Pta-tiener al byna ʼn week lank soek

Marchain Mulder (Foto: Facebook)

Marchain Mulder, ʼn 17-jarige meisie van Pretoria, word ná byna ʼn week steeds vermis.

Etresia van der Westhuizen, Marchain se ma, het Sondag aan Maroela Media gesê daar is nog steeds geen teken van haar dogter nie. “Ons het gisteraand weer tot 03:00 vanoggend oral gaan soek, in parkies, by treinstasies, enige plek waar sy moontlik kan wees. Mens weet nie waar om na haar te soek nie,” het sy verduidelik.

Marchain, ʼn skolier aan die Hoërskool Gerrit Maritz, is verlede Maandag, 15 Mei, laas ná skool gesien. Skoolmaats het gesien sy is op pad na die plek waar sy bly. “Vriende van haar wat in East Lynne in Pretoria bly, het gesê sy het die aand by hulle aangekom. Sy was net vyf minute by hulle en het gesê sy is op pad na my toe. Maar sy het nooit hier aangekom nie.”

Etresia verduidelik Marchain bly nie by haar nie, sy bly in ʼn plek van veiligheid. Waar sy bly, mag hulle nie selfone hê nie. “As sy dalk ʼn selfoon gehad het, dan sou ons haar dalk só kon opspoor.”

Sy het gesê vir elke persoon wat die inligting deel, of elke persoon wat help soek, voel dit vir haar of sy een stappie nader is aan haar dogter.

“Sekondes word minute… minute word ure… ure word dae… dae word nou al ʼn week… My meisiekind asseblief laat weet ons waar jy is as jy die boodskap sien. Ons almal is oneindig baie lief vir jou en jy is baie spesiaal,” het Etresia op haar Facebook-blad geskryf.

Marchain het haar skoolklere aangehad toe sy by die vriende in East Lynne opgedaag het. Sy het ʼn wit hemp, grys broek, swart-en-rooi-baadjie en swart skoolskoene aangehad.

Sy is 1,75 m lank en weeg ongeveer 70 kg. Sy het ʼn litteken op haar regterenkel.

Enigiemand met inligting word versoek om ao BAloyi te kontak by Pretoria-Noord-polisie by 012 353 5600 of Pink Ladies by 072 214 7439.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ilze ·

Maandag was die 15de gewees. Ek hoop rerig sy word ongedeerd gevind. Sal mal word as dit my dogter was. Ek share elke keer as ek die boodskap op fb sien. Sterkte mamma.

Ai ·

Ai tog, die kinders wat so verdwyn gee mens sommer n knop in die keel want mens dink altyd die ergste.

Ek hoop sy word lewend gevind.

Adriyana ·

So jammer om te lees oor jou dogter..kry die pink ladies betrokke julle help soek na vermiste persone..baie sterkte ek julle kry haar..

Deon ·

Ek word sommer so ongelukkig as ek die trant van sulke berigte lees!!! Kind bly nie by ouers, bla bla bla!!
Dit is ouers se skuld want daar word net aan hulle eie behoeftes gedink en nie aan die van die kinders. Ek was 35 jaar gelede ook in HS Gerrit Maritz en daar was ‘n wiskunde onderwyseres, ene Juf Lewis en sy het vir ons gesê “The parents cocktails make their children ducktails”. Hoe waar is dit tog nie! Ouers julle is die oorsaak dat onderwysers vandag moet skoolgee vir gebreekte kinders!

Melissa ·

Mens kan nie die ouers die skuld gee as jy nie weet wat hul omstandighede is nie. Die kind bly in n plek van veiligheid, sy sien haar ma nie eers elke dag nie en die redes daarvoor het niks met die publiek te doen nie. Onthou net haar mamma lees die kommentaar en dit breek haar net nog verder af. Plaas ondersteun jy haar deur die post te share en iets positief te skryf. Kinders word ontvoer vanaf mammas en pappas wat baie goeie ouers vir hul kinders is. Mens kan nie als in die lewe beheer nie.

al ·

Ek hoop self sy is ongedeerd, haar arme ma moet deur hel gaan.

Pastoor ·

Ai tog hoe veilig is die plek dan. Sy was in die aand by van haar vriende. Hoe laat moet hierdie ‘veilige plek’ sy hekke sluit. Ek bid dat sy gevind word ongedeurd. Asb Vader stuur U Engele om haar te bewaar. MM hou ons asb op hoogte asb

Plek van veiligheid ·

??plek van veiligheid? Sy is dan onder toesig weg, as jy in plek van veiligheid woon, hoe loop sy huistoe na skool, hoe kan sy net rondloop, of is die kamma plek net boarding???

charmaine ·

Is Gerrit Maritz in PTA-Noord? Hoe het sy van daar in East Lynn gekom? En die plek van veiligheid, moet hulle nie na die kinders kyk dat hulle nie wegloop of die huis verlaat sonder toestemming of dat iemand weet waar gaan hulle nie?

mel ·

Here Spaar asb hierdie pragkind en laat sy ongedeerd by haar familie sal uitkom.

amands ·

More…. aai my hart bloei vir jou…. Here ek vra vanoggend asseblief spaar hierdie pragkind, laat haar ongedeerd terug by haar familie uitkom, sy is ookU kind bewaar haar, waar sy ookal is en wie haar het… Here gryp in dat hulle haar terug sal bezorg aan haar ouers!!! Here ek vra die vanoggend in die Naam van Jesus Christus asseblief!!!!!

Sterkte dink aan julle en in my gebede

Pop ·

As sy by vriende aangekom het, hoelaat was dit dat hulle haar gelos het om die pad te vat? En ‘ plek van veiligheid”…wat is dit veronderstel om te beteken? Waar is haar pa dan? Ek verstaan regtig nie. Hoe kan “vriende” jou laat gaan ALLEEN…ons almal weet watse dinge daar buite gebeur of is ek net ‘n over protective mens! Sterkte, ek bid en glo dat sy veilig gevind word in Jesus naam.

E.K. (vra net) ·

Ek is net bly hier is verskeie foto’s van haar geplaas want sy lyk op party foto’s heeltemal anders. Dus sou ek haar dalk sien en nie besef dis sy nie. Die “plek van veiligheid” …hmmm klink verdag, dalk moet hier sommer daarop ook ingegaan word en uitvind wat nou eintlik daar aangaan. En ek skryf dit regtig omdat dit my bekommerd maak as kinders vir “veiligheid” na ‘n plek gestuur word en dan sommer net op hul eie kan rondloop. Hierdie plek moet dan beslis ondersoek word, want mens weet nie of kinders dan enigsins soontoe moet gaan nie!

Haar naam ·

Haar naam word op twee maniere gespel in die berig, is sy ‘Marchian’ of is sy ‘Marchain’?
Enige foto’s van kinders moet VERBIED word op Facebook. Eintlik behoort kinders nie toegang te hê op Facebook. Ek glo dat die wortel van baie kwaad lê in voorgaande. My stelling is nie net op hierdie geval van toepassing.

Ekke ·

Wat is die doel van ‘n plek van veiligheid… Is hulle nie veronderstel om te alle tye te weet waar hulle inwoners is nie? Hoe het die kind dan gekom en gaan soos sy wou? Dink regtig die plek moet ondersoek word, want wat gaan daar aan? Hoop regtig die kind word gekry!!!!

Theresa ·

Hoop sy word spoedig gekry en dat sy kan verduidelik wat gebeur het.
Wat is die “plek van veiligheid” se naam en waarom bly sy nie by haar ouer(s) nie?
Het hul geweet waarheen sy gaan?
Hoe het sy rondbeweeg – bus? fiets? gestap? taxi, uber?
Hoop daar is gou goeie nuus.
Is die Pink Ladies al gevra om te help?

Sinti ·

Ek het gisteraand ‘n jong meisie met lang rooi hare (rooi gekleur) by die McDonalds in Pretorius straat sien sit saam met ‘n donker kop man (die man bedel sy sit net). Wil julle nie asb laat die mense daar gaan kyk nie asb.

Sinti ·

Skies dis by dieselfde kompleksie waar “Mustang Sally’s” is. Net langs die N4/N1 kruising.

christine Naude ·

Liewe “haar naam” jy se hulle mag nie foto’s op facebook sit nie, hoe moet mense dan help soek as hul nie weet hoe sy lyk nie. Hoop regtig sy word gou gevind. Miskien is dit sy daar waar hul meisie saam man gesien het, hoop polisie gaan daar kyk. sterkte

charmaine ·

Die ding is kinders en veral meisies is o behep met hulle self dat hulle “selfies” opsit as hulle net van lipstiffie kleur verander. En dalk moet hulle uitvind of daar nie man in die prentjie is nie, meisies dink mos mans maak iets van jou en sal enige iets vir n man doen. En dis nou eksamen tyd so hoe en wanneer gaan sy die graad deurkom? Hoop die vriende is al ondervra?

Bekommerd ·

As dit wel miskien die meisie is wat iemand by Mcdonalds in Pretoriusstraat gesien het gisteraand (en op van die fotos het sy lang rooi hare) dan meen dit mos sy is nie ontvoer nie maar vrywilliglik daar. Dan mos pleinweg stoutigheid om nie haar ma te laat weet waar sy is nie! Wonder of polisie of Maroela die kommentaar opgevolg het?

Wonder Maarnet ·

Dis kind het nie n selfoon nie , maar n facebook blad wat aktief is? Ek hoop werklik sys veilig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.