Pta-skool toets spelers vir verbode middels

Argieffoto

Argieffoto

Rugbyspelers by die Hoërskool Menlopark in Pretoria gaan gereeld vir verbode middels getoets word, het Beeld berig.

Die skool het by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) aangesluit in ʼn poging om sy leerders te beskerm. “Ons wil ʼn E.G. Jansen-tipe situasie vermy,” het Sylvester Booysen, die skool se kondisioneringsafrigter, gesê.

Hoërskool E.G. Jansen in Boksburg was onlangs in die nuus nadat leerders glo met steroïede in hul besit betrap is.

Nerice Swanepoel het Donderdag Menlopark se leerders toegespreek en hulle gewaarsku teen sportaanvullings. “Die probleem met sulke aanvullings is dat die bedryf nie gereguleer word nie. Die vervaardiger kan dus sê die produk bevat geen verbode middels nie, al is dit wel die geval.”

Sy het gesê dit kan daartoe lei dat ʼn speler vir vier jaar verban kan word om aan sport deel te neem. Swanepoel het gesê die skool kan sy diskresie gebruik om te besluit wie om te toets en dat die speler nie ʼn sê daarin het nie.

Gevaartekens wat op die gebruik van steroïede dui is diep rooi rekmerke aan die lyf, erge puisies op die rug en bors en hoë bloeddruk. Medisyne soos Ritalin en Concerta is ook verban maar wel toelaatbaar om mediese redes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KAG ·

Alle skole moet toetse begin doen. Daar’s grootskaalse steroide gebruik tans en die ergste is dat baie van die kinders se ouers ondersteun dit…. Dis “obvious” as mens na van die seuns kyk dat hulle abnormaal ontwikkel is vir hul ouderdom. So, begin maar toets, daar sal baie positiewe resultate uitkom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.