
Chris Denysschen, hoof van die Hoërskool Waterkloof, saam met Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en Angie Motshekga, minister van onderwys. Foto: Mariska Nanni
Chris Denysschen, hoof van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, is uit die hospitaal ontslaan en was Vrydag tuis nadat hy bykans twee weke lank vir Covid-19 behandel is.
Annette Grobbelaar, bemarkingsbestuurder by dié skool, sê Denysschen sterk goed aan.
“Dit gaan goed met hom. Hy is tans ʼn bietjie van die lug af en moet nou krag vir die tweede kwartaal bymekaarmaak,” sê Grobbelaar.
“Die familie bedank almal vir hul ondersteuning.”
Maroela Media het vroeër berig dat Denysschen positief vir Covid-19 getoets het en in ʼn hospitaal opgeneem is. Verskeie leerders en onderwysers was ook in afsondering ná ʼn hele aantal Covid-19-gevalle by dié skool.
Na aanleiding hiervan het die skool besluit om sy opedag, wat oorspronklik vir 20 en 21 April geskeduleer was, na Dinsdag 11 Mei en Woensdag 12 Mei te skuif.
Ouers kan besprekings om die skoolterrein te besoek op die skool se webblad doen. Geen van die oorspronklike besprekings word na die nuwe datums oorgedra nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Wonderlike nuus!!!!!
Só dankbaar! Baie sterkte verder.