Pta-spogskool weer midde ʼn rasseherrie

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gaan Donderdagmiddag ʼn besoek aan Curro Roodeplaat Privaatskool in Kameeldrift, noord van Pretoria, aflê nadat nuwe aantygings van rassesegregasie by die skool aan die lig gekom het.

Dit volg nadat DJ Minty, ʼn radio-omroeper, ʼn video op Facebook gelaai het wat wys hoe groepe kinders, skynbaar volgens ras geskei, uit twee skoolbusse klim. Volgens Minty het haar vriend die video geneem toe sy dogter na ʼn skoolkamp toe gegaan het.

Maroela Media is in ʼn besit van ʼn omsendbrief wat John Bissett, uitvoerende hoof van Curro Roodeplaat, aan ouers gestuur het waarin hy sê die gevolgtrekking dat rassesegregasie toegepas is, is vals.

Hy het gesê die video is op 3 Junie van ʼn groep graad R-leerders geneem tydens ʼn uitstappie na Setshaba Safari’s.

“Leerders is in twee busse, ʼn 65-sitplekbus en ʼn 30-sitplekbus, vervoer,” het hy in die omsendbrief gesê. “Leerders van drie Engelssprekende klasse, bestaande uit 17, 17 en 18 leerders, is in die groot bus vervoer en twee Afrikaanssprekende klasse, bestaande uit 13 en 11 kinders, is in die kleiner bus vervoer.”

Bissett verduidelik dat Curro Roodeplaat ʼn dubbelmediumskool is en dat dit leerders se keuse is om onderrig in Afrikaans of Engels te ontvang. “Daarom sal klaskamers waar in Afrikaans onderrig word oorweldigend vol wit leerders wees en klaskamers waar in Engels onderrig word, meer swart kinders bevat.”

Hy het gevolglik rassesegregasie ontken en gesê die skeiding word nie op ras gegrond nie, maar op taalvoorkeur.

Phumla Sekhonyane, Lesufi se woordvoerder, het gesê die aantygings word in ’n ernstige lig beskou en daarom gaan die LUR dit ondersoek.

Die skool is vroeër vanjaar ook daarvan beskuldig dat leerders aan klasse toegeken word op grond van ras.

Byna 30 ouers by die skool het ʼn petisie onderteken en aangedring dat die skool in ooreenstemming met die land se Grondwet optree.

André Pollard, streeksbestuurder van Curro Holdings, het ontken dat die skool leerders skei op grond van ras en het gesê dit is gedoen weens “vriendskappe” omdat kinders makliker vriende maak met kinders van hul kultuur.

Die Gautengse departement van onderwys het ná ʼn ondersoek in Mei bevind daar was wel rassesegregasie by die skool.

“Die ondersoek het die bewerings van rassesegregasie bevestig. Dit is bevestig deur Curro se bestuur en die lede erken dit was die resultaat van druk deur sekere wit ouers,” het Lesufi destyds gesê.

Volgens Lesufi het die skool erken dat dit verkeerd was om segregasie toe te pas en wel vinnig opgetree om leerders van minderheidsrasgroepe by die drie Engelse graad R-klasse in te deel. Die departement het voorgestel dat die skool se bestuur en onderwysers jaarliks opleiding in diversiteit ontvang.

[wpvideo MHIUYqGt]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jacomien du Bruyn ·

Die kindergesiggies straal en is vrolik. Volwassenes wat wat onmin saai is ongelukkig in hulle self

M ·

Dit is presies wat ek sien Jacomien. Ek kan niks agterkom in die video (geen klank) wat verkeerd gaan nie. Wanneer gaan mense besef. As jy maatjies is, is jy in ‘n groep. Of jy nou wit of swart is – jy gaan eerder maatjies wees met iemand wat dieselfde taal as jy praat, tensy jy in die minderheid is. Dit werk so tot in die grootmens wêreld. Kyk maar na werksfunksie. Almal gesels en meng, maar kyk wie sit bymekaar. Dit is ‘n kultuur ding – Nie ‘n rassistiese ding nie. Kom oor dit!! Hou op moeilikheid maak waar daar nie is nie.

Vic ·

Het die omroeper toestemming verkry van al die kinders se ouers verkry voordat hierdie op facebook geplaas is? Is hierdie kinders se privaatheid geskend?

Johan 2 ·

Ek hoop hul gaan die omroeper aanvat daaroor. Ras word altyd misbruik om Afrikaners by te kom, en dit nog n minderheids groep daarby!

MARTIN ·

Wat is fout? Ek sien ‘n klompie opgewonde gelukkige kindertjies saam met hulle onderwysers.

Jana ·

Toe ek geswot het so paar jaar terug kon ek ook kies of ek in Afrikaans of Engels wou swot. Die natuurlike keuse was Afrikaans. En ook, soos die skool, was die oorhoofse meerderheid Afrikaanse studente blank en Engelse studente swart, indier of chinese. Ek kan dus 100% insien hoekom die groepe so ingedeel was.

anne ·

Daar sal altyd ‘n ras probleem wees as daar een gesoek word.

Rika ·

Ek wens net mense wil or hulself kom. Wat is fout met afr kindertjies in n bus n engelse kindertjies in die Andre bus? HOEKOM Moët raw ALTYD oral n rol speel? HOEKOM Moët ons ok gedwing word om te meng? Maggies mens wil tog eerder saam jou eie mense Wes!!!!!!!

CHRISTA ·

Ek wil net weet waarom word BEE en AA nie ook as rassisties beskou nie?

Johan 2 ·

Dankie Christa dis dan ook rasklassifikasie..en wie is in elkgeval bevoeg om my ras te bepaal? Ek wonder altyd as daai skerminkels by die werk opdaag hoe weet hul wat ek is en wiet hom geleer om my te klas.

Chris van Rensburg ·

Die engelssprekende leerlinge (swart en die meerderheid soos ons land se rassesamestelling) ry in die groot bus en die afrikaanse leerljnge (blank en in die minderheid soos ons land se rassesamestelling)ry in die klein bussie.Ons land se politieke leiers en staatsinstellings doen presies dieselfde.Engels en swart kry oral voorkeur (AA,BBBEE ens,)en kry die beste poste en ry die grootste voertuie Afrikaans en blank kry geen of byna geen poste of universteitstoelating nie.Hierdie by CURRA weerspieel maar net wat oral in ons land gebeur.Voordat daar nie met BBBEE, AA weggedoen word nie kan daar geen kritiek van owerheid se kant af uitgespreek word nie.

Andria ·

wat is die klaer se probleem? Het hy n chip op sy skouer, is hy afgunstig? Curo is n fantastiese skool en hy probeer net onmin saai. Mense wat sulke twak skryf behoort aangekla te word vir naamskending. Curo leerders vaar bogemiddeld op skool en 65% is swart. Die ander 35% is gesamentllik wit bruin en indier.

Ant ·

Stem saam met Vic. Die ouers van hierdie kinders moet saam staan en die person wat hierdie afgeneem het sonder toestemming en die person wat dit op ‘n publieke netwerk geplaas het sonder toestemming moet gedagvaar word. Doen die moeite vir julle kinders se toekoms, want die swart oorweldiging is besig om julle skool stukkie vir stukkie oor te vat. Staan op of aanvaar julle toekoms.

Retha ·

Ek stem. Dis die grootste rassis wat nou wil stook oor eenvoudige goed. Hy is ‘n groter rassis as almal in die skool. Jy mag mos nie enige fotos of videos van kinders op openbare media plaas nie, maar mnr hoof rassis sal hulle seker verdedig. Klomp onnosel goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.