PTA-skoolmoord: Leerling in hegtenis geneem

boeie 5ʼn Graad 6-skolier is in hegtenis geneem nadat hy Maandag glo ʼn seun by ʼn laerskool in Pretoria met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

“Die Mamelodi-polisie ondersoek ʼn saak van moord ná die voorval by Laerskool Bula Dikgoro,” het kapt. Doniah Mothutsane, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Die seun is in hegtenis geneem en word in ʼn plek van veilige bewaring aangehou,  aangesien hy minderjarig is.”

Die seun sal na verwagting Dinsdag in die Mamelodi-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het tydens skoolure by die skool plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer is op die toneel dood verklaar.” Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

barbare, vroeg ryp vroeg vrot, bring lyfstraf terug in die howe. As jy kan uitdeel moet jy dit kan vat.

SNEL ·

Aarde, mens het nie woorde nie, so jonk en hy maak al dood, hoe gaan hy wees as hy groot is. Kry die ouers wat n kind so onnodig verloor het bitter jammer. Sterkte!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.