Pta-sokkerwedstryd eindig dodelik

Argieffoto

Argieffoto

Minstens twee mense is dood en talle beseer nadat twee groepe Sondag gewelddadig geraak het by ʼn sokkerwedstryd in die ooste van Pretoria.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 15:30 in die informele nedersetting Plastic View langs Moreletapark plaasgevind.

“ʼn Groep Basotho-inwoners is deur ʼn groep Zimbabwiërs aangeval terwyl daar ʼn sokkerwedstryd aan die gang was. Die Basotho-inwoners het teruggeveg en die aanvallers uit die nedersetting verdryf,” het Weilbach gesê.

Polisiebeamptes van die Tshwane- sentrale streek asook openbareorde-polisie is na die toneel ontbied.

“Sover vasgestel kan word, is daar minstens nege mense wat tydens die gewelddadige kragmeting beseer is. ʼn Man, in sy 20’s, is in die hospitaal dood en een persoon se liggaam is later die aand in die nedersetting gevind.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die Basotho-inwoners is vir steek- en erge snywonde behandel. Botha het gesê van die inwoners was met stokke en pangas gewapen en het die nooddienste verdere toegang tot die nedersetting geweier.

Weilbach het gesê die situasie was teen die aand in bedwang. Die polisie is op die toneel om die situasie te monitor en die omliggende woonbuurte is veilig. “Gemeenskapsleiers van albei nasionaliteite is in gesprek met mekaar.”

Die Garsfontein-polisie ondersoek sake van moord en openbare geweld. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Bang ·

Hierdie barbaarse dade hetb200m van ons huis af gebeur! Gaan die stadsraad steeds sê hulle het die reg om hier te bly! Freaken scary as n spul dronk mans voor jou huis buite beheer raak! Hoewel ons in n estate bly, is ons op die grens! Vir die eerste keer in my lewe met my pistool onder my kopkussing geslaap! Klomp illegals kom baklei op ons (wetsgehoorsame, belasting betalers) voorstoep en die stadsraad vee hul gatte af aan ons pleidooie!
Dis net nie reg nie!

Johan ·

Nie die stadsraad se skuld,elke keer wanneer hulle wil skuif blokkeer Tshwelopele org,NG kerk moreleta en Lawyers for human rights hulle…..

Grap ·

Die Ng kerk Moreletapark en sy gemeentelede moet verantwoordelikheid aanvaar dit is hulle wat die Metro verhoed om die plakkers te verskuif deur die proses met hofsake te keer

Karma ·

Transformasie …. of eerder: hond vreet hond! Wag maar mense, burgeroorlog is SA se voorland – en dit gaan nie wit teen swart, swart teen wit, kleurling teen Indiër of so wees nie. Onthou die Difaqane …. hulle het mekaar byna uitgemoor!!!

Theresa ·

‘n Skande dat hierdie mense daar bly. Word vertroetel en sal sekerlik dink dis hul reg en voorreg om so op te tree want almal ag shame die heeltyd. Dis al jare dat ons vra dat hierdie mense moet weg uit die omgewing. Die besoedeling, geraas en misdaad wat hul saam met hul daar kom plak het, is uiters onaanvaarbaar. Glad nie welkom nie. Moor en breek in en wie weet wat nog in ‘n area waar ons duur betaal om te bly. Daar is nie meer regverdigheid of geregtigheid wat dit aanbetref nie en dis tyd dat die belastingbetaler sy stem dikmaak.

Connie ·

Hulle kan nie mekaar klaar kom nie, nou wil hulle he ons moet saam nesskop? Ghmf wat ‘n cheek.

Ekwilibrium ·

Sjoooo… Die Basoetoes en Matabeles is wéér in mekaar se hare, net soos tydens die Difaqane amper 200 jaar gelede! Die geweld het seker ook soortgelyk gelyk toentertyd. Maar nee, geweld in Afrika is mos óns skuld…

Karma ·

Nee, Asjas, Ekwilibrium het dit reg – die Difaqane/Mfecane het geduur vanaf so ± 1815 tot ± 1840. ‘n Verskeidenheid Suider-Afrika inheemse stamme (aangevuur die Mzilikazi se oorheersende optrede en oorname van mindere stamme in die Zulu-ryk) het teen mekaar begin opstaan en veg vir grond, gebiedsreg, selfs die vegtendes se vroue en kinders, hul statte e.d.m. Ek sê weer: ‘watch out’ vir ‘n tweede Difaqane/Mfecane!!! Hond eet hond!!!

Nic Grobler ·

Karma, ek dink Asjas se tong-in-die-kies is na aanleiding van die ANC parlementslid wat Vrydag in haar toespraak gese het Van Riebeek het 2000 jaar gelede in die Kaap aangekom en begin “grond steel.”

Johan ·

Plastic view is mos die projekkie van NG Morelettapark,Tshwelopele organisasie!Hulle steur hulle min aan die wetsgehoorsame belastingbetalers wat in die omliggende van die helhool bly!
Vraag,hoeveel inwoners van Plastic View is wettig in die land?Absolute nag om naby die plek te bly,konstante harde musiek,inbrake,rook,inwoners wat nr 2’s in openbaar doen….so gaan dit aan!

Michelle Roos ·

Destyds toe die eerste plakkers huisie daar opgeduik het, het ek ‘n probleme voorspel. Maar toe het die Moreletta Park NG kerk het hulle mos gevoer, so hoekom sal hulle weggaan. Hulle raak net meer en meer.

thelsa ·

Johan ek vermoed jou feite is nie heeltemal korrek nie. Plastic View is en was nog nooit ‘n projek van NG Moreletapark nie. Laasgenoemde het nog nooit enige herplasing van die plakkers teengestaan nie. Lawyers for Human Rights het hulle nog elke verteenwoordig en die verskuiwing teengestaan/beveg. Die teenwoordigheid van die inwoners in Plastic View is vir kerk net so ‘n kopseer as die inwoners agv die veiligheidsaspekte.

Johan ·

Jy gaan my baie moeilik my,en talle in die ooste se persepsie verander met jou standpunt…

Grap ·

These,Johan is reg Ng Moreleta park moet die blaam hiervoor aanvaar en die gemeentelede wat hulle finansieel ondersteun om die plakkers te voed en by te staan met regsgedinge teen die Metro pleks ondersteun hulle solidariteit en Afriforum.

Paplepel ·

Wag vir dit… Binne die volgende 24-48 uur gaan een van die kaders weer apartheid blameer.

Petronell ·

Skandelik om te sien vir hoeveel uitlanders ons belastingbetalers moet sorg

Flintstone ·

Wat het daardie regter noudiedag kwytgeraak oor kultuur?En hulle wil haar WAT vertel?

Lance ·

Dankie dis presies wat ek verwag met die huidige stand van sake …dis n gemors !!

hans ·

Volgens media berigte n rukkie gelede is daar n skool vir die kinders woonagtig op die NGK Morelettapark se perseel bedryf. Geen plakker sal trek as sulke geriewe op hul voordeur is.

Oosie ·

Hans,

Ek stem 100% saam. wat my kwaad maak is dat daar van ons “skole” gevra word om te help met klere en speelgoed. Ek weet dit is nie die kind se skuld dat hy/sy daar beland het nie MAAR soos jy se; hulle sal nie skuif as daar vir hulle kinders gesorg word nie. Ek wil graag weet hoe slaap daai kinders, want myne kan soms nie slaap met die geraas nie, dus gaan my kinders en selfs ek, moeg die volgende dag in. Dan ook, hoe “veilig” is dit as mense nie eers daar kan in nie? Ek weet van vorige pogings wat nie suksesvol was nie????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.