Pta-straatnaamtwis draai in grondwethof

Argieffoto

Argieffoto

Die saak tussen AfriForum en die Tshwane-metroraad rakende die verandering van Pretoria se straatname word Donderdag in die konstitusionele hof aangehoor.

AfriForum het op 19 April 2013 ’n tussentydse hofbevel gekry wat bepaal dat Pretoria se ou straatname binne 60 dae teruggesit moes word, hangende ’n hersieningsaksie wat die burgerregte-organisasie in 2012 gebring het om die metroraad se besluit om 29 Pretoria-straatname te verander tersyde te stel.

Die metroraad het sedert 2013 teen die saak geappelleer en die appèl is uiteindelik gedurende Mei 2015 voor ʼn volbank regters in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Die regters het ten gunste van AfriForum bevind en beveel dat die raad die ou straatname saam met die nuwes moet behou, hangende die afhandeling van die hersieningsaksie deur AfriForum.

Die metroraad het ná dié saak verder misluk in sy aansoek om spesiale verlof na die appèlhof, waarna hy die konstitusionele hof genader het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mike ·

En so bly Tshwane die betalende inwoners se geld mors in die Hof!

Johann ·

Jip jip jip…massas ” regsgelde” om “reg” te laat geskied? Rerig???????

Meraai ·

Dis sake soos dié wat n totale pot snot is, dat die konstitusionele hof nie by sy regte werk uitkom nie! Ek wag al NEGE maande net om n datum vir die konstitusionele hof te kry. Afriforum moet hom bepaal hy ernstige sake en ophou om ander mense se regte tot n regverdige verhoor, te verongeluk! Wat de hel maak die namensaak as mense doodgaan van honger!! Kry jul prioriteite reg!

Boela ·

Meraai, dis by die Metro waar prioriteite skeefgetrek word – hulle rek die regsproses onnodig uit.

Stormrider ·

Jammer oor my vorige onsensitiewe kommentaar Meraai. Ek neem aan dat jy ‘n baie eerbare saak aan die hof wil voorle. Afriforum doen ongelooflike werk om te veg vir die behoud van ons taal en kultuur belang, tog kan hulle nie verantwoordelik gehou word vir die konstitusionele hof se hof-rol nie. Sterkte met jou saak.

Madame Meraai.. ·

Ag siestog meraai…alles draai toe nie om jou nie Madame… So sorry Madame …

Jaco Grobler ·

Ek bly in Pretoria en ondersteun Afriforum, en betaal dus twee partye om in die hof teen mekaar te balkei. Eish…

Koos ·

Dankie Afriforum dat julle wal gooi teen die magsbehepte Sputla en sy rassistiese trawante wat net ingestel is om die Afrikaanssprekende se geskiedenis en kultuur te vernietig ek dra graag by om te help.

Petro ·

Veg voort Afriforum ek ondersteun julle. Plaas hulle eerder straat name gaan gee in Mamelodi, ens dan sal ons nie sukkel met verkiesings nie.

Gesiggie ·

Gee eerder aandag aan al die plaas moorde en geweld in die land, as om nou jul koppe te wil stamp oor die verandering van straat name”’ hierdie naam borde is al vir n lang ruk soos wat dit moet wees, en as jy praat van Hans Strijdom. straat.. dan weet almal waar dit is, maar verduidelik nou waar is Salomon Mahlangu”’ dan sal die mense jou snaaks aankyk en vra ? wie is hy”’geld word gemors op onnodigge dinge, gebruik dit eerder op iets wat meer belangrik is… soos MISDAAD…

Hendrik ·

Wat se die DA van die straatnaamverandering… Niks? Wie ondersteun die DA?

Connie ·

Nee Hendrik die DA is stil. Musi sê ook plaasmoorde is nie ras gedrewe nie maar is crime. So nee, hulle kry nie weer my stem nie.

Kobus Du Plessis ·

Ek ondersteun hierdie aksie van Afriforum ten volle. Hierdie strate loop deur areas waar 95% of meer van die eienaars van naasliggende eiendomme waarskynlik teen so ‘n verandering van hul straat se naam sal stem. My voorstel is om ‘n mandaat van AL hierdie eienaars te verkry om te verhoed dat hul strate se name verander word.

Willie ·

Afriforum doen baie goei werk, vir ons geskiedenis en erfenis. Net jammer dat die Muslikepalitied die stad Pretoria soos n Tshwane laat lyk, en die benoemde strate lyk nie veel beter, Vuil, boemelaars, druggies, vol buitelanders, noem dit…

Ria M ·

Maraai, dit is jou reg om jou mening te gee, maar ek wil jou net een vraag vra. Wat doen jy as persoon wat positief is vir jou taal en land. Ek en jy het nie die gereedskap of die geld om in n hof te staan en vir dit wat vir jou van groot waarde is te veg nie. Ek is amper 70 jaar oud, my kinders is almal in n professionele beroep. Wat dink jy as al die mense wat hulleself goed bekwaam het om hulle plek vol te staan in ons land besluit om maar ook die land te verlaat en hulle talente vir n ander land te gee omdat hier vir hulle niks oor is nie. Ag nee man bou saam en laat die wat nog die wil het om iets vir jou land en taal te doen hulle te ondersteun. As jou kinders of kleinkinders vir jou belangrik is sal jy enige iets doen om te keer dat hulle nie die land verlaat omdat daar niksmeer vir hulle oor is nie. Van wanneer af gee n wit man net oor. Kom , ek is seker met die regte motivering is jy ook net so belangrik vir afriforum as ek. N beter dag vir jou

Meraai ·

Liewe Ria M. As joernalis doen ek meer as my deel om my taal suiwer te praat en skryf. Die blote feit dat ek en jy Afrikaans praat is n bewys daar is n blink toekoms vir die taal. Weet nie so lekker hoe jy die kloutjie by die oor bring oor professionele mense wat die land verlaat oor Afrikaans nie. Volgens my beperkte kennis waai hulle oor ekonomiese redes!
Hier is so bietjie statistiek om my punt te beklemtoon dat Afrikaans lewendig en gesond is (alive and well and living in SA! Sien ek kan dit net so mooi in Afrikaans sê) in sonnige Suid-Afrika!
South African census figures suggest a growing number of first language Afrikaans speakers in all nine provinces, a total of 6.85 million in 2011 compared to 5.98 million a decade earlier.[1] The 2001 Namibian census reported that 11.4% of Namibians had Afrikaans as their home language.

The South African Institute of Race Relations (SAIRR) project that a growing majority will be Coloured Afrikaans speakers.[2] Afrikaans speakers enjoy higher employment rates than other South African language groups, despite half a million who are unemployed.[1]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.