Pta-tiener deur tuinier en makker beroof

Argieffoto

ʼn 16-jarige seun van Pretoria is Dinsdag deur die gesin se tuinier en ʼn medepligtige beroof.

Konst. Mandlakayise Zwane, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 13:30 in Theuns van Niekerkstraat in Wierdapark, Centurion, plaasgevind.

“Die seun was na bewering alleen by die huis toe hy ʼn klop aan die buitehek gehoor het. Hy het gaan ondersoek instel en gesien die gesin se voormalige tuinier en nutsman, slegs bekend as William, en ʼn ander man staan by die hek. Die tweede man was nie aan die seun bekend nie en William het hom as ʼn vriend voorgestel,” het Zwane gesê.

William het glo vir die seun gesê hulle is daar om die erf skoon te maak. Hy het ook vir die tiener gesê hy is siek en het vir koffie gevra sodat hy “sy pille kan drink”.

Die seun het vir die mans koffie gaan maak en na buite geneem om te drink. Hy het intussen met sy ouers op WhatsApp gepraat en gesê William het opgedaag om te kom werk. “Hulle het geantwoord dat hy maar die twee mans kan laat voortgaan.”

Die seun is daarna in die huis in waar hy skielik deur die twee mans oorval is. Die onbekende verdagte het die seun met ʼn knipmes gedreig en gesê om saam te werk as hy nie gesteek wil word nie. Hy is gedwing om op die grond te lê, waarna hy met ʼn tou vasgebind is.

Die verdagtes het die huis geplunder en gevlug met ʼn Samsung S4-selfoon, ʼn skootrekenaar en ʼn hoek slyper Die mans het ook ʼn haelgeweer, met die reeksnommer 12m1382, uit die kluis gesteel. Die gesteelde eiendom het ʼn geskatte waarde van R20 000.

“Die voormalige werker se adres is nie aan die gesin bekend nie en hulle het net sy selfoonnommer.” Die seun is nie tydens die voorval beseer nie.

Die Wierdabrug-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om die polisie by 012 685 0008 of 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Alida ·

Kan mens nog ‘n tuinier of ENIGE werknemer in diens neem sonder ‘n afskrif van sy ID dokument? Ek verstaan dit nie.

Uvonka ·

Gaan nie ‘n verskil maak nie Alida, onthou hulle is meesters van vervalsing. Eerder beter om hulle glad nie in diens te neem nie.

Ada ·

Ons het niemand in diens nie en dit is ‘n fees!!!
Doen self alles – beplan net goed- dis al!
Dankie tog die kind is ongedeerd.

Stella ·

Ek stem saam Adda, doen alles self laat hulle wat n mens nie kan vertrou nie, sonder werk sit, hulle kan klippe eet

Uvonka ·

Net so Ada! Dit is harde werk maar dan weet ek dit is die eerste reg gedoen en soos ek dit wil he. Dankie Vader ek is geseend om dit self nog te kan doen en soos jy se, net goeie beplanning is nodig . Ek doen al my huistakies ook self.

Thinus ·

Daai klink goed maar dit mag dalk inmeng met my slaap tussen 10-4 voor ek begin werk van 6 to 6 vrydag to saterdag en meeste sondae ook. Maar aan die anderkant as ek my slaap halveer en een vris spreilig kry dan kan dit werk solank die bure verstaan? Dan het ek sondag namiddag oor vir huis skoonmaak en klere was brilliant hoekom het ek nog nooit daaraan gedink nie!…..

Anne ·

Dieselfde hier, ons doen alles self. Niemand is te vertrou nie.

Tinktinkie ·

Ja Ada, asof dit n verskil aan jou veiligheid gaan maak…nou gaan jy op straat, by d kerk of restaurant aangeval word.

Magda ·

Dis hoekom ek geen bediende of tuinier het nie – dis wel baie harde werk, eerstens word dit 100% beter gedoen en 2de – niks word gesteel nie. Jy kan hulle net nie vertrou nie.

$ ·

Ek het nadat my regtig betroubare bediende verlede jaar bedank het weens familieverpligtinge, rondgeval tussen bediendes en vroeër hierdie jaar die laaste een laat gaan. En glo my, met ‘n voldagwerk en ander verpligtinge is dit ‘n aanpassing, ek gaan nie jok nie. Maar die nuwe sielerus is dit werd. Die politieke en misdaadsituasie in hierdie land is net té plofbaar; dit is beslis beter so…

Sus ·

Jip! Sê ek ook. Steek jou handjies uit jou moue en doen jou huiswerk self. As dit te veel is, skaal af. Baie dankbaar die kind is nie beseer nie.

GewonePleb ·

Pappa, ek wil by die gym aansluit…..Goed so, vat die grassnyer en randsnyer en begin. Dan kan jy die plaveisel vee, en twee karre was. Wax on, Wax off…en kyk hoe bult die spiere. Geen volksvreemdelin op hierdie erf nie. Hier maak jy jou eie bed op, daar is ‘n wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroëer, stofsuier, strykyster………..alles gekoop met die duisende Rande wat gespaar word deur NIEMAND aan te stel nie. Daai vers in die Bybel moes gelees het: My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan fluksheid….

WitBlits ·

Sekerlik kan SAPS die RICA wet gebruik om die selfoonnetwerk waarop die die tuinier se selnommer geregistreer te dwing om sy “huisadres” op te volg.
Seker soos baie ander wette is RICA ook net ‘n meulsteen om wetsgehoorsame burgers se nekke om hulle lewens te versuur en sal daar dadels van kom

CAV ·

Word gesoek net vir huisroof !…….Die seun is met n mes gedreig, is die nie poging tot moord ook nie? . Dit daar gelaat, bly om te hoor die seun is veilig

Theresa ·

Bly die outjie is nie verder aangerand of iets nie. Is hy vir trauma behandeling geneem aangesien sy vertroue geskend is, hy aangerand is en moes beleef hoe sy ouerhuis besteel word. Geen indiensname of toegang tot enige plek as ‘n ID van enige een nie gewys kan word nie. Wanneer iemand ‘n wettige ID het, is hul ook (hopelik en normaalweg) op die land se datastelsel vir opsporing. Pasop as dit nie so kan gebeur nie…

Johann ·

Die vermetelheid en arrogansie word net by die dag meer en meer…wel…vermeteld!!!!! GATVOL!!!!

Piet ·

n Hof het dan beslis dat mens mag se dat Zuma n dief is. As die koning n dief is dan kan sy onderdane seker maar steel.

Ig ·

Piet ek het ook gedink ek mag kommentaar lewer oor Zuma wat steel maar toe “modereer” Maroela my en verwyder toe my kommentaar

toy ·

Jy gee werk net om beroof of vermoor te word. Ons moet maar begin om ons eie huise en tuine skoon te hou.!

stofsuier ·

ons moes dit al lankal self gedoen het, hoekom moet iemand anders jou huis vir jou skoon maak…. jy bly daar en mors daar. Ek sal ook like om elke dag by die huis te kom en in ‘n skoongemaakte huis in te stap maar ek doen dit self en my huis is nie altyd so skoon en netjies soos ek dit wil hê nie maar ek doen dit wanneer ek kans kry en ek wil ook nie ‘n huishulp in diens neem nie – problem solved.

Johan. H. ·

Geluk Jongman,, Jy het sopas n lewensles geleer.. Hoop jy onthou dit , want in jou lewe gaan jy verseker weer op so iets afkom, ek is bly jy is ongedeurd. Niemand in my huis welkom as ek nie daar is nie,,,, Leer, Leer asb. onthou.

Nivea ·

Al wil jy mense werk gee om ‘n geldjie te verdien kan jy nie meer nie, nie in die SA nie. Om nice te wees is ek mee klaar. Weet ons lewens is besig kom nie altyd by als yt nie, ek sal ma stuk stuk my tuin bewerk en my huis, maar nee niemand in my huis nie dankie.

Luchia Swartz ·

jul sal nie glo nie ek bel die nommers hier vir di polisie nie een kan my help of weet enige iets van die saak nie. Ons het ‘n William tuinier 1 keer ‘n week op donderdae wat kom werk in Dorandia en ek is bekommerd dat dit dieslefde persoon is hoe nou gemaak

madels ·

Die beste ding om te doen is om n foto van jou tuinier te neem en die mense te skakel wie beroof is en vir hulle die foto te wys en te vra of dit dieselfde persoon is. Ek dink elkeen wat n werker het moet dit sommer doen, dan het elkeen n foto en die persoon se ID boek besonderhede sodat as daar ingebreek word, die persoon onmiddelik kan ondersoek en ondervra word..

k ·

vandag kan n mens nie meer vir enige iemand oop maak nie… bly die kind is okay en het net effe skok opgedoen. . . Ouers moet hul kinders leer om nooit maar nooit maar nooit vir enige iemand oop die maak nie en veral nie as daar n vreemdeling by is nie :) wat nog van koffie te maak nie. . . dit bly wel scary om te dink dis hoe vinnig dinge gebeur. . . die mense wat by n mens werk weet wat is jou skedule en wie is wanneer tuis. . .

$ ·

Maroela, waarom het julle nie my kommentaar geplaas nie? Wat is fout daarmee om te sê hulle weet alles van jou af en ook van die bure in jou straat want hulle praat onder mekaar?

madels ·

Polisie kan hom opspoor deur sy selfoon as hy hom nog by hom het

Annette Stander ·

Leer maar net nie. Doen jou huiswerk en tuinwerk self. Geen probleme met diefstal en arbeidswette ens ens ens nie

Liendempers ·

Self sopas stel afgetrap met my betroubare Belina….gedros einde April, sover het ons seker al R10 000 se goed wat weg is. En wat se polisie vir my: Mevrou, is jou naam op die goedere aangebring want sy kan net se dat sy dit aangekoop het. Almal kan deesdae oral koop Mevrou. Nou vra ek jou met trane in my navy blue eyes……ek hoop daai elektriese kombers van my maak n short en dat sy haar nerwe afbrand. So, ons doen nou als self en ek het n ekstra R4000 elke maand.

Marie Steyn ·

Ons werk ook self in ons tuin en huis. Ons is in ons 60’s . Dit is harde werk masr as dut vuil us weet ek dat ek nie iemand betaal het wat half gewer het nie. Vat n vertrek op n dag. N mens kan niemand meer vertrou nie dut is eintlik so jammer want wie ly daaronder? Net hulleself

G ·

Haha, kom ons stig ‘n ‘Finding Wiliam’ FB-groepie en ‘tag’ almal met díe naam. Die polisie soek altyd hulp, maar die besonderhede hou hul vir hulself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.