Pta-tiener los raaisel oor CR se beeste op

Je-Miné de la Rey se baanbreker-navorsing kan eienaars van Ankolebeeste help om beter met dié diere te teel. (Foto: Verskaf)

Je-Miné de la Rey (14), ’n gr. 8-leerder aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria, het met haar eie navorsingstudie vasgestel dat die ringe op die Ankolebeesras se horings ook die ouderdom van dié dier verklap. Pres. Cyril Ramaphosa boer met dié beeste en dit is juis ʼn vraag vanaf die president aan Je-Miné se pa, ʼn veearts in Brits, wat die idee vir die navorsing laat posvat het.

Je-Miné was maar 12 jaar oud toe sy die studie voltooi het. Haar bevindings kan boere help met die doeltreffende teling van dié dier en kan eerskomende Vrydag by die eerste nasionale Ankoleveiling in Mpumalanga aangewend word.

Je-Miné het aan Maroela Media gesê dat Ramaphosa haar veaarts-pa, dr. Morné de la Rey, se onderneming Embrio Plus gevra het hoe ’n mens die ouderdom van ’n Ankolebees kan bepaal.

Van Ramaphosa se Ankolebeeste, wat hy uit Uganda deur Kenia ingevoer het, wei by dié onderneming waar personeel reproduksietegnieke op hulle toepas.

Morné, een van die wêreld se voorste spesialisveeartse op die gebied van geassisteerde reproduksietegnieke, is ’n vennoot en mededirekteur by Embrio Plus. Hy en sy vennoot, dr. Robert Treadwell, was vir die kloning in Afrika, dié van die Holsteinkalf Futhi, verantwoordelik.

Volgens Je-Miné is die ouderdom van die Ankolebeeste baie belangrik omdat hulle die heel meeste embrio’s tussen agt en 10 jaar oud produseer – ’n belangrike element in die uitbreiding en verbetering van Ankolegenetika in Suid-Afrika.

“Omdat die Ankolebeeste in Uganda sulke mooi en indrukwekkende horings het, voer ons die beeste daarvandaan na Kenia en bring dan hul embrio’s na Suid-Afrika. Weens swak bestuur weet die aanvanklike eienaars egter nie altyd hoe oud die beeste is nie.”

Dít het Je-Miné genoop om sélf uit te vind hoe die ouderdom van die bees bepaal kan word. Dit was ’n studie wat haar sowat vier maande geneem het om te voltooi.

“Ek het uit agtergrondkennis skielik onthou dat daar ander spesies diere is wat hul ouderdom deur hul liggaam wys. Seeleeus het byvoorbeeld jaarringe op hul tande. So het ek die Ankole se horings begin dophou en ook hoe dit groei,” het Je-Miné gesê.

Je-Miné de la Rey saam met pres. Cyril Ramaphosa in 2019. (Foto: Verskaf)

In haar studie het Je-Miné onder meer bevind dat voeding ’n rol in die groei van die dier se horings speel.

“Gedurende die winterseisoen, wanneer voeding swakker is, groei die horing stadiger – wat die donker gedeelte van die horing en jaarring uitmaak. In die somer wanneer voeding weer beter is, groei die horing vinniger – dít vorm die ligte gedeelte van die jaarring en horing.”

Je-Miné het aanvanklik gedink dat Ankolebeeste nie in die eerste drie jaar van hul lewe ringe maak nie en dus drie jaar by die aantal sigbare ringe op die bees se horings getel om sy ouderdom te bepaal. Sy het egter later agtergekom dat hulle wél ringe maak, maar dat dit onder die haarlyn geleë is.

“Geen ander beesras het jaarringe nie, maar wel ringe wat wys hoeveel kalwers hulle het. Só het mense maar aanvaar dat dit ook die geval by Ankolebeeste is,” het sy verduidelik.

Je-Miné het haar pa dadelik van haar bevindings ingelig en gevra dat hy die president moet laat weet.

“My pa was baie opgewonde, verstom, verras en beïndruk.

“Pres. Ramaphosa en ander boere kan dié inligting nou gebruik om die ouderdom van die beeste in Uganda te bepaal en ’n ingeligte besluit te neem oor watter beeste hulle aankoop,” het Je-Miné oor haar studie gesê.

Sy is ook opgewonde oor die deure wat die sukses van dié studie in die toekoms vir haar kan oopmaak en sê dat dit lekker is om deel van die groei in getalle van ’n beesras te wees.

Haar ma, Petra, is ook ’n veearts en De la Rey sê dat haar ouers beslis ’n groot rol in haar liefde vir diere speel. Daar moet egter nog baie water in die see loop voor dié 14-jarige op ’n loopbaanrigting besluit.

Die eerste nasionale Ankoleveiling vind op Vrydag 30 April in die Bull Ring by Davel in Mpumalanga plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jaco ·

Het ek reg gelees? Het die anti-wit ramaphosa sowaar raad by ‘n wit veearts gevra? Wat dan nou van regstellende aksie en BEE? Wat dan ook van alewige beskuldigings van white priveledge, wit monopolie kapitaal en die amperse gelykstel van wit wees met rassisme? Lekker dubbele standaarde…

Frank ·

Ai tog, hierdie tipe nuus is seker geweldig frustrerend vir die ander klompies. Jy kan ‘n Boer maar net nie onderkry nie!!!! Jy maak ons trots, Je-mine!!

Werner ·

AI oom Cyrel dat n kind jou Nou moet leer mooi Je-Minè mag daar Groot goed in jou lewe gebeur

RS ·

Baie geluk aan haar dat sy so n ondersoek kon voltooi. Ek kan nie help om te dink dat boere dit nie reeds weet nie, Mag dit wel haar inspireer om nog meer sulke ondersoeke en leer togte aan te pak.

Elsabe ·

Ek hoop dat sy WEL eendag by ‘n universiteit hier, in SA, sal kan studeer. Of hoe, Mnr die President?

jzjz05 ·

Vraë hom.???????!!!!! en kyk wat sy verskooning gaan wees

Anton ·

Hoekom sou sy wou? Twee van my susterkinders het doktorsgrade en moes oorsee gaan werk soek. My suster is toe maar agterna. So verloor ons toe 4 produktiewes. Vermenigvuldig maar

Jaco ·

Hoekom gebruik Cyril ‘n wit veearts? Wat dan nou van regstellende aksie en BEE? Waarom dan nou wit monopolie kapitaal ondersteun? Die veearts se ras pla my nie; ek dink maar net uit die anti-wit denkpatroon van die ANC. Voorwaar dubbele standaarde…

Samuel ·

Waarom kolonialiste vra om hom te help? So, witmense het tog ‘n nut in die Suid-Afrikaanse samelewing.

Jaco ·

Dis nes dr dhlamini-zuma wat ‘n WIT regsverteenwoordiger gebruik het toe sy oor die verbanning van sigarette hof toe gesleep is. Waar dit dié anti-wit mense pas, is wit mense nog goed genoeg. Maar nou wonder ek maar net, dit kan mos regeringsbeleid word: vat wit mense se stemreg weg maar vetslap ook BEE en regstellende aksie tot op ‘n punt. Maak ook wette wat sê watse werk wit mense mag doen en tot op watter vlak. Dan weet ons mos nou almal wat mag en wat mag nie.
Die ou Turkse Ryk het dit met hulle joodse en Christen minderheidsgroepe gedoen. Hulle belasting was hoër as die Moslem-meerderheid s’n, hulle mag net op sekere plekke gebly het en hulle mag net sekere soorte werk gedoen het. Met dít wat dié Jode en Christene wel kon doen, het baie van hulle skatryk geword, al het hulle minder regte gehad.
Almal in SA, die swart ANC-regering én die wit minderheid wat so kla, moet leer om buite die box, buite die bekende comfort zone te dink en te doen.

Manie ·

Ja hierdie is n ou bekende feit by die boere gemeenskap dat ringe aan horingbeeste verskyn van veral koeie wat die aantal kalwers gehad aandui.Die teorie agter dit is dat die vroulike diere n kalsium en magnesium proses aanpassing of skok kry tydens dragtigheid en kalwing. Hierdie verskynsel gaan jy nie sommer my manlike of verse wat nog nooit gekalf het nie. Met die dat beeste deesdae onthorong word het die kennis hieroor begin verlore gaan. Baie sterkte met navorsing en teken alles op vir die nageslagte wat nog kom

Alan Keith ·

Ag nee hier tree julle almal dan nou nes regering op , wonder dan nou wat sal gebeur as die Wit Regering dan weer aan wind is , bekommer my is ons almal dan dieselfde , goeie kommentaar soos die van Deon en JamesJohnNRobert word waardeer , ek wil ook net sê knap gedaan Je-Miné.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.