseer!!!! Sterkte vir die ouers en almal wat geraak word deur die gebeurtenis!!!!!

jan-hendrik ·

More dis nie gerugte nie Catelin het gister selfmoord gepleek met haar pa se vuurwapen. Baie sterkte aan die familie en gelieftes. RIP Catelin.

Susan Lombaard ·

Dagsê Jan-Hendrik – weens die sensitiewe aard van die voorval verkies ons om na “gerugte” te verwys tot ons die detail met ‘n bron soos die polisie of ‘n nabye familielid kon bevestig, selfs al het ons bevestiging van talle mense na aan die familie ontvang. Ons wil graag doodseker wees dat ons verantwoordelik omgaan met die feite ter wille daarvan om nie die familie verdere onnodige leed aan te doen nie. Ons is reeds in kontak met verskeie van dié bronne en sal binnekort ‘n opvolgberig publiseer. Groetnis, Susan Lombaard (Maroela Media)

Hesta Coetzee ·

Ag liewe Here, omvou hierdie gesin met U liefdevolle genesing. Wat in die lewe is so swaar dat ‘n kind voel sy kan nie meer nie? My hart is so seer vir hulle.

Charmain ·

Eben ek dink dis baie verkeerd om te dink sy was selfsugtig. As mens eers in daardie stadium is om jou lewe te neem dan dink mens ni meer rasioneel nie.

Eben ·

Ek hoor jou Charmain … maar dan wonder mens ook waar was/is haar ouers gewees. Het hulle nie gesien iets skort? En dan het die pa ook nalatig dat sy n vuurwapen in die hande kon kry. GEEN simpatie met die pa. Ek staan by my punt hy moet ook aangekla word.

Judy ·

Dit is so hartseer. Mag God die familie dra in hierdie moeilike pad wat voorle. As die kinders net wil praat oor hulle vrese en probleme. Die mense wat agterbly kry baie swaar. Die hoekoms en die waaroms. Die selfverwyt waarmee die familie lewe en wonder. Wat hulle kon doen om dit te voorkom. Baie sterkte aan die familie.

Elizabeth ·

Ek kan nie glo dat selfs HIER, op so hartseer berig is daar steeds mense wat oordeel! Daar is GEEN selfsug aan so ‘n kind se daad nie. As jy nie in haar skoene gestap het verstaan jy nie hoe haar gedagtes gewerk het op daardie presiese oomblik nie. Ek bid baie baie sterkte toe aan al die ouers, familie en vriende – daar is nou ‘n baie moeilike tyd wat voorlê. Ondersteun mekaar en wees lief vir mekaar. Ek bid dat daar mettertyd aanvaarding sal kom. Mag die gemeenskap hul bystaan met arms vol liefde.

Elfie ·

Hierdie familie gaan nou deur absolute hel en dan wil hier sekere kommentators hulle kritiseer! Wat gaan aan met julle? Absolute skande! Hou jul kritiek en beskuldigings asb vir julself.

Charmain ·

Eben ek self is ‘n ma met 2 tieners. Dis partykeer moeilik om te sien as iets fouts is. My kinders wEet hulle kan kom praat. Catelin was ‘n pragtige kind met ‘n baie mooi persoonlikheid. Ek weet want sy was al by my in die huis saam my meisiekind en di res van haar vriendinne. Oor die pa kan ons nie nou oordeel nie. Ons weet nie of hy nalatig was of nie. Mens kan ‘n vuurwapen in die kluis toesluit ma wat as ‘n kind of enige iemand die sleutel in die hande kry al was dit goed weg gesteek. Ons kan nie die pa Nou beskuldig as die saak nie eers ondersoek is nie.

Elfie ·

Dankie Charmain! Die mense wat so vinger wys en oordeel en kritiseer en beskuldig gaan my verstand te bowe, hoe DOEN mens dit? En Maroela laat dit toe. Ander kommentare op ander berigte wat geensins erg is of vuil taal ens bevat word summier verwyder.

Annette Erasmus ·

Daar is net EEn GOD en Hy is almagtig en net Hy weet wat met so n person se lewe aangaan.

Sy liefde en vergifnis is oneindig, wie is ons om te oordeel. Baie sterkte aan die gesin. Die lewe
is nooit weer dieselfde na jou kind sy lewe geneem het nie,Dit vererger elke dag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.