PTA-tehuis ‘gereed vir EFF’

Die EFF beplan om Maandag, 13 Desember na die Uncle Ben’s Den-versorgingsentrum op te ruk. (Foto: Facebook)

Die Uncle Ben’s Den-versorgingsentrum in Daspoort, Pretoria, sê hulle is gereed vir die EFF se beplande betoging Maandag by dié tehuis.

Die tehuis het onlangs vyf werkers hangende ʼn dissiplinêre verhoor geskors omdat dié glo inwoners van die tehuis mishandel het. Die werkers sal intussen steeds hul salarisse ontvang.

Die EFF beplan egter nou om na die tehuis op te ruk omdat hulle ongelukkig is oor dié skorsing.

Die optog word vir tussen 10:00 en 12:30 beplan.

Ronel van Dyk, uitvoerende hoof van die tehuis, sê daar is twee voorvalle van mishandeling waarvan  beeldmateriaal ook beskikbaar is. Dit kan egter nie geplaas word nie aangesien dit deel van die verhoorproses vorm.

“Ons sal nie toelaat dat ons ou mense deur ons werkers mishandel word nie,” het Van Dyk aan Maroela Media gesê. Volgens haar het hulle ook hul eie plakkate gemaak en sal hulle nie vir die EFF terugstaan nie.

Daar bly tans sowat 150 bejaardes in die tehuis – almal met spesiale behoeftes.

Devon Hofmeyr het intussen op Facebook aangedui dat die Bittereinders ook Maandag by Uncle Ben’s Den sal wees.

“Ek het Julius Malema vanjaar by ʼn paar geleenthede gewaarsku dat indien die EFF ons jong mense en ou mensies gaan probeer intimideer, die EFF ons om elke hoek en draai sal ontmoet [sic].

“Hierdie generasie en die Bittereinders sal nie knieg buig vir die EFF nie. Nie vandag nie. Ook nie more nie [sic],” lui die inskrywing.

Die EFF het vroeër vanjaar by Huis Herfsblaar in Queenswood betoog – onder meer oor loongeskille en omdat werkers glo gedwing is om Afrikaans te praat. Die Bittereinders het destyds ook dié geleentheid bygewoon.

Die EFF kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Ja hulle kies n geveg met oumense wat skaars hulle self kan verdedig, mooi so EFF bullies.

Marius ·

Dit is die bewys dat die eff midaad en mishandeling goedkeur en niks vir die mees weerlose mense van ons samelewing voel nie.

Bertie ·

Dis niks anders rassisme nie. Swartmense wat witmense mishandel is aanvaarbaar en mag nie geskors word nie. Daar vind elke liewe dag swart-op-swart mishandeling plaas, maar daaroor is die EFF-gespuis doodstil.

Jacques ·

Klomp gemors, almal clowns, hulle moet nog net die rooi neuse opsit, dan is hulle reg vir die sirkus waar hulle hoort.

Vanessa ·

Ek stem saam, geen pasiënt sal mishandel word nie, ek persoonlik sal dit ook nie duld nie!!!!

Ons staan saam julle, de hel met die EFF!

As mens nie ‘n passie het om daai werk te doen nie, moet dit dan nie doen nie.

Tanniepetoors ·

By Uncle Ben’s gaan die EFF hul rieme styfloop. Daar sorg liefdevolle, omgee mense en die gemeenskap vir weerlose oumense. Die gemeenskap in Daspoort gaan nie toelaat dat die EFF daar moles maak nie. Tipies Malema om die onverdedigbare mishandeling van oumense te probeer verdedig.

JM ·

EFF: Skuim van die samelewing. Kan net skree en dreig maar niks konstruktief en positief tot die samelewing bydra nie.

Connie ·

Devon Hofmeyr, baie dankie vir julle Bittereinders. Ek is in gees saam julle. Mag Vader julle beskerm.

AmY ·

Die EFF kon nog nie vir kommentaar bereik word nie?
Dit sê nogal baie. Carte Blanch, gaan stel ondersoek in, asb.

JohanR ·

Kan die Kaap versterkings stuur vanaf Brakenfell? Die EFF is vrek bang vir Brakenfell!

twaalfboor ·

Neewat, hierdie is Daspoort. Hulle is mans genoeg. Laat Brackenfell soos ñ kleuterskool lyk.

ronel ·

Ronel van Dyk en haar hele gesin is al vir baie dekades die veilige hawe vir soveel uitgeworpenes sonder dat sy ooit iemand weg wys, niemand in haar instansie gaan ooit honger of onversorg gelaat nie, die EFF en diesulkes wat hulle wil bepaal by die welstand van mense moet dalk na hulle eie loop omsien en ophou die speel grond boelie wees waar hulle self tekort skiet. Uncle Ben’s en Ronel is aards goed en verdien om beskerm te word en by gestaan te word in hulle roeping

Natasha ·

Die EFF het mos besluit hulle het nou n ‘labour desk’ waar hulle hul lyf hou as mense wat kan help met enige werks kwessies. Hulle is wel in Junie en Julie al uit die hof gegooi en gese hulle het nie die reg om in hierdie tiepe goed in te meng tensy hulle hulself registreer as n unie nie.

Hulle daag by werkgewers op met soveel houding dis om van te lag!!!

Hulle dink mense gaan terug staan as hulle kom geraas maak.

Samuel ·

Solank die tehuis die regte prosesse gevolg het, is daar niks wat die EFF kan doen, behalwe om geraas te maak nie. Daar is nie pille vir domheid nie.

Porseleintjie ·

Ek sien n foto van Julius wat van Zimbabwe na SA toe gevlug het. En hier kom skiet hy so ewe nek. By tyd dat hy sy plek ken en terug gaan na sy eie land waar hy kan gaan stof opskop. Daar is meer as genoeg.

Jacobus ·

Die EFF is n klomp rassistiese terroriste wat net rassehaat aanblaas en dan op die vlug slaan.

Elizabeth ·

Ons buig nie voor EFF. Nie nou of enige ander tyd. Ons bang nie boelies en sal ons mense beskerm.

Busy Body ·

Ek wil graag weet of dit n wettige optog is? Indien wel op grond waarvan is dit goedgekeur ?

nikkel ·

Na my mening vernietig hierdie beoogde optrede die vertroue tussen die werkgewer en werknemers. Al hierdie geskorsde werkersnemers behoort ontslaan te word.
Hulle kan bloot nie met hulpelose oumense vertrou word nie.

madels ·

Ag siestog, is dit nou al wat die EFF verloorders deesdae kan doen? Shame

Waarnemer ·

Devon,ek stel voor jy bly weg daar.Onthou jy by HTS Witbank toe die popo die fdan strike?Waar was jy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.