Pta-skool rou ná hoof se skietdood

Willie Hendrikz. Foto: Facebook.

Dr. Willie Hendrikz (59), hoof van die Laerskool Theresapark in Pretoria, is Woensdag dood nadat hy homself glo per ongeluk geskiet het.

Willie Bosman, adjunkhoof van die skool, het aan Maroela Media gesê Hendrikz het by die huis aangesterk ná ʼn onlangse oogoperasie. “Sy vrou het vir ons laat weet dat hy besig was om sy handwapen skoon te maak toe ʼn skoot per ongeluk afgevuur en hy noodlottig gewond is,” het Bosman gesê.

Volgens Bosman het die skool die leerders vanoggend van sy dood ingelig. “Ek het eers met die kleintjies [gr. 1 tot 3] gepraat. Hulle kon ook briefies vir dr. Hendrikz skryf en vir hulle onderwyseresse gee. Daarna het ek met die seniors gepraat. Die beheerliggaam het die personeel van die voorval ingelig,” het Bosman gesê.

Volgens hom was daar ook beraders teenwoordig om die kinders en onderwysers by te staan. Die onderwysers is ook opdrag gegee om kinders te identifiseer wat baie getraumatiseerd is deur die gebeure.

“Die hele skool het hande vasgehou, ʼn pastoor het mooi met ons gepraat en ons het ʼn minuut van stilte gehandhaaf en toe die skoollied gesing. Dit was mooi,” het Bosman gesê.

Hendrikz was agt jaar aan die Laerskool Theresapark verbonde en was ook voorsitter van laerskole in die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU).

“Almal is hartseer en ons sal hom baie mis, hy was regtig geliefd,” het Bosman bygevoeg. “Ons dink regtig aan sy familie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Juanita Swart ·

Dr Hendrikz was ‘n wonderlike hoof en mens. Ek het nog nooit in my lewe gesien dat kinders so mal is oor ‘n onderwyser soos oor hom nie. Die nagedagte wat hy laat sal vir lank voortleef. Sterkte aan sy familie.

plaatsie ·

Alle simpatie met agterblywendes

Maar laat ons hier uit leer.

Dit is nou te laat om raad te gee, maar my prosedure was nog atyd dat die magasyn in sit die absolute LAASTE ding is wat jy doen wanneer jy n wapen skoonmaak, selfs nadat jy die sneller vir oulaas trek.

Pckemp ·

Ai dit is hartseer. So baiw mense wat hulle lewens verloor het tydens die skoon maak van n vuurwapen. Sterkte aan die familie en mag die Here sy beskermde hande oor julle hou in die moelike en hartseer tyd

Reet ·

‘n Onderwyser vir my in 1981 – 1983 by Laerskool Marietjie van Niekerk in Bethal , wat diep spore getrap het, hy was nog jong onderwyser wat net begin het en toe reeds sy merk gemaak het, Uitstekende WISKUNDE, BIOLOGIE & WETENSKAP ONNIE !!!. Hy het voortgegaan om diep spore in kinders se lewens te trap …. IMPAK ONNIE vandat hy die beroep begin het tot en met die einde as ‘n SKOOLHOOF …. en hierdie berig was vir my ‘n groot skok – rus in vrede Mnr Hendrikz ….

Anoniem ·

Agge nee ons ken mnr Willie Hendriks al van laerskool derdepoort in East Lynn af. So hartseer ons (my kinders Bertus , Bianca, en Zacharias) wens sy familie sterkte toe en ons hou jul in ons gebede. Mag die Hemelse Vader julle vertroosting gee in die hartseer dag.

Xavier Van Niekerk ·

Ek was in graad 7 toe hy 2010 by Theresapark begin het, hy wou toe ons beter leer ken om te hoor wat ons dink van die skool en hy nooi 6 van ons in vir koffie of tee net om met ons te kuier oor wat ons dink. Dis die tipe optrede is die gedrag wat maak dat ‘n mens opkyk na ‘n onderwyser en hom gaan opsoek jare later. Dis hartseer wanneer mens so iets uitvind en ons gebede gaan uit vir sy familie en vriende.

Xavier Van Niekerk ·

Ek besef nou ek het bedoel 2009. Tyd vlieg so vinnig

Wilma Niehaus ·

Ons innigste simpatie aan die gesin en familie. Dit is so hartseer.

Kleintjie venter ·

Mnr willie hendriksz hoof van laerskool derdepoort het alle ouers en kinders tegemoet gekom my 2 oudste kinders tot laaste was in die skool altyd ouers wat in ons gebied gewoon het tegemoet gekom met skoolgelde ouers wat voogte vir pleegsorg was het hy verstaan hy was n man skool hoof duisend gewees waar hy ons sien het ons soos ou vriende gepraat en gegroet wonderlike dierbare vriend ouer oupa dit wat hy was omgee en liefde atyd welkom om tyd te maak vir jou en jou kinders en te luister sterkte aan sy familie en my en ny familie se innige simpatie hy sal altyd onthou word as die winderlikste mens skool hoof gaan jou mis mnr

Elma ·

Ek was n Ou leerder Terrie Land. Asook n lid van die junior en senior trompoppies.
Hy was van n fantastiese hoof het sy bes gedoen om by elke sport soort n draai te maak..

Sy laaste woorde in 2010 my graad 7 jaar was. Geniet Hoërskool indien nie kom terug na Terrie land net n breë glimlag op sy gesig.

May his soul rest in peace.

bianca ·

dis baie hartseer vir my en n groot skok. mnr Hendricks was my hoof van laerskool derdepoort en hy was n goeie en n liefde volle mense dis n groot seer vir my ek wil net sterkte se aan sy famielie en kinders van die skole waar onderwyser was ek dink aan almal en ek dra julle in mygebede op. bianca bronkhorst

JS ·

Van ‘n menslike perspektief is dit ‘n tragedie. Maar van ‘n veiligheids aspek is dit rou nalatigheid. Vuurwapen veiligheid is maklik en eenvoudig, die uitdaging is om heeltyd en konsekwent die reels te volg: 1.) Hanteer altyd ‘n wapen asof dit gelaai is 2.) Rig nooit ‘n wapen op enigiets wat jy nie bereid is om te vernietig nie 3.) Hou jou vinger vd sneller af totdat jou visiere op teiken is en 4.) Maak seker v jou teiken en waar jou koeel gaan stop.

Andre ·

So hartseer
Ons sal hom mis
Dankie vir sy bydrae in my kind se opvoeding

Scalla ·

Tragiese gebeurtenis, sterkte aan die gesin, spreekwoord is waar wat se die duiwel laai n geweer.

Ina ·

Sulke tragies hartseer nuus. Mnr Hendrikz was n ongelooflike hoof, plat of die aarde mens en sy Jesus liefde vir kinders het uit sy oe gestraal. (Ek en my broers was leerders aan L/S Derdepoort) Self toe ek as onderwys student geproef het onder hom het hy my hartlikheid ontvang. Mense mens. Daar sal nie nog een wees soos hy nie. Weet verseker hy omhels nou al die kinders in die Hemel. Dankie vir al die diep spore in elke kinder hart Mnr. Mag Abba Vader die familie troos en omvou met Sy liefde.

anoniem ·

Hartseer saak. Seker maar genadiger vir die skoolkinders om dit as ‘n fratsongeluk te beskryf. RIP Willie. Sterkte vir die wat agter bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.