Chris Denysschen, skoolhoof van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, is in die hospitaal opgeneem nadat hy positief getoets het vir Covid-19.
Boonop is heelwat leerders en onderwysers in afsondering geplaas ná ʼn aantal positiewe gevalle van Covid-19 by dié skool.
“Ons is gedurig in kontak met sy familie en alles gaan onder omstandighede goed,” het Lydia Hartley, adjunkhoof, Vrydag in ’n verklaring gesê.
Sy het verder gesê dat die skool voorkomend optree en verskerpte maatreëls getref het om verdere verspreiding te voorkom. Die skool is nie gesluit nie.
Benewens streng Covid-19-regulasies sal daar minder leerlinge op die perseel toegelaat word en sal personeel ook met aanlyn klasse voortgaan.
Hartley het bevestig dat beperkte sportaktiwiteite sowel as opedae op 20 en 21 April voortgaan, maar dat streng maatreëls sal geld.
Sterkte
Ons skoolkinders kry swaar met die afsondering. Daar is n geneigdheid van hopeloosheid, depressie, verslaendheid.
Die situasies in ons land met korrupsie, swak dienslewering , werkloosheud, plaasmoorde, ens ens raak selfs teveel vir volwassenes, hoeveel te meer vir die jeug en kinders.
Voorblad nuus omdat die skoolhoof van “Waterkloof” hoërskool is. As dit ń minder “gesiene” skool was sou dit nogsteeds nuusblad behaal het?
Baie sterkte en spoedig gesond word.
Dit lyk nie of al die danige voorsorgmaatreël altyd en oral werk nie.
Los die regulasies, oor 2 weke is almal in die skool immuun teen die siekte…boom, done, gaan aan.