PTA-spogskool van segregasie beskuldig

Curro Roodeplaat. Foto: Curro.co.za

Curro Roodeplaat. Foto: Curro.co.za

ʼn Privaatskool in Pretoria word daarvan beskuldig dat klasse aan leerlinge toegeken word op grond van hul ras, het Eyewitness News Donderdag berig.

Byna 30 ouers by die skool het na bewering ʼn petisie onderteken om ʼn verduideliking te eis van die Curro Roodeplaat Privaatskool in Pretoria. Die ouers dring daarop aan dat die skool in ooreenstemming met die land se Grondwet optree.

André Pollard, streeksbestuurder van Curro Holdings, het ontken dat die skool leerlinge skei op grond van hul ras. “Dit is nie omdat ons die wittes wil skei nie, dit gaan oor vriendskappe. Kinders kan vriende maak met kinders van hul kultuur,” het hy aan die uitsaaier gesê.

Ouers wou glo weet hoekom sommige klasse net uit swart kinders bestaan, terwyl die wit leerlinge bymekaar gehou word.

Pollard het gesê die aantal wit leerlinge by die skool was baie min en daarom probeer die skool om hulle saam te plaas.

“Sodra daar 12 of meer wit leerlinge is, word hulle verdeel en gelykop in ander klasse geplaas,” het Pollard verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

zahn ·

En as ons wil aansoek doen om te studeer, selfs by Stellenbosch, word ons kinders ook uitgegooi op grond van ras. Wat is die verskil? Sodra blankes iets saam wil doen, is dit rassisme. Maar as die swartes iets wil saam doen, is dit kaltjah.

Knersus ·

Ek sukkel om te glo dat mense segregasie in alles sal wil soek!! Alle enkel medium skole (lees AFRIKAANS) bars flink uit hulle nate omdat daar nog waardes en disipline is – selfs swart ouers wat nie privaat onderrig kan bekostig nie. En kinders word in kultuur verband gegroepeer omdat dit sinergisties is – ons wil mos nie ‘n Jihaad ontketen in Gr 4 nie!

SUE DICKS ·

Iewers is daar n groot misverstand twee van my kleinkinders is by Curro
daardie kinders is almal die welopgevoedse oordentlikste kinders uit baie goeie ouer huise
maak nie saak watter ras of kleur nie. Inteendeel is my kleinkind bevriend met n swart leerling
en het hulle die grootste respek vir mekaar
maak seker van julle feite

Louis van Wyk ·

Dit gaan nie oor n misverstand nie, maar oor onkunde van die wat beskuldig. Lig hulle asb in hoe suksesvolle skole moet werk. Groepering van leerlinge in taalverband noem ‘n mens paralelle medium. Hulle verstaan nie hierdie begrip nie!! ‘n Hofsaak kan die boodskap oordra.

Lana Smit ·

Ag hou op om julle besig te hou met twak uit pure verveeldheid en kry n stokperdjie! Hierdie is ouers wat met die brood onder die arm loop en kla. My kinders is in hierdie spesifieke skool en was al in heelwat skole. Dis die 1ste skool waar hulle eintlik bevriend is met kinders van ander rasse.

Lana Smit ·

Hulle is ALMAL opgevoede kinders wat mekaar respekteer. Elke graad het net 2 klasse. N engelse klas en n afrikaanse klas. Nou common logic sê vir my die afrikaanse klas het meer wit kinders en die engelse klas meer swart kinders. Jou kind se opvoedingstaal is jou eie keuse. So wats die probleem? Can’t make up your mind? ? Eish…

jack ·

Stem saam. Ek kom goed oor die weg met alle rasse wanneer ons saam in die kantoor werk, maar wanneer ek ontspan en kuier doen ek dit in my taal.

Lana Smit ·

My seun is in n staatskool. N annonieme hoerskool ook in Pretoria. Hulle skryf toetse en word volgens prestasie ingedeelin 6 verskillende klasse . Moet ek daaroor gaan kla? Nee. Want daars n goeie rede daarvoor . Dis meer gefokusde onderrig. En dis TOG wat ons soek dan nie? ?

Leon Zeelie ·

Jack……Dis 100% korrek….Vryheid van keuse…..moet nie se wat ek moet doen nie…..Dis my Reg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.