Pta-straatnaamtwis: Uitspraak voorbehou

Argieffoto

Argieffoto

Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak voorbehou in die saak tussen AfriForum en die Tshwane-metroraad rakende die verandering van Pretoria se straatname.

Die saak het drie uur geduur, waartydens albei kante hul saak gestel het.

AfriForum het op 19 April 2013 ʼn tussentydse bevel gekry wat bepaal dat Pretoria se ou straatname in ʼn tydperk van 60 dae weer ingestel moet word, hangende ’n hersieningsaksie wat AfriForum in 2012 van stapel gestuur het om die metroraad se besluit om 29 straatname te verander tersyde te stel.

Die metroraad het sedert 2013 teen die saak geappelleer en die appèl is uiteindelik gedurende Mei 2015 voor ʼn volhof van drie regters in die Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Die hof het ten gunste van AfriForum bevind en beveel dat die raad die ou straatname saam met die nuwes moet behou, hangende die afhandeling van ’n hersieningsaksie deur AfriForum.

Die metroraad het ná die saak verder misluk in sy aansoek om spesiale verlof na die appèlhof, waarna hulle ’n aansoek by die konstitusionele hof ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

André ·

Ag baie dankie Afriforum.
Te danke aan julle gaan die straat name wat terug moet verander uit die belasting betaler se sak uit moet kom. Om nie eers te praat van die GPS b*llsup nie.
Dink julle nou regtig dis ‘n oorwinning. Dit kos ons as belasting betalers net al hoe meer geld wat anders aangewend kon word.

Irene ·

Metroraad is bekommerd oor name shame daar is ander dinge om na te kyk in SA maak oop jul d oe

E ·

Maak eerder die paaie reg. Die naamborde word nie oor gery nie en het nie potholes nie.

Rina Pretorius ·

Vir ons mense wat nie in Pretoria bly nie is dit n helse frustrasie om hierdie nuwe name te sien, ek is ‘n voorstaander dat die name wat al n leeftyd daar was daar moet bly, laat die staat uit hulle eie sak die kostes dra want hulle was voortvarend om alles sommer net te gaan verander soos hulle wil en dit terwyl daar ‘n hofbevel is om dit nie te doen nie. Dit sal dalk goed wees om albei name te hou vir die wat eerder die nuwe name wil gebruik asook die wat die ou name wil gebruik, dan hoef niks te verander nie want die strate is tans so met 2 name dan sal jou GPS mos steeds reg werk of hoe

Bruno Stef ·

Dit is n kwessie van beginsels en sou ook nie soveel gekos het nie as die gemeenskap van Pretoria in die eerste plek geken is nie maar die dikvellige ANC kaders wil hulle wil op die publiek afdwing.So ASB soos die engelse se “You are barking up the wrong tree”

Anti afrikaner ·

Ek weet nie hoe dink party mense nie dink julle regtig die Metro sou die belasting geld gebruik om die paaie ,straatligte reg te maak nee dit is net meer geld om te vermors…dankie Afriforum dat julle baklei vir geregtigheid en die vertrapping van ons kultuur.Ek wil net ook se ek respekteer die joiners se openinge maar stem net nie saam nie.

Rosa ·

Ek stem!! Dit gaan oor die beginsel. Hulle kan nie sommer doen wat hulle wil nie. Mooi Afriforum! Ons ondersteun julle graag.

Ben Prinsloo ·

André met respek dit is agv mense se siening soos joune dat ons volk sit waar hy vandag sit. Dankie Afriforum, hou hierdie partye wat net wil maak soos hulle wil op hulle plek. 10 uit 10 vir julle.

Johan ·

Dankie Afri forum, te danke aan julle gaan die Metro 2 keer dink voor hulle weer straatname gaan verander. Dit kos dalk die belastingbetale nou geld maar dit keer dat hulle dit onbepaald en aanhoudend in die toekoms gaan doen wat die belastingbetaler soveel meer sal kos.
Dankie vir julle uithou en aanhou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.