Pta-tiener brand erg in fratsongeluk

Sean Smith (16) in die hospitaal. Foto: Verskaf

Sean Smith (16) in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Tienerseun, van Akasia in die noorde van Pretoria, is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in ʼn hospitaal in Centurion, nadat hy Maandagmiddag erg in ʼn fratsongeluk gebrand het.

Sean Smith (16), ʼn gr. 10-leerling, het ʼn vrou, wat ʼn tuindienste-onderneming besit, Maandagmiddag gehelp. Sy het hom by sy huis opgelaai en hulle was in Eldoraigne in Centurion toe die tragedie hom afgespeel het.

“Die vrou het besef haar bakkie lek olie en sy het langs die pad stilgehou om ondersoek in te stel. Sean het onder die enjinkap gekyk wat hy kan sien en aan die enjin gewerk. Sy hande was vuil en vol olie,” het Amoré Sameera Jooste, ʼn goeie vriendin van Sean se ma, Mé-Lissa Smith, Woensdag aan Maroela Media gesê. “Hy het toe petrol gevat en oor sy hande gegooi om dit skoon te kry. Ons vermoed hy het sy hande aan sy hemp droog gevee en dit het toe op ʼn manier vlamgevat, dalk toe iemand naby hom ʼn sigaret aangesteek het.”

Sean se hemp het vlam gevat en erge brandwonde aan sy gesig en bolyf veroorsaak.

Melissa en sean smith 2

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Amoré verduidelik Mé-Lissa het Sondag vir haar werk na Parys in Frankryk gevlieg en was skaars daar toe sy ʼn vlug terug na Suid-Afrika moes haal.

“Aangesien Mé-Lissa nie tuis was nie, het die vrou van die tuindienste my gebel en gesê Sean het gebrand. Ek het dadelik soontoe gery, maar aangesien dit ver was, het ek  ʼn vriend gebel wat in die omgewing was.”

Die vriend het Sean in sy motor na die Unitas-hospitaal in Lyttelton gehaas, waar Amoré by hulle aangesluit het.

Mé-Lissa kon eers Dinsdagmiddag haar seun in die trauma-waakeenheid van die hospitaal besoek, waar hy onder verdowing gehou word en aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel is. Hy het 56% se interne en eksterne brandwonde opgedoen.

Volgens Amoré is Mé-Lissa baie emosioneel. “Haar kinders is haar alles en dit is vir haar baie swaar. Asof dit nie erg genoeg is om hulpeloos te kyk hoe Sean daar lê nie, moet ons nou wag vir ʼn bed by ʼn staatshospitaal met ʼn toegeruste brandsorgeenheid om oop te gaan. Mé-Lissa is ʼn enkelma en het nie ʼn mediesefonds nie en kan nie volgehoue behandeling by die private hospitaal op haar eie bekostig nie.”

Amoré het gesê Sean moet dringend met behandeling in die teater begin om die wonde te begin skoonmaak, wat duisende rande kos. “Dis baie frustrerend om te wag vir ʼn plek by ʼn staatshospitaal. As hy langer wag voordat die vel geskraap word, kan die wonde septies raak, wat lewensgevaarlike infeksie veroorsaak. Ons probeer nou al wat ons kan om genoeg geld in te samel sodat die dag-vir-dag-sorg betaal kan word en ook genoeg sodat hy teater toe kan gaan.”

Annerie du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation, ʼn nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning bied en omsien na brandslagoffers, het Woensdag aan Maroela Media gesê die organisasie probeer om dringend fondse in te samel om vir Sean se behandeling te betaal.

“Ons is in ʼn resies teen tyd. Ons weet nog nie wanneer daar ʼn bed by ʼn staatshospitaal vir hom sal oopgaan nie. Hy kan net na ʼn hospitaal oorgeplaas word waar daar ʼn behoorlike brandsorgeenheid is en daar is min van dié hospitale,” het Annerie bekommerd gesê.

Mense wat die organisasie finansieel wil bystaan en help sorg dat die slagoffers die beste behandeling ontvang, kan 082 902 1133 bel of hul bankbesonderhede hier kry. Gebruik “Sean” as ʼn verwysing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Anné ·

Hi julle! Dankie vir die berig. Daar het ‘n paar tik foutjies ingeglip wat maak dat sekere sinne nie sin maak nie. Wou julle net laat weet!

Karina ·

Ek kan dit werklik nie glo nie. Meer gepla oor tik foutjies etc. as wat die berig regtig oor gaan. Gaan my verstand te bowe….mind boggling….

Paul ·

Karina, mens kan oor meer as een ding gelyktydig “gepla” wees.

verbaas ·

Mense asb. Hier is nie tyd vir klippe gooi oor spelfoute nie. Almal wat kan lees sal die berig verstaan. Samel eerder geld in die die ernstige geval waar n mamma moet sien hoe ly haar kind. God versterk asb hierdie familie.

Alex ·

Het jul al chris gani BARAQWANA probeer hulle is puik by hul brand eenheid Johnson en Johnson sponsor hulle my kind was da uitstekend

Lola ·

Dis baie hartseer. Dalk kan die Pippie fonds help. Ek reken daar moet ‘n paar rand in hul kietie wees. Ons was almal baie vrygewig.

Ekke ·

Glo die werkgewer sal die kostes verbonde aan SAKEbesoeke dra en nie die arme ma nie. Ongelukkig het nie alle maatskappy medies vir hul werknemers nie. Nietemin, dis nie ter sake of belangrik nie. Hierdie jongman het baie seergekry en my hart gaan uit na sy ma wat reeds baie geskok moet wees en dan nog die spanning van mediese uitgawes ook moet hanteer.

Azuni ·

Ek het self al 3de graad se brandwonde gekry oor my arm en bene. Ek weet in watse pyn daai jong man in is op die oomblik. Verdowing sal hom baie help.

Mens kan nie vandag sonder medies sit nie jong. Soos ek staats hospitale ken, weet ek dit is gewoonlik ‘n dood straf om daarna toe te gaan. Hulle gee net nie om oor hulle pasiente nie.

Ek bid julle stekte toe. Hy het ‘n baie lang pad voor hom, veral as hy 56% brandwonde op gedoen het.

Ano ·

Azuni, ek is jammer dat jy ook soveel pyn moes deurgaan maar ASB moenie mense wat nie medies kan bekostig nie veroordeel nie. Party mense moet kies tussen kos op die tafel en ‘n mediesefonds. Sal jy bydra vir ‘n fonds asb?

Azuni ·

Ek het ook ‘n vriendin wie se oom op dieselfde manier oorlede. Hy het die vlamme in geasem wat sy longe gebrand het. Hulle kon sy lyf behandel, maar nie sy longe nie. Hy was onder meer dood aan die septisemia in sy longe.

Aai, ek regtig hoop Sean oorleef dit. Hy is nog so jonk.

Ruby ·

Sean Smith, ek bid vir jou volkome genesing, dat deure sal oopgaan waar hulle nou toe is.

Baie sterkte aan mamma ook.

Nannie ·

Ek het ook nie n mediese fonds nie want ek moes kies kos of mediesefonds.
Sterkte aan die mamma en haar seun.

Tokkie ·

Ek self was enkel ouer met net die beste medies in bestuurspos. Maar een ding is verseker, n onvoorsiende koste bly n probleem indien dit by hospitalisasie kom. Jy moet soms R10 000 vooruit betaal voor hulle jou kind in n teater in stoot.

Skroplap ·

ICU was 10 jaar gelede al 11 000 per bed per nag, sonder stock, dokters ens. Depositos is honderde duisende rande.

E.K. - ek sê net! ·

Laat elkeen nou tog sê wat hy of sy wil en laat staan alle vingerwysery en aanganery en dra liefs ‘n paar rand by. DIT sal help niks anders. En onthou elke sent tel, moenie dink net R50 of net R100 is al wat jy kan gee en dit is dalk te min nie – doen dit mense!

Discus ·

Eish, my mediese fonds is die heel laaste ding wat ek sal opgee. Ek sidder as ek dink ek moet na n Staatshospitaal toe gaan. Ongelukkig het hierdie mense nie medies nie en die ondenkbare het gebeur. Ek sal graag bydra as iemand n fonds kan stig – elke sent sal help. Ek is ongelukkig te dom om te weet hoe om die fonds te stig en te sorg dat die geld in die regte hande kom. Kan mens n nie-spesifieke fonds stig wat ander kan help nadat hierdie kind buite bevaar is, anders as die Pippie fonds?

Paul ·

Indien hy klere van nylon of ander kunsstof gedra het, is dit wat ‘n vonk kon veroorsaak het en die petroldampe kon laat vlamvat.

Vliegie ·

Mense gee glad nie om vir mekaar nie. In 1981 moes ek buite die klas staan tot die klaspartytjie verby was, want my ma kon nie verversings bekostig om by te dra nie nie. Sies, het die ander kinders my toegesnou. Jy het niks gebring nie. Ons het van ‘n brood en R2 se slaptjips geleef elke dag. Ek sien die Afrikaners het nog niks verander nie. Mag God julle help.

Sam ·

Vliegie…My woorde is min vir jou, want jy het hulle stil gemaak. My respek vir jou… Ontelbaar!

Georgie ·

Ja Vliegie ek deel jou emosie…die artikel gaan oor ‘n pragtige seun wat verbrand het en ‘n getraumatiseerde moeder langs sy bed…

Magda ·

Ek gaan nou geld oor betaal. Kom nou mense . Ek weet tye is rof finansieel, maar ek daag al Maroela Media se mense uit om R 100 by te dra. Daardie mamma en pragtige kind kan nou doen met ons hulp.
Baie sterkte aan Sean en Me-Lissa

Anoniem ·

Ek ken hierdie gesin al baie jare..het Sean voor my sien grootword..sy mamma het 4x kinders en probeer ook maar net haar bes..n alleen ouer kan ook net soveel doen! Bid eerder vir hulle, dis wat hulle nou nodig het…

J ·

Wat n pragtige seun ek bid vir vinnige genesing. Bid ook vir sy familie. Ons kan almal bydra al is dit R10.00 .Kom ons vergeet van wat as en van ander wat fondse misbruik het. Die ma en seun het hulp nodig. Ek dink sy is so desperaat dat haar kind goeie mediese hulp kry

Anoniem ·

Vir almal wat twak kwytraak, opinies het, ens. FOKUS ASSEBLIEF MENSE.
Sean en sy gesin het dringend hulp/fondse nodig.

caren ·

Die werklikheid van enkel mammas!! Ek het 18 jaar my 3 kinders groot gemaak…. Soms jelly 3x geeet ( dis nou my kinders) in n buitekamer gebly, 11 jaar geloop geen kar ens…..nooit in al die jare onderoud gekry nie….Polisie se woorde gee vir ons sy adres en ons sal hom toesluit! Dit het nooit gebeur nie…….my Matriek op 30 geskryf, en toe BEd….. Niemand ken n ander se seer nie! En niemand ken enkel mammas se swaar behalwe die wat self daar was nie….. En raai wat ek het nog steeds nie medies nie….. My jongste nou 18, huis huur, krag, kos en petrol….. Wat bly oor? Hy en sy ma is helde en my oe…. Want dit is nou maar een ding van enkel mamma seuns hulle sal altyd ander -mammas help want hulle sien hoe n vrou kan sukkel….. Dankie mamma dat jy werk om vir jou kinders te sorg en dankie dat jy so amazing seun groot gemaak het…. Sy Pappa Jesus sal hom dra.xxx

Amanda ·

Ons is 3 en betaal R2700. Was al 6 keer in die hospitaal en alles is gedek. Dit sluit noodgevalle en onbeperkte dokters besoeke in. Selfs basiese tandarts.
MAROELA: Met die perde skop artikel was dit dieselfde rusie. Moet julle nie dalk n artikel oor goedkoop opsies doen nie? Of mense toelaat om te sê watter goedkoop opsies hulle gebruik nie.
Die wat nou weer wil sê dit is duur – Ek lewe ver onder Laurika se voorbeeld bo. Dis baie geld vir my maar dis jou lewe werd.

Louise E. ·

Ek was ook een van daai mense wat altyd gesê het al leef ons van pap en water, maar daar sal altyd medies wees. Gaan toe sleg met besigheid, so dat balju kom kuier. Feitlik geen kos gehad, polisse, niks, natuurlik ook nie medies. Nou eers weer basiese medies, betaal maar baie in, maar is beter as niks…

Never say never. Soms gebeur dinge wat uit jou hande is en moet jy elke liewe sent probeer rek sodat jy more brood kan koop. Wees eerder dankbaar jy het medies voor jy klippe gooi!

Sal vir die jong man bid, dit moet verskriklik seer wees!

Helene ·

Is dit dalk moontlik om hierdie seun na Tygerberg Hospitaal in Kaapstad oor te plaas? Laat hulle navraag doen by Tygerberg het seker van die beste afdelings ivm brandwonde. Baie gespesialiseerd! Dit is ook n staats hospital> Kan Maroela Media die familie laat weet.

Goeie idee ·

Goeie idee Helene, daar word nog baie goeie werk gedoen, ek weet net nie van die travelling nie, maar ek kan nog met ander goed ook daar help, het goeie vriende daar.

Ai tog! ·

Sjoe, hier is harde mense sonder harte. Daai jongman het gehelp! Hy kort nou hulp al is dit net ‘n gebed. Julle wat so oordeel…Tel daai eerste klip op en stenig daai mamma… Dis darem lekker om so volmaak te wees!! As daai kind iets oorkom los julle die ma net met verwyte.. Geen genade.. Sies vir julle! Ons is daar om laste te dra vir mekaar..

neelsie ·

Hoe kan iemand vriende wees met mense met sulke skerp tonge?
Kom verwyder eers die balk uit jou eie oog en dan die splintertjie in iemand anders se oog .

SE NET ·

Ek is jammer vir die mamma, waar is die Pa, shame die arme ma wat die leiding van haar kind ervaar en haar hande is afgekap. n mens word gewek uit twee mense man en vrou, so weereens is die vrou alleen, en dan word sy nog gekruisig ook. Sterkte vra asb vir die pa om te help of sy familie dan!

Baie baie sterkte ·

Liewe Sean, uit my hart bid ek vir jou genesing seun en dat jy die pyn kan uithou. Een ding weet ek, jy sal hierdeur kom, hoe jy groot geword het en jou Moeder se voorbeeld wys jy is ‘n vegter. Veg voort, ek sal bydra soos elke liewe ander een en jy sal gehelp word. Sterkte Moeder, bly kalm en daar vir hom, jy sal deur genade hierdeur kom. Kry asb hospitaal se rekening vir ons, ek kan dit versprei, het baie goeie kontakte, maar hul sal direk aan hospitaal vir Sean Smith wil betaal.

kathy ·

Here,ek dra elkeen op spesiaal die seun wat gebrand het,Here hy is in U hande,raak hom aan en genees hom in Jesus Naam.Here maak dit moontelik dat hy die beste hulp kry.waar ons weet en vertrou die beste hulp kom van U af Here. Seen sy ma en gee haar krag om sterk te staan en nooit haar oe van U sal vat nie. So bid ek vir elkeen hier Here,wat swaarkry,wat seer en teleurstellings ghad het, wat pyn het.wat belas is en woede en haat oor hulle dra.breek elke ketting en bind elke las in Jesus Naam.Amen en Amen dankie Jesus

janet ·

Kan Maroela Media of iemand wat die mense ken dalk die ma se bankbesondehede gee sodat daar aan haar ‘n donasie gemaak kan word vir haar kind

Landi Slatter ·

Dagsê Janet,

Dankie vir jou navraag. Annerie du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation, ʼn nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning bied en omsien na brandslagoffers, het Woensdag aan Maroela Media gesê die organisasie probeer om dringend fondse in te samel om vir Sean se behandeling te betaal.Mense wat die organisasie finansieel wil bystaan en help sorg dat die slagoffers die beste behandeling ontvang, kan 082 902 1133 bel of hul bankbesonderhede hier kry. Gebruik “Sean” as ʼn verwysing.
https://www.facebook.com/HeroBurnFoundation/?fref=ts

Groetnis
Landi nms Maroela Media

tinah ·

waar is die Pippie Kruger lot met daardie klomp geld nou?,, donasies wat gegee is juissssss vir kinders wat brand?

Ai tog ·

Tinah, gaan Na hello pippie se fb blad.. Dan sal Jy daai dogtertjie se lying steeds sien. Mense het vir hulle die geld gegee om Te gebruik na goeddenke.. Toe geld gegee is het die ma nooit nodig gehad om ‘n fonds Te stig nie.. Hulle het dit self gedoen..sou Jy as Jy weet jou kind gaan nog jare operasies en behandeling nodig hê? Hou op klippe gooi.. Ek weet dis SA se hooftydverdryf..maar die storie met Pippie is nou uitgery..daai kind suffer steeds..los Haar nou uit….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.