Pta-tiener opgespoor

Eoin Manasse Coetzer. Foto: Verskaf

Die soektog na Eoin Manasse Coetzer, ʼn 15-jarige tiener van Lyttelton Manor in Centurion, wat sedert verlede Sondag vermis was, is afgehandel.

Volgens Eileen Coetzer, Eoin se tannie, is haar broerskind op 25 Februarie om 11:00 die laaste keer gesien toe hy sy grootouers se huis in Lyttelton Manor verlaat het. Hy het sy pa gegroet en is saam met ʼn vriend op ʼn motorfiets daar weg.

Coetzer is die persoonlike assistent van Mike Bolhuis, die spesialis-ondersoeker wie se dienste ingewin is in ʼn poging om Eoin op te spoor. Inligting van Eoin se verdwyning is op Maroela Media en wyd op sosialemediaplatforms gedeel, en ʼn vrou het aangemeld dat sy hom verlede Maandag in Belfast in Mpumalanga by ʼn pandjieswinkel gesien het.

Dit het die familie laat vermoed dat hy by ouer vriende in dié dorp was.

“Ons het meer inligting van lede van die publiek ontvang wat presies vasgestel het waar in Belfast die mense woon. Eoin se pa en sy neef het Sondag deurgery en hom by hul huis gekry terwyl almal daar nog geslaap het. Hy is veilig en ongedeerd, teruggebring Pretoria toe en in sy pa en grootouers se sorg,” het Coetzer Maandag aan Maroela Media gesê.

Coetzer het gesê die familie is baie bly dat hy veilig terug is. Die rede vir sy verdwyning is persoonlik van aard en hy word die nodige bystand en ondersteuning gegee.

Coetzer het Bolhuis en sy span, die Pink Ladies en almal wat gehelp het om na Eoin te soek bedank vir hul hulp en die hulpbronne wat hulle beskikbaar gestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Siestog! ·

Almal hardloop altyd media toe as iemand weg raak en en elke 2de inskrywing op fb is oor die vermiste persoon, maar as die persoon gekry word dan is dit persoonlik. dit is hoemkom ek glad nie sulke goed “share” op fb nie.

Piet Snot ·

A nee a, man. Ander mense se seer het met my en jou niks te doen nie.
Wees net dankbaar saam met die familie. Vergeet van die sensasie.

Rita ·

Mense hardloop gou na die Media toe omdat ons deesdae in so ‘n onveilige land woon. Hoeveel kinders is nie weg vir altyd, of dood nie? As ouer moét mens jou kind so gou moontlik probeer opspoor. Ek hoop hul probleme word aangespreek, en uit die weg geruim.

Stefaans ·

Ek is bly hy is veilig…. van nuuskierigheid is die kerke leeg en die tronke vol.

GM ·

@Siestog, die familie het dankie gesê vir die hulp. Verder hoef die publiek niks te weet nie.

Spook ·

Stem volkome saam, hys veilig en dankie tog, hoekom moet ons die stories agter die stories weet?

juba ·

Stem heelhartig saam Boeremeisie,n goeie drag slae is net die regte ding.

DS ·

Baie bly hy is veilig maar hoop hy kry ‘n loesing wat hy nooit sal vergeet nie!

LS ·

Baie bly hy is veilig, sterkte julle, hoop julle kry alles uitgesorteer! Hoekom mense wil weet wat in ander se private lewe aangaan, gaan my verstand te bowe, regtig ! Wees net bly dat die ouers en die vriende en familie se gemoedere nou beter is na die vermiste persoon terug gevind is. Wat ookal hulle private omstandighede is, DIT HET NIKS MET NIEMAND TE DOEN NIE !!!

FM ·

Hy moet buk en ses van die beste op sy sitvlak kry. Die ouers moet so bly wees dat hy terug is en daarom moet hy siepsie braaibout kry en DAN moet die ouers vir hom sê hoe lief hulle hom het. En dan kan hulle verder praat. Dit werk nog steeds ten spyte van wette. Nou sal n klakousie of twee weer sê dis aanranding. Mark my words.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.