Pta-skool se naamsverandering goedgekeur

Hoërskool Hendrik Verwoerd (Foto: Maroela Media)

Die Gautengse departement van onderwys het amptelik die naamsverandering van die Hoërskool Hendrik Verwoerd in die Pretoriase Moot goedgekeur.

Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, het op Twitter bevestig die skool sal voortaan as Rietondale Secondary School bekend staan. “My missie in die lewe is om alles te verander wat dié man Verwoerd aan ons onderwysstelsel aangerig het. Ander name soos Jan Smuts sal ook verwyder word. #NomorHoërskoolHFVerwoerd.”

Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het in Maart 2018 aan Maroela Media gesê daar is ʼn paar name op ʼn kortlys geplaas wat aan die departement van onderwys gestuur is vir goedkeuring. Die skool het sedert 19 Februarie 2018 voorstelle vir ʼn nuwe naam ingevorder en die proses is op 19 Maart 2018 afgesluit.

“Leerlinge, onderwysers, ouers, oudleerlinge en die gemeenskap kon voorstelle vir ʼn nuwe naam vir die skool maak,” het sy in daardie stadium gesê.

Veldsman het benadruk dat die skool en die beheerliggaam verbind is tot die waardes en doelwitte wat deur die onderwysdepartement uiteengesit word. “Die skool het oor baie jare bewys dat ons ten volle toegewyd is om ons gemeenskap te dien in ʼn geïntegreerde en nierassige samelewing. Die belangrikheid van dié transformasie vir ons skool, ons kinders en die gemeenskap as ʼn geheel, kan nie genoeg beklemtoon word nie,” het sy bygevoeg.

Hoërskool Hendrik Verwoerd se beheerliggaam het ʼn verklaring met die voorneme om die skool se naam te verander reeds in Julie 2016 by die onderwysdepartement ingedien. Die onderwysdepartement het die skool se aansoek in Februarie 2017 goedgekeur maar die skoolhoof, Hennie du Toit, het in dieselfde jaar besluit om af te tree.

Volgens Veldsman het die skoolbeheerliggaam besef sy aftrede sou ʼn reuse-impak op die skool en die gemeenskap hê. “Groot veranderinge gaan gewoonlik met ʼn tydperk van onsekerheid gepaard. Vir die skool om ʼn nuwe karakter rondom ʼn nuwe naam te bou sal sterk leierskap van ʼn hoof en die hele skoolbeheerliggaam as ʼn eenheid vereis en daarom was dit vir die beheerliggaam belangrik om eers te wag totdat ʼn nuwe hoof aangestel is,” het sy toe gesê.

Debré Bam, die nuwe skoolhoof, is in Oktober 2017 aangestel en die skool kon daarna met die naamsveranderingsproses voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Hens ·

Net geld mors. Hou op aan gaan oor stupid name. On geag wat die naam is dit bly dieselle skool. Die geld kon gebruik geword het vir soveel beter goed

Eben P ·

Jaaaa ou pantaza ons hoor jou maar Verwoerd was nie so korrup soos jou regering nie Gaan aan ou geote jy sal eendag jou allie ook sien Gee liewer aandag aan al die swak skole wat jy beheer Terloops het almal al boeke gekry

Dries du Toit ·

Dit is reg so. Dr. Verwoerd sou ook nie sy naam aan daai skool gekoppel wou he nie. Noem daai sommer Lesufi se skool

Daniel ·

My ou skool, seker ook nie meer die naam werd deesdae. Toe ons daar was, was dit ‘n goeie skool

Vra maar net ·

Ek wil net weet of Lesufi nou al , al die skole wat uitmekaar val reg gemaak het of gaan die verskoning wees daar is nie geld nie . Daar is geld vir die verandering van name dan ? Kry julle prioriteite reg en gee aandag aan die basiese dinge voordat julle , julle koppe breek oor name .

thelsa ·

My wens is dat Gauteng Department van Onderwys met alles so vining en suksesvol sal wees as wat hulle op naamsveranderinge reaggeer.

TB ·

Wil hulle nie sommer maar Suid Afrika ook n ander naam gee nie aangesien name in skole, lughawes, provinsies, dorpe en hospitale ook verander en dan nog nie eers te praat van die spul straatname wat n mens partykeer nie eers kan uitspreek nie. Als wat aan wit gekoppel is word vernietig.

Avra ·

TB, pas op waarvoor jy wens. Om Suid Afrika se naam te verander is al baie jare op die agenda. (Lank voor 1994)

Diertjie ·

Siestog als wat blank is en was is n bedreiging vir hulle?as jy iets opgevoeter wil he gee dit net vir sekere van ons landsburgers hul weet hoe om op te mors!!!

TTh ·

Dr Verwoerd was die grootste staatsman wat die wereld nog gesien het.

Van Goch ·

Sak Sarel! Selfs in SA was daar groter en baie meer bevoegde staatsmanne as Verwoerd. Sy nalatenskap is allermins universeel (wat jou kommentaar impliseer) behalwe in ‘n negatiewe sin en ons en ons kinders lei nou nog daaronder. Watter soort staatsman doen dit aan die nageslag? Hy was volgens alle standaarde kortsigtig en ras behep met’ n beknelde perspektief wat hierdie liewe land en al sy mense onberekenbare skade the aangedoen het en nog vir ‘n lang ruk sal doen.

Haan ·

Absoluut. Hy wou werklik n beter toekoms vir almal skep deur onafhanklike en kultuur-egte ontwikkeling. Die geldmag kon dít nie laat gly nie, dus is hy vermoor :'(

Bosrot ·

@Saartjie: Ekonomiese groei van 6% en Inflasie van 2% – nog NOOIT onder demokrasie in die wêreld was dit behaal nie. Die grootste staatsman, dalk nie, maar beslis op monetêre ekonomiese vlak een van die bestes!

MJvN ·

Hoekom probeer alles van verlede uitwis… wat van gebruik diw geld en wys vir land julle kan regmaak wat verkeerd is. Nuwe name gaan niks verander, maar n bydrae hier en daar of werklike inset om n beter skool onderrig te skep vir die kinders in die skole sal soveel meer bydrae tot ons land en die siening wat ons tans het vir die regering…

Dell ·

Van Gogh, lees weer wat jy geskryf het. Jy het sopas Lufisi beskryf.

Amanda ·

Mnr Lesufi jy kan soveel skole se name verander as jy wil, dit gaan ons nie keer om onderrig in Afrikaans te ontvang nie. Jy kan ook Mnr Verwoerd sleg maak soos jy wil want was dit ook nie vir hom wat skole en infrstruktuur daar gestel het nie, het jy nie skole gehad wie se name jy kan verander nie en waarna die sogenaamde Engels sprekende kinders so stroom vir goeie skool opleiding. Gebruik eerder daardie geld wat jy nou so mors om meer Engelse skole op te rig en te betaal vir goeie opgeleide Engelse onderwysers.

Koos de Meyer. ·

Wanneer sal hulle ophou om name te verander. Elke keer word daar maar net toe gegee. Swak.

Boerboel ·

Moenie bekommer nie. Ons sal hulle eendag terug verander

Willie ·

Daar is nie pille vir dom mense nie, dis deel van land se geskiedenis

Louis ·

Jan Smuts was n staatsman soos min. Nie een van hierdie korrupte spul ANC drek kan dieselfde se nie.

Gert ·

Ek weet wie van Lesufi en Verwoerd respekteer ek meer, maar nou ja in die nuwe Suid-Afrika gaan jy tronk toe oor sulke dinge.

PJC ·

Hierdie klomp kan name verander soos hulle wil. Wanneer die son môre opkom is hulle nog net wie hulle is ongeag wie hulle wil blameer daarvoor. Niks sal dit ooit verander nie.

Renier ·

Skink ‘n doppie, sit agteroor en geniet die agteruitgang!

Carla Robins ·

Kan iemand vir my sê wat rietodale is, of daar enige betekenis aan is, waarom daar op dit besluit is? En waarom is dit vir panyaza so n stryd om afr as onderrig taal te verwyder, en hy self sê hy kan nie verstaan hoe iemand hom nog wil beywer vir onderrig in afrikaans nie? Besef hy nie jy kry nie n afrikaans sprekende onder nie?

Pieter ·

Hulle bedinges hulself elke keer as hulle Verwoerd en n paar ander se name sien, van banggeit.

Lynette ·

Dis omrede hulle nie instaat is om dieselfde te behaal as wat daardie mense bereik het, dat hulle alles wil uitwis. Die dag as hy tot dieselfde instaat is, mag jy maar sy nek uitspoel, maar voor dan, vee ek my af aan wat hy kwytraak.

Mariana ·

Well done!!! Ek is trots daarop dat die skool ‘n nuwe naam het. Die naam HF Verwoerd gee my nagmerries. Ek is ‘n wit Afrikaanse vrou met verstand. (Oud Parys Inwoner)

En nou? ·

My eks se naam was Mariana – Ek kry nagmerries van Mariana!

Boerboel ·

@Mariana, ek kry nie nagmerries oor die verlede nie, maar beslis oor die hede. Ek glo nie jy het hom geken nie want jy was seker nog nie eers gebore nie.. Was n’ man wat vir sy land baklei het. Het al paar keer gese die mense wil my land vat! Hy het baie vir onderwys beteken.

Anoniem ·

Sy visie om alles te vernietig wat Dr. Verwoerd aan die onderwysstelsel gedoen het.. bedoel Lesufi dat hy nou n sisteem/e wil vernietig wat gewerk het? Tipies

Ben ·

Na my wete is dit nie eers Rietondale nie, maar Villieria of Deernes! Wie help my reg?

Co ·

100% reg! Ek was daar op skool en het ook in die 2 blok grootte voorstad gewoon nl. Deerness. Die skool was gelee in die ander blok.

Waarom dit nie na Deerness of aanliggende voorstede genoem is nie nl. Villeria of Gezina is heelwaarskynlik dat dit Afrikaanse name is! Rietondale wat verder Suid gelee is, is darem nou ‘n lekker soutie naam, goed in die proses van alles te verengels! Siek siele, ook die Olga vroumens, niks beter as die terroris Lefusi met wie ons te doen het nie!

Maar vir my sal dit altyd Hoerskool Hendrik Verwoerd bly!

Bly my kleinkind is die land uit en haar opvoeding sal nie beinvloed word deur mense soos hierbo genoem!

Susan ·

Julle wat nou so negatief praat van ou “strydosse” vergeet hoe lekker het hul geleef agv hulle – ek is so bly my kind is amper klaar met hierdie onderwys stelsel – dit is jammer ek moet dit sê – naamverandering gaan definitief nie dinge beter maak in die land nie – dit neem kos uit ander se monde agv van onnodige verkwisting van geld

Jimmy ·

2@landi: Nou weet jy hoe desperaat jong Afrikaners moet wees om eerder te emigreer. Die beste talent gly. Mense wat kon werk skep sit nou in die buiteland.

Sean ·

Verwoerd en Smuts maak hulle bang Hulle besef nie Verwoerd en Smuts se bloed vloei nog in die are van mense wat al by breekpunt is Die naamveranderings is tydelik Mnr Trump gaan nog vir President Hofmeyr kom kuier sodra hy op Jan Smuts Internasionaal geland het met Airforce 1

Net ek ·

Regtig Sean? Alle blankes kon nie eers vir n Christelike party stem nie…

Piesang ·

Dis goed die naam verander, want dis onmoontlik om dr. Verwoerd met die huidige onderwysgemors en gepeupel te assosieër.

Van Goch ·

Mariana. Akkoord! Hou aan praat! Jy praat names duisende Afrikaansprekendes. ?

Erick ·

Duisende, maar nie miljoene nie. Die meerderheid van ons verstaan en respekteer hom.

Sean ·

Dis so jammer dat alles wat rein en skoon is vernieting moet word Dinge wat reg werk en goed werk vir almal is n knelpunt Hoe kan so iets goedgekeur word

Koekoes ·

Om te transformeer beteken om als wat julle opgebou het weg te gee. Liberales werk nou hard om europa ook te transformeer, sodat die moslems als kan kry en duits uiteindelik verbode sal wees in duitsland.

Manie ·

Hierdie is net n manier om die aandag af telei aan sy volwaardige gebrek aan insig en vermoë om nuwe skole te bou. Hy maak elke keer so as sy departement se gebrekkige vermoë te voorskyn kom dan begin hy n ras storie

Landi ·

Nee. Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied. Maar dis mos doodsonde, so ons kruisig Lesufi eerder.

Landi ·

Nee. Afrikaans en Engelse klasse word aangebied. Maar dis mos doodsonde…

ZAR ·

Hoe diep gaan die tonnel van leuens?
Kyk die dokumentêr the-greateststory-nevertold

nabetragting ·

Nou is die kan wurms letterlik oop. In SA is daar twee werelde wat probeer om mekaar te vind. Die een wereld probeer hulle mislukkings en onvermoe om te regeer toesmeer met eenvoudige aksies soos die verandering van straatname, plekname en skoolname om politiekepunte te verdien. Die ander wereld probeer deur hofsake keer dat hulle lewensruimte en kultuur vernietig word. Waar gaan hierdie aksies of pogings ons uitbring?
Is daar een land in Afrika waar die twee werelde versoen het? Nie waarvan ek weet nie. Zimbabwe en Mosambiek is vir ons ‘n voorbeeld van waar alle pogings misluk het, met hartseer gevolge. Die chaos in Zimbabwe tans, gaan SA baie seer maak.

SA is nie bogenoemde lande nie, sou jy wil reageer, maar die feit is SA is ‘n land wat met eerste wereldse kennis gekonfronteer is, wat nie deur altwee werelde hanteer kan word nie. Dis hoekom die lamde wat genoem is lyk soos hulle lyk. Vir die een groep lei dit tot raserny en vir die ander groep lei dit tot verontwaardiging.

Denise ·

Aaag,kom nou Laxre!
Moet tog nie so byterig en happerig wees nie toe!
Mariana hét ook n reg…al stem jy nie saam

HB ·

Mariana, een van my familielede was destyds n senator in dr Verwoerd se kabinet. Dis vir my een van die grootste skandvlekke op my geskiedenis. En ja, ek is n blanke Afrikaner vrou.

Dries du Toit ·

HB en nou is daardie skandvlek op jou Geskiedenis weg. Nou le jou verwronge toekoms voor jou waar jy juig oor al die vernietiging van die monumente van dorpe en stede wat daardie selfde Verwoerd kabinet en jou familie lid tot stand gebring het. Mooi man ek sou graag wou weet waarvoor staan HB. Hlaudi Babuza ???

jaco ·

Voordat almal nou te kwaad word; onthou tog net die volgende: in die 1960’s is ‘n FM toring in Aucklandpark opgerig. Dis vernoem na die minister van pos- en telekommunikasie, Dr Albert Hertzog. Toe breek Dr Hertzog in 1969 weg vanaf die Nasionale Party en stig die verregse Herstigte Nasionale Party (HNP). ONMIDDELLIK is die toring se naam na Brixtontoring verander. So naamsveranderings wat pas by die politiek van die dag is toe nie net ‘n ANC-ding nie. “Hulle” het dit maar net by “ons” geleer. Die skaal waarop hulle dit doen is net baie groter.

Dries du Toit ·

Dit is so ironies dat dr HF Verwoerd jare gelede voorspel het wat sal gebeur as die mag oorgegee gaan word aan die meerderheid. Hy het gese als wat dierbaar is vir die Afrikaner sal voor die voet verwoes word. Name word verander nie omdat hulle politieke konnektasies het nie maar absoluut uit haat vir die witman. WARMBAD, NYLSTROOM, NABOOMSPRUIT, Ens. Siek man net HB kan daaroor juig

marco polo ·

Hierdie gaan al hoe meer gebeur en die enigste oplossing is dat ons op n plek gaan bly waar ons die meerderheid is en self kan besluit wat ons na wie wil noem. Dit help nie om ons te verknies nie, ons tyd in plekke soos daardie is verby, die meerderheid regeer nou en ons kan maar net die goeie herinneringe hou. Die tyd vir n volkstaat is ryp.

werner ·

Hoeveel nuwe handboeke kon dit betaal het
Hoeveel nuwe klaskamers kon dit betaal het
nuwe poste vir onderwysers ens. Die regering skaaf die planke dan sit hulle met saagsels

Brenda ·

Ja , ons het naby skool gebly en defnitief was my adres nie Rietondale nie….

Leeann ·

Ek was ook n Woerie en het in Jacobs str gebly beslis was dit nie Rietondale gewees nie :-)

Db ·

Al die tannies wat hier hulle monde uitspoel en aan die kader se lippe hang behoort hulle te skaam. Waar is jou trots as blanke dat jy dit in die donker gat van korrupsie, wanopvoeding en nul intellegensie wil hang? Trek die kussing oor julle koppe en bloos dat dit deurslaan na die anderkant toe. Ek skaam my vir julle en o ja, ek is ook ‘n blanke afrikaanse vrou

Anoniem ·

Toemaar Db, hulle is almal deel van die verligte generasie wat wil kommentaar lewer, maar nie weet waaroor dit gaan nie. Hulle sal wel op ‘n dag wakker skrik en nie wakker word nie.

Dina ·

Ja so word alles wat vir jare goed gefunksioneer het stelselmatig afgebreek. Baie hartseer.

EO ·

Daniël, Ek was ook in Hoërskool Hendrik Verwoerd. Wat ‘n goeie skool!! Ek kan rêrig nie insien hoekom moet die naam verander word net soos die straatname nie. As ek die nuwe straatname hoor, weet ek nie eers waar dit is nie. Veral soos diè in die middestad van Pretoria. Praat nie eers van die dorpe se name nie!! Dis net geld mors. Geld kan in ons land beter aangewend word as op naamsveranderings.

Willie ·

Neuk die skool op, en gee dit n ander naam.. Nie een van julle korupte cANCer agente kon of kan Vervoerd se skoene gestaan het nie…

sipho ·

Kom ons kyk na die ekenomiese en sosiale statistieke in die Verwoerd tydperk teenoor nou.
Dankie ANC my vraag is beantwoord.(Spesiale dank aan Mnr. Jacob Zuma).

kolla ·

Swartmense is BAIE beter af. Stemreg, kan gaan en besigheid doen waar hul wil, kry huise en dienste, kry gemeenskaplike toelae, het toegang tot alle opvoedingsinstellings, word oor die algemeen nie soos honde behandel nie, ens.

Kallie ·

“Beter af” is relatief. Dit mag dalk “‘goed” gaan, maar die geld om vir alles te betaal raak op. Terloops, meer as 70% van die jeug is werkloos, meestal swartes. Dit sluit die in met matriek en grade. Meer as 17 miljoen mense leef op die staatalmoese, meestal swartes. Swartes word deur misdadigers uitgemoor in townships. RDP huises val uitmekaar. Swartes moet ure in treine deurbring wat laat is. Dan word van die treine aan die brand gesteek. Dit gaan goed, kolla, sommer baie goed.

Hendrik ·

As die naam eers van hoerskool na secondary verander word dan weet jy transformasie is aan die gang.

MW ·

Net so Foxi. Ons het ‘n westerse kultuur, sal nooit daal tot enige ander vlak nie, laat hulle maar alles verander wat hul wil, het duidelik te veel geld beskikbaar en niks anders om hul mee besig te hou nie!

Antoinette ·

Presies wat het Dr Verwoerd aan die skoolstelsel “aangerig”?

Ore ·

Lesufi =1-0 teen Afrikaans en blankes………………..nog baie kom.

marous ·

Afrikaners behoort aan te dring om die name te verwyder juis omrede daar geen vereenselwiging met hierdie omskepte mishoop van ‘n land en die skandvlekke wat daarmee gepaard gaan kan wees nie .

Foxi ·

Marous, ek stem saam. Ek is nie n huigelaar nie! Maar ek wil nie gekoppel word aan ‘sticker’ van ongeregtigheid en besetenheid nie. Dis reg, hulle kan alles verander. Dis nie ek wat onreg gepleeg het nie, maar ek gaan nie my taal of geloof tersyde stel terwille van ander se beleid nie. Elke ras, taal en geloof kan saamleef en saamwerk in Suid Afrika, maar met n rasgedrewende haat teenoor mekaar sal niks verander nie, al word elke naam verander in Suid Afrika.

Johnny ·

Darem maar erg om te dink dat jou lewens missie is om geskiedkundige name te verwyder….asof dit dinge gaan beter maak? Die ou lewe onder ‘n wanindruk en word boonop betaal daarvoor. Wat ‘n grap. Maar soos hulle sê, wheterver floats your boat!

Elvira ·

Beweeg aan Lesufi, mense soos jy wat verdeeldheid bevorder.

kolla ·

Die skool en gemeenskap het dan self aansoek gedoen dat die naam verander word.

JuJu ·

Gaan dit nou maak dat hulle beter doen op skool, noudat die naam verandeer is? Ek glo nie so nie.

Kaplaks ·

Dink daai rasis dat as die skool se naam verander word dan gaan die slaagsyfer ook verander , en die leerlinge se punte gaan verbeter ? As iets in die geskiedenisboeke geskryf is , kan dit nie uitgevee word nie.

Adri ·

Daardie skool se slaagsyfer is nie so vrot soos julle dink nie. Hulle doen goed. Die naam gaan niks verander nie. Toe hulle voorheen die naam wou verander het baie van die leerders daarteen gestem en ek kan ook byvoeg die meerderheid van die leerders wat dit nie wou gehad het nie was nie wit nie.

Adri ·

Ek is ‘n oud Woerie en my dogter 2 jaar terug daar matriek geskryf. Die skool nog net so puik soos 27 jaar terug. Die naam maak nie die onnies of die leerders nie, hulle is trots ongeag die naam van die skool. Sal altyd trotse Woerie bly!

Chris ·

SIETOG ….SHAME …………….die goue draad van veraaiers en “joiners “loop lekker in die “wit SA’ner ” se bloed , van die boere-oorlog af tot nou …..STEM! ANC !!!!!!

Jeremia ·

Ry soms verby skool wat sover my kennis strek eintlik in Deerness val.
En die skoolnaam moes al jare gelede verander gewees het.
Skoliere word in hierdie omtrek na skole toe aangery met alles wat wiele het. Ek verwag nou al bykans 20 jaar om nog ‘n kruiwa of twee onderweg te sien.
Die plate taxi’s by sommige skole vertel hul eie betalende verhaal.

Kallie ·

Vanaf 2020 mag skoliere tot 30 km pendel om ‘n spesifieke skool by te woon. Waarskynlik sal die skoolfonds/wit ouers moet betaal vir die taxi geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.