Pta-skolier word vermis

Louis Smit (16) van Pretoria wat sedert 9 Januarie 2016 vermis word

Louis Smit (16) van Pretoria wat sedert 9 Januarie 2016 vermis word

Louis Smit (16), ʼn skolier van Hoërskool Hercules in Pretoria, word sedert 9 Januarie vermis.

“Ons vermoed hy is tans in die Kaap,” het Louis Smit sr., Louis se pa, Saterdag aan Maroela Media gesê. “Ons het ʼn buskaartjie gesien wat aandui dat hy Kaap toe is.

Volgens sy pa het Louis slegs ʼn paar kledingstukke in ʼn sak en sy selfoon by hom.

Louis is verlede week Saterdag omstreeks 10:30 by hul huis in Daspoort gesien.

Hy is 1.75 m lank en weeg ongeveer 85 kg.

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Von Mollendorff by Hercules-polisiestasie te kontak by 012 377 4112 of 082 319 9571.
louis smit vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Annatjie Bezuidenhout ·

Hierdie is nie ‘n rassistiese daad om die “Zuma must fall” plakaat daar te hang nie

DPJ ·

Dis jammer dat ‘n kind besluit om weg te loop. Mag God hom behoed en bewaar teen die bose.
Ouers sal seker weer beskuldig word, waar is “eer jou vader moeder”? Hy is tog Chrustelik groot gemaak.
Ek weet soms mag die omstandighede nie gunstig lyk vir kind lyk nie.
Ons bid dat die Here sy ouers en hom sal bewaar van alle wat boos is en versoenig en vereniging gou sal geskiel. Sterkte vir julle almal.

Karel Sieta ·

DPJ, so jy neem sommer aan hy is christelik grootgemaak , so asof alle mense behalwe moslems christene is ! Nee, man , word wakker , julle raak vinnig ‘n minderheid , kyk maar sondae hoe min nog wil hoor hoe hulle hul lewe moet lei

susan ·

Wie tot die einde toe volhard sal gered word en Jesus se eie woorde in Matt. Gelukkig is hulle wat nie in my begin twyfel nie. Wat kan ek meer sê

Bennie ·

Karel, Christenskap en kerkbywoning is totaal van mekaar verwyder!

Sus ·

Karel as kerktoe gaan van my ‘n Christen sou maak, sou ek seker ook ‘n mororkar word elke keer wanneer ek in my garage instap!

jen ·

Party mense kan darem ‘n storie uit verband uit ruk. Wat van “hoop die kind is veilig en kom vinnig terug huistoe” maar nee nou is die sommer oor karre en christenskap en en….nee rerig hoor

MM ·

Stem saam met jou Jen.
Vir die wat so met die bybel onder die arm loop en vir ander wil preek, dis hulle wat jou toe oe in die rug steek sonder om ‘n oog te knip. Jy het nie nodig om elke Sondag in die kerk te wees om ‘n Christen te wees nie.

Sollie ·

Liewe mense hoekom mekaar nou weer aanval? Elkeen het die reg om kommentaar te lewer op hoe hy/sy ookal die saak sien, solank dit binne Maroela se voorwaardes val. Los mekaar en mekaar se sienings tog uit!

Eliza-beth ·

Kan ek ‘n bietjei ongevraagde raad aan alle ouers van tieners of tieners-van-die-toekoms gee? Sorg dat jy gereeld ‘n paar duidelike foto’s van jou kind neem sodat sou, so iets soos hierbo gebeur, jy onlanges, duidelike foto’s kan verskaf wat soektogte kan vergemaklik. Kry maar nou en dan die selfoon in die hande en kyk wat aangaan – hy/sy hoef nie te weet jy doen dit en kry so bietjie inligting oor wie en wat in sy/haar wêreld is. Baie kinders maak die tipe van ding ‘n mode-gier en besef nie die gevare daarbuite en dink nie voor hul doen nie. En dit kan in die beste families gebeur, betrokke ouers of te nie. Ken jou kinders se vriende! Daar is selfoonmaatskappy wat ‘n tipe “tracker” op ‘n nommer het (dink dis dalk net met kontrakte, nie seker maar dis die moeite werd om uit te vind)en jy kan dus heeltyd weet waar die persoon is wat die selfoon het. Ek hoop dit help iemand. Weereens dankie vir ‘n fantastiese mense soos die Pink Ladies wat so baie doen om mense op te spoor!

Cindy ·

….snaaks hoe almal kamma gaan saamstaan teen regering. Maar saam staan en moed in praat en net sê “sterkte. Ons dink aan julle” is nie eers in ons woordeskat nie. Klip gooi en mekaar slegsê…oeeeee DIT kan ons goed doen.
Hoe kan jy saamstaan as jy ʼn persoon wat jy gladnie ken nie slegsê? Dan moet ons mekaar vertrou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.