Pta-skool gesluit ná oproerige ouers plek vir leerders eis

(Argieffoto: Facebook)

Die Hoërskool Gerrit Maritz in die noorde van Pretoria is Donderdag vir ʼn tweede agtereenvolgende dag gesluit, nadat oproerige ouers na die skool opgeruk het.

Die groep het Woensdag, op die eerste dag van die skooljaar, geëis dat plek beskikbaar gestel word vir hul kinders.

Ouers in Gauteng moes op die provinsiale onderwysdepartement se aanlyn registrasiestelsel aansoek doen om plasing vir graad 1- en graad 8-leerders. Teen Mei verlede jaar was daar reeds 3 096 aansoeke om plasing by dié dubbelmediumhoërskool. Dit is veel meer as wat die skool kan akkommodeer.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê die afvaardiging ouers was Woensdag aanvanklik by Hoërskool Akasia en Hoërskool Pretoria-Noord, waarna hulle na Hoërskool Gerrit Maritz is.

Die skoolhoof het in oorleg met die onderwysdepartement en die skool se beheerliggaam beveel dat die skool gesluit word, nadat veiligheidskommer oor die situasie en die ouers se optrede beduidend toegeneem het.

Die skool was vandag steeds gesluit.

Daar was ook gerugte dat die ouers se optrede polities gedrewe is.

“Die optrede wek groot kommer. Ons lede word in gevaar gestel en dit is onaanvaarbaar dat kinders se onderwysregte so vertrap word,” het Klopper gesê.

Hy sê daar is groot begrip vir ouers wat desperaat is om hul kinders by skole te laat plaas, maar dat die kwessie van plasings nie by die skool self uitgestryk kan word nie. Dit moet op distriksvlak hanteer word.

Die Gautengse Departement van Onderwys het Woensdag gesê hulle het meer as 10 000 laat aansoeke vir plek in skole in dié provinsie ontvang. Dit nadat die departement verlede jaar maande gespook het om al die leerders te plaas wat betyds aansoek gedoen het vir 2020.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het gesê amptenare van die departement is by die skool om met ouers te vergader en ʼn aanvaarbare oplossing vir alle betrokkenes te probeer vind.

Mabona het gesê ouers word egter ten sterkste afgeraai om onderrig in die proses te ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Danie ·

Dit is seker maar wat gebeur wanneer jy jou kind se opleiding is die hoogs onbekwame hande van die regering los. En dit klink ook of daar nog minder logika by die ouers is. Geen skool kan skielik plek maak vir 3000 ekstra kinders nie. Die aansoeke werk ook op die beginsel van eerste daar kry eerste plek (ek hoop regtig dit is so).

Anel ·

So daar is 10000 wat nie betys aansoek gedoen het nie. Sê daar is by elke skool plek vir gemiddeld 250gr1 by laerskool en 250gr 8 by hoërskool, dan kort hulle ten minste 40 skole.
Hoe wil hulle 3000 + by ‘n skool inskryf as die hele skool met al sy grade gemiddeld 1500 kinders kan akkommodeer? Dit is seker.maar die 30% wiskunde slaagsyfer wat dit veroorsaak.
Die beste oplossing is om op te hou kinders maak. My beskeie opinie.

Koos ·

Hoor nou hoe kerm die ou afrikanerkies en dit nadat hulle vir jare lank gedink het mandela is wonderlik en die anc is maar orraait en die awb was mos agterlik ne…

Zirk Pansegrouw ·

@Koos. Meeste van die sg. “afrikanerkies”, is reeds land-uit of besig om hulle self te bekwaam om te kan emmigreer. Die probleem is egter dat die mense wat nie noodwendig die kapitaal of bekwaamhede het of ‘n senior burger is, agter bly. Hulle kry swaar. Ian Smith het altyd gesê dat jy nie minderhede se regte kan beskerm in ‘n meerderheidsbestel nie.

wet ·

Tot vandag toe kan die liberale mense dit nie insien dat die land aan ´n kommunistiese staat in Afrika oorgegee is nie.

Erika ·

Is tyd dat Lesufi liewers begin skole bou vir die land en puttoilette vervang!

Kootjie ·

Nee swaer!! By party mense werk dit baie baie anders!! Me..mi… and I!! Dis waaroor dit gaan!! Ek eerste!! Bogger die res!!!

Thelma ·

Die situasie raak nou desperaat om skole te bou!! Kan mos nie elke jaar so gaan.

Hannetjie ·

Hulle getalle oorweldig en versmoor die res…maak julle maar reg..dit gaan net erger en erger word.

Magda ·

Polities aangedrewe – JA dis n afrikaanse / Engelse skool – Wanneer gaan die Politieke Partye begin om die PUBLIEK VAN SA wat hulle in daai posisies geplaas te dien – soos hulle belowe het voor elke verkiesing. Dit gaan die laaste jare net om n steol te kry en FK die mense wat hulle salarisse betaal – Gaan betoog DAAR en nie by die skole nie. ANC /EFF / DA VF = Dis die mense wat julle moet dien en as dit nie gebeur nie – Begin daar KLA!!

Hans ·

Lur Lesufi en provinsiale onderwys department moet hulle verantwoordelikheid teen die skoliere nakom-bou nuwe skole en lei genoeg onderwysers op.

skurweberg ·

Eerste woord wat ons van die SAOU hoor, in 2020. My vraag is watter begrip toon julle vir ouers wat wel plek gekry het en deur hierdie optrede benadeel word. Ons kan nie meer filosofeer oor die toestande in die land nie. Beskerm julle lede of word deel van Solidariteit.

Arsène Lupin ·

Daar isnie beplanning gedoen nie.
Orals in die Akasia omgewing spring nuwe uitbreidings op – blokke en blokke woonstelle word gebou – maar die regering versuim om skole te bou.

Eddy ·

Probleem is: Ons is oorbevolk! Ons is te veel mense vir die beskikbare hulpbronne het! Almal stroom hierheen.en almal stroom stede toe.en hul bring hul hordes kleintjies saam. Daai kleintjies moet in skole kom so dit plaas enorme druk op ons.Ander ding:Hoe te joos brand jy n skool af?Ek Sien eerlikwaar Geen toekoms Vir die land Nie.Daai hutsmerk” I’m staying”is sommer n foefie!

Elsa ·

EDDY, ek wou nou net vra waar al hierdie kinders se ouerhuis is.
Jare gelede het kinders per bus van Orches na Meisies Hoër gereis. Dis mos nie hul omgewing nie?

Ontploffing ·

Ek het jare in die Noord gebly en met al die huisies wat gebou is – en nog steeds gebou word – was die toenemende verkeer net te veel en het ek getrek. Daar word dosyne nuwe babatjies gebore in daardie nuwe buurtes en hulle moet almal na die skole toe gaan wat al jare bestaan en nie vir die bevolking ontpoffing gebou is nie. Bou meer skole, dis waarvoor julle moet betoog !!!!!!!!!!!

Ryno ·

Lesufi moet weg dat iemand oorvat wat weet wat hy doen … punt

remondo ·

ek dink dat ALMAL wil in dubbel medium skole wees en nie by die skool naaste aan huis nie , as jy al vannaf MEI verlede jaar weet jy moet inskryf waarom wag tot op die dag? Ek self moes seker maak my kind is ingeskryf sodat ek skoolklere en nodige skryfbehoeftes kan koop , magtig man beplan en hou op Demand!!! Nou met die ontwrigting word ander leerders benadeel. As jy te laks was om self seker te maak jou kind is ingeskryf gaan kla by departement. Onderwysers moet ook hulle administratiewe werk klaar kry , met die ontwrigting word hulle werk ook meer gemaak. <<<<<<<<<<<<<<>>>>>>>>>>>>

charmaine ·

Nie alle ouers het toegang tot rekenaars nie, nie alle ouers is tegnologies sterk of geleerd daarin nie, en as dit ouers is wat in plakkerskampe woon hoe en waar dink die Departement moet hulle die aanlyn ding doen.

Pampoen ·

Miskien moet party mans almal vitrioel ingegee word dan sal die ontploffing minder wees en sassa moet ook gestaak word. Skole moet ook minder geplunder en afgebrand word en meer moet gebou word instede van nog winkel sentrums wat meeste van die tyd leeg is

Posduif ·

As dinge so aangaan vermoed ek daar gaan ‘n draaipunt kom waar ouers dalk die tuis-skool-onderig pad moet oorweeg! Ek weet dis nie ‘n maklike pad nie, maar as die omstandighede in die skole so verander dat dit ‘n veiligheids-risiko vir jou en jou kinders word dat die skole gesluit word, gaan daar dalk eersdaag nie ‘n ander keuse wees nie. Miskien tuis-skool met aanlyn klasse vanaf Afriform of Curro se basisse wat reeds ontwikkel is? Wanneer daar moeilikheid is, wat nou blyk goed oppad is, is daar mos altyd geleenthede!!! Daar is ook baie bekwame mense wat tans buite die onderwys-stelsel sit wat ‘n bydrae kan lewer. Trek daardie mense in en laat ons kyk waarmee Mnr Lesufi sit. Volgens hom is daar nie chaos nie. As skole moet begin sluit ter wille van veiligheid, wat is dit? Deel van die leerplan?

Gerrie ·

Almal se BOU en BOU.. Doen n “search” op Maroela Media vir n artikel -Is Suid Afrika oppad na die jaar Nul……… Dalk maak dit party mense se oe oop omtrent die finasieele situasie in die land. Nie eers julle pensioene is meer veilig nie!!!!!!

Pim ·

Die ‘fantastiese’ Lesufi moet begin skole bou. Hy kry elke jaar ‘n begroting vir instandhouding en die bou van nuwe skole en niks gebeur nie. Hy breek liewer wat reeds werk en blameer Afrikaanse skole. Dis makliker as om sy eie Departement in orde te kry. Hy is altyd so vinnig om in die kar te spring as iets dalk rassisties is by ‘n skool, waar was hy die laaste 2 dae. Hoekom gaan praat hy nie met die ouers nie?

Cheryl ·

Hoe het oom Oubaas dit genoem? Dis nou ‘n kakafonie van epidermiese proporsies!

BEKOMMERD ·

Tyd dat Suid Afrikaners meer aktief buite die bed raak. Daar word hopeloos te veel kinders gemaak. Kos, Akkomodasie en skole gaan n problem word.

Peet ·

Om Lesufie en onderwys in een sin te gebruik is ‘n oksimoron – vorder nou na dumbing down 201.

Anoniem ·

#Koos, nie alle Afrikaners het gedink dat Mandela so verskriklik “wonderlik” was nie. Moet nie alle Afrikaners oor dieselfde kam skeer nie,.

Koos B ·

Hierdie is direk lesufie se skuld.Hy en die EFF wil die skole plunder en afbreek.Hy is te onosel om te erken hy was verkeerd met sy dom stelsel en cr is te bang om hom tereg te wys.Miskien is dit wat cr wil he.

Willie ·

Ek stem, te veel in die kooi, en te veel kinders. Dis maklik om skole te kaap, as om te bou… Dis tyd dat ons, ons rug styf maak, en n laer om die skool trek… Die EFF, ANC se skoot hondjie, n les of twee leer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.