Pta-strate môre gesluit vir staatsbegrafnis

Beamptes van die Tshwane-metropolisie. Argieffoto: Facebook

Talle strate in Pretoria gaan Saterdag geraak word tydens die staatsbegrafnis van voormalige minister dr. Zola Skweyiya.

Dié ANC-veteraan het verlede Woensdag omstreeks 07:00 in die ouderdom van 75 ná ʼn kort siekte gesterf. Pres. Cyril Ramaphosa het kort daarna aangekondig dat Skweyiya ʼn staatsbegrafnis gaan kry.

Snr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Vrydag gesê talle strate in die ooste van die stad sal tussen 07:00 en 14:00 geraak word.

“Die diens sal by die Christian Revival Church (CRC) op die hoek van Solomon Mahlangu- en Lynnwoodweg gehou word. ʼn Stoet sal van daar tot by die Garsfontein-begraafplaas beweeg.”

Die stoet sal van die CRC links in Solomon Mahlanguweg draai en reguit aanbeweeg, waarna dit links in Garsfonteinweg gaan draai tot by die begraafplaas.

Al die kruisings op dié roete gaan vir ʼn tydperk gesluit wees terwyl die stoet beweeg.

Mahamba het ʼn beroep op motoriste gedoen om geduldig te wees gedurende die tye wat die kruisings gesluit is en, waar moontlik, van alternatiewe roetes gebruik te maak.

“Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die situasie te monitor en verkeer te herlei,” het hy gesê.

Skweyiya is in 1942 in Simonstad in Kaapstad gebore. As politieke aktivis op hoërskool en tydens sy universiteitsjare het hy hom in 1956 by die ANC aangesluit en was deel van die politieke bedrywighede totdat hy in 1963 in ballingskap in Tanzanië en later Zambië was.

Hy het hierna ʼn regsgraad aan die Universiteit van Leipzig in Duitsland verwerf en in verskeie hoedanighede vir die ANC gewerk. Skweyiya het in 1990 na Suid-Afrika teruggekeer en in die party se NUK gedien tot 2012. Hy het in 1994 lid van die parlement geword waar hy as minister van openbare dienste en administrasie gedien het. In 1999 is hy as minister van maatskaplike ontwikkeling aangestel en het in dié posisie gedien tot 2009.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Joe Olivier ·

Dis jammer dat al die verkeersligte wat buite werking is in Lynwoodweg en Hans Strijdom weg, oba Sol Mah nie die begrafnisgangers gaan affekteer nie. Hulle is mos die uitverkorenes en kry polisie begeleiding.

Phillip ·

Dagsê Marinda

Ons vra omverskoning vir die vingerfout. Die berig is gewysig.

Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Vermeendes ·

Nou al twee vir die maand, kyk nou mooi hoe werk daai skenking geld van die Britte.

koos ·

kry alle ANC-kaders wat sterf dan staatsbegrafnisse? My pa was 40 jaar lank ‘n uiters aktiewe lid van die Nasionale Party in die ou SA en met sy afsterwe het die NP-regering nie ‘n staatsbegrafnis vir ons aangebied nie.

Johanna Botha ·

Die britte het nou lekker hulle geld in die water gegooi …kyk nou mooi !

Sê maar net ·

Excactly Cheryl, ek stem. Maar ek stem eerder vir geen geweld teen boere nie. Ek bid vir hul veiligheid in Jesus naam xxx

Siek en sat ·

Vergeet van staatsbegrafnissse. Dis net n geldmors. Laat die boere eerder miljoene by die regering eis vir trauma en verlies aan families wat vermoor en aangerand en vermink is. Laat hulle die huise wat geplunder en bemors is herstel. Ons laat te maklik alles verbygaan. Begin eise instel mense. Daars genoeg geld soos ek die ding sien.

koos ·

kry alle ANC-kaders wat sterf dan staatsbegrafnisse? Laas week was dit Winnie Mandela; more is dit Zola Skweyiya.
my oorlede pa was vir jare aktief in die ou Nasionale Party, so hy was seker ook ‘n “kader”. Met sy afsterwe het die NP-regering egter nie ‘n staatsbegrafnis aangebied nie. Ek moes alles self betaal.

Oom Kalahari ·

Elke kader kwalifiseer vir Staatsbegrafnis. Belasting geldjies, voedsel en BTW het darem mos nou ‘n hupstootjie gekry van Jan publiek.
Plaasboere word uitgemoor en geen hulp of besoeke nie. Lagwekkend asook hartseer wat hier aangaan en die miskenning daarvan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.