Pta-snelweg toe weens betogings

Foto: Via Netstar Traffic / Twitter

ʼn Gedeelte van die R21-snelweg in Pretoria is Donderdagoggend vir verkeer gesluit nadat betogers die pad versper het.

Aanvanklik was die noordelike en suidelike gedeelte van die snelweg naby die Nellmapius-afrit gesluit, maar beamptes kon daarin slaag om die suidelike baan van die snelweg weer vir verkeer oop te stel.

Alle bane van die noordelike gedeelte van die snelweg (in die rigting van Pretoria) was egter nog teen 07:00 tussen die Olifantsfontein- en Nellmapius-afrit vir verkeer gesluit en is omstreeks 08:00 vir verkeer oopgestel. (Lees meer hier) 

Die rede vir die betoging kon nie dadelik bevestig word nie. Op ʼn foto wat van die betogers geneem is, kan ʼn plakkaat met die woorde, “We need land”, egter gesien word.

Die Gautengse polisie is op die toneel en monitor die situasie.

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Jordaan ·

Nou as jy grond nodig het, steek jy jou hande uit jou moue, werk hard en koop dit soos wat die meeste mense dit doen

Johan. H. ·

Hulle ly almal aan die “Wil He” Sindroom. Sal nie eers weet wat om te doen met dit wat hulle so verniet kry

Anel ·

Ek stem saam. Hul breek net af en brand als wat voorkom. Daar is baie goed wat ek ook nodig het maar gaan mors nie ander mense se dag op nie. Ek werk

madaleine martinaglia ·

Nou hoe moeilik kan dit wees om daardie trok te verwyder . dis omdat ons dit verdra dat ons verontrief word

HESTER ·

Jy is doodreg. Ons het dit toegelaat en nou lyk dit die norm te wees. Ons het daai lat gepluk.
As jy dit mos eenkeer toegelaat het dan dink hulle dis reg so. Kyk maar net van die gronnd wat reeds vir hulle gegee is om op te boer. Hoeveel sukses strories is daar. ??? Dit is belaglik

Regtig ·

My goeie magtig man, ons almal wat grond het, het vir ons stukkie grond gewerk, dit is nie verniet vir ons gegee nie!! As julle maar net bietjie minder wil tyres brand EN minder betoog, en meer werk, sal julle elkeen ook ‘n stukkie grond hê!! Hou op om alles te wil brand, en te vernietig!! Kyk maar hoe lyk ons paaie wat julle so brand met julle tyres!

Peet ·

Ek raak nou redelik gvol vir hierdie simpel blokkering van paaie. Die polisie is op die toneel, hoe wonderlik! Geniet hulle die uistappie of doen hulle iets aan die simple idiote wat die pad versper. Nee, sekerlik nie, want onthou die dom betogers het meer regte as die getroue werker wat sy “land” eerlik gekoop het of in die proses is om dit te koop. Sterkte aan die wat nie by hulle werk kan uitkom nie.

Kaspaas ·

Wat wil hulle met die grond maak?
Daarop gaan sit of le en niks doen nie en dan kla dat hulle nie kos het nie?
Hulle gaan seker verwag dat iemand VIR hulle moet boer?

HESTER ·

Ja ja. Onthou dis mos ons skuld dat hulle nie opgelei is of die kennis het om te boer nie. Gaan seker ook nou Apartheid blameer. Ook nou gatvol vir daai verskoning. Dis 23 jaar later en nog steeds bitter min verbetering. More hoor ons seker weer dis ons plig om hulle te “educate” Ons kan ook net soveel doen.!!!

Jp ·

Ja nee kyk. Hulle wil alles net he. Ons moet hard werk vir alles wat ons ‘hê’ . Hulle moet eintlik die ‘Wil hê’ nasie gedoop word.

Johan ·

Ja saam saam met die grond moet daar natuurlik n huis verniet plus elek/ water verniet wees…..want alles absolute alles was deur wit mense gesteel en alle wit mense het alles verniet gekry…..hulle kry nou nog steeds water/ elek verniet…….betaal nie grongbelasting nie…..persoonlike belasting nie……ens ens ens

Charmaine Coetzee ·

Boikot alles ander mense moet by hulle werksplekke uitkom die land is op n ramp en verwoesting dis eintlik baie hartseer

SKim ·

Hoe kan ALMAL land wil he? Daar is 35 000 kommersiele boere daar is 50 miljoen swartes wat land soek .hoe gaan hulle nou almal boere word? Daar is nie genoeg grond vir almal nie, die is niks anders as propaganda en opstokery nie. Erens steek iemand hierdie spulletjie op. Dit is mense wat nooit voorheen oor land gestaak het nie, nou blokkeer hulle hoofwee en die ERGSTE is die polisie het GEEN beheer oor die situasie nie .. Wittes wat vandag plase besit het dit GEKOOP< so gaan KOOP vir jou 'n stukkie grond as jy een wil he, jy kry NIKS vir NIKS!! Dis so belaglik, dat ons as belastingbetalers onder hierdie barbaarse protesoptogte gebuk moet gaan!!

Jaco ·

Die ou stukkie grond wat ek nog gekoop het met my huis op, werk ek myself half dood voor, ek het nie gaan tires brand en toit toit vir iets in die lewe nie, en ek is n 35 jarige wit man wat maar my eie werk moes skep want toe ek klaar geswot het in my twintigs was daar vir my telke male gese dat my velkleur ongelukkig nie reg is nie…so wat is hul verskoning?

snoefie ·

die huis is joune Jaco, maar die grond waarop jou huis staan behoort aan “die mense”. ek wonder hoekom nie aan die San wat deur “die mense” verdryf was nie.

Tamed ·

Ek wil ook hê…. Ñ huisie by die see, ñ afslaandak mustang, oorsese vakansies, ñ vet bank rekening. Joh, die lys van wat ek wil hê hou net aan en aan. Maar ons kan seker nie almal steel, ek bedoel “kry” wat ons wil hê nie.

dolphin ·

my hel kan dit nie glo nie nou wil dit op highway nog erger maak as die mense so laat by die werk.suid afrikaanse moet opstaan vir die land om te veg.

Johan ·

Daar is beginsels wat nié gaan regkom nie. Hulle gebruik derde wêreldse metodes maar wetstoepassers moet eerstewêreldse metodes gebruik om orde te handhaaf, anders is dit weer Marikana! En dis die probleem.

Willem ·

Gee vir hulle die grond net dat hulle als ten gronde kan laat gaan. Hoeveel uiters suksesvolle plase is gegee en wat is vdag oor …..niks!
Gee gee gee regering laat ons pragtige land nog verder sy gat sien sonder n spieel.

Wayne ·

Polisie monitor die situasie?????? Hoekom vat die polisie hulle nie weg nie sodat hardwerkende mense by hulle werk kan uitkom om die land se sukkelende ekonomie te probeer red nie. dit sal nie sommer in ander lande gebeur nie. In die land kan betogers maak net wat hulle wil en die wêreld moeilik maak vir onskuldige mense.

Danie Rossouw ·

En as hy klaar die grond verniet gekry het sal hy ook nie “rates & taxes” wil betaal nie, want dis mos sy reg om vir NIKS te betaal. Dit wat hy nodig het sal hy steel.

Justice ·

Solank as wat die ANC reken dat geweldadige stakings `n persoon se demokratiese reg is sal daar ekonomiese agteruitgang wees.

John ·

Waarom word die pad gesluit? Verwyder die wetsoortreders want wie is dit wat die wet oortree in die geval? Aksie is nodig aan die kant van die polisie. Nou moet wetsgehoorsame burgers swig voor die giere van balhoriges. Deesdae is die polisie skynbaar bloot ‘n ambulandiens wat kyk dat molesmakers hulself nie beseer met klippe en petrolbomme nie…

Francis ·

EN, as jy die grond kry, wat maak jy daarmee??? Plak en niks anders nie….. Werk vir jou eie grond en plant bome en groete en dan kom koop ons dit by jou. Dan het jy ook meer geld. Betaal jou “tax” vir jou grond en water soos almal in Suid-Afrika. As jy dit doen, sal ons help dat jy nog grond in die hande kry……Net een versoek, moenie jou karton bord brand wat jy in jou hande het nie, jy gaan dit weer moet gebruik…

Bopale ya mpya ·

Ek het nou.net n blink gedagte gekry om ook oor te betoog. Hoe klink die volgende

“#DEMONSTRATIONS MUST FALL”

Leonie ·

Gelukkig was als opgeklaar toe ons so net na 6:30 daar verby is. Hulle moet na Government se kantore toe gaan en hulle demands vir hulle gee. Nou ontwrig hulle ons verkeer en almal kom laat vir werk. Asof ons vir hulle kan grond gee.

sioux ·

wat is volgende! eers die land dan skree, dans sing en vandaliseer vir trekkers ploëe en planters, dan die daggasaad wat hulle kits miljoenêrs gaan maak, dan gaan hulle besef daardie dagga moet geplant en skoongehou word. aan gesien die vroue die land wil bestuur sal hulle nie meer op die lande wil werk nie. dan gaan hulle natuurlik dans en huil vir n boertjie om die werk te kom doen. LAAT HULLE KOOP WAT HULLE WIL HÊ. NES DIE RES VAN DIE WÊRELD!!!!!!!

Sê maar net ·

Ja man, verwyder die trok…hoekom verduur ons dit????

Charles ·

Hullel wil net vewoestng he, dan is hulle n bietjie gelukkig.

Donovan ·

Ek ry vanoggend en luister na die toespraak van ons liewe nuwe minister van finansies op radio waar hy radikale transformasie voorstel… wel as ek na die mense in die verleer om my kyk weet ek nie hoeveel transformasie kan nog plaasvind nie… ek dink die manne moet ophou om transformasie te preek en begin om werkskepping te doen en om die massas in die needersettings opgely te kry en ophou om nonsens in die heug se koppe te prop oor hoe sleg kolonisasie is… hoe sleg witmense ens.

Antoinette de Greeff ·

Oor jare heen geld die mentaliteit van ‘we must be given’ nog steeds.

Ai ai ai ·

Ek is n afrikaner jong man in my laat twintigs wat arm groot geword het en ek het n pragtige stuk grond so jaar terug gekoop en ek het baie vroeg al baie hard gewerk daarvoor en het nog nooit iets verniet gekry nie. Ek kon nie studeer nie, omdat my ouers nie die geld gehad het nie en nooit was ek kwaad vir enige iemand daarvoor nie. Ek bid baie, amper omtrent die heeltyd leer baie, ook amper die heeltyd ek het nog nooit op n oneerlike manier my geld gemaak nie. Ek het jonk getrou en het nog nie kinders nie, maar daar is n groot ironie… Ek kry nie n salaris nie. Ek het my ontrek uit n korrupte samelewing uit waar daar vir my ook gesê was ek is te wit. Ek is nie afhanklik van winkels nie, ek plant self, my vleis slag ek self, my melk en heining is verniet, ek doen alles self. Ek het genoeg geld al baie vroeg gemaak deur initiatief en harde werk en ook baie verbeelding. Medies ens. betaal ek met n gedeelte van my rente van beleggings wat ek kon maak. Niks ge erf of verniet gekry nie, niks gebrand of nêrens n pad geblok of iewers winkels geplunder nie. Baie vroeg geleer wat baie suksesvolle mans eers leer in hul vyftigs. Dit gaan oor beginsels. As jy my grond wil vat, weet maar met ek kan goed skiet en ek is een van God se seuns!

Theresa ·

Mooi voorbeeld van wyse entrepeneurskap – hou so aan – trots op jou.

Werner ·

Min jong seuns doen wat jy doen. Hul wil nie onder begin nie. Ek het nie kinders nie, maar sou darem graag n seun soos jy wou gehad het. Doen so voort.

Magda ·

Wat ek nie verstaan is… dit is n onwettige betoging , verduidelik waarom kan die SAPD nie net doodeenvoudig ingaan en die voertuie skut of wegsleep nie? As ek onwettig betoog word ek toe gesluit.

zoom zoom ·

Hoekom breek hulle nie eerder die etoll olifante af nie. Kan daren geld kry vir die staal en koper

Uvonka ·

Plaas hulle Nkandla se kant toe beweeg en daar vir hulle grond eien. Betoog oor als wat hulle verniet wil he maar sien nie enigeiemand vra vir werk nie.!!!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ai ai ai, ek salueer jou. Meeste van ons se simpatie het opgedroog vir die “arme” arm mense. Mense is arm omdat hul arm wil wees want meeste van hulle WIL NIE werk nie. En as jy oudword en afhanklik word van ‘n staatspensioen wonder ek of jy ooit gewerk en bygedra het tot enige pensioenfonds, of nog ERGER: het jy ooit gewerk en belasting betaal? Ons almal het met niks begin nie en moes baie opoffer en sonder luukshede gaan om ‘n ietsie te kan spaar. En natuurlik! Twee of miskien drie kinders is genoeg en nie onbeheersd aangeteel nie.

PieAndCoke ·

Vandag eet ek my kos soos ek verby enige bedelaar ry. Te sleg vir werk, te sleg vir my geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.