Pta-tiener verdwyn uit ouerhuis

Monica Gaus. Foto: Facebook

Monica Gaus. Foto: Facebook

ʼn Egpaar van Pretoria is naarstiglik op soek na hul tienerdogter nadat sy Vrydag uit haar ouerhuis in Môregloed verdwyn het.

Monica Gaus (15) is Vrydagoggend die laaste keer deur haar ouers gesien toe hulle op pad werk toe was. Ronnie Meyer, Monica se stiefpa, het aan Maroela Media gesê Monica ontvang tuisonderrig en werk soggens by ʼn leningsmaatskappy in Pretoria.

“Sy het Vrydag vir ons gesê sy voel nie lekker nie en gaan nie werk toe nie,” het hy gesê. “Die huishulp het later vertel dat sy met iemand oor die telefoon gepraat het wat haar gedreig het. Sy was glo ontsteld. Sy het buite die hek gaan staan en ʼn wit Corsa-bakkie het haar opgelaai. Ons is nie seker of sy gewillig saam met die bestuurder gery het en of sy in die bakkie in gedwing is nie.”

Meyer het gesê Monica se selfoon is sedert haar verdwyning af. Die egpaar het Saterdag ʼn vermistepersoonsaak by die Villiera-polisiestasie aangegee.

Die polisie kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

Monica is blond met ʼn ligte vel en medium gebou. Sy het ʼn blou denimbroek en ʼn rooi sweetpaktop aangehad toe sy laas gesien is.

Lees gerus die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Riette ·

15 En sy werk?? Dis mos nog minderjarig?? Iets maak nie lekker sin nie

Eish! ·

Riette, eerste wat deur my kop ook geflits het. En as jy geld het vir tuisonderrig is dit beslis nie ‘n moet vir die kind om te werk nie…………..

Debs ·

Ja I smell a rat stink….. seker weer tierner hormone… hoekom het sy buite toe gegaan na die bakkie toe. Ek hoop sy kom terug.

NL ·

Enige persoon wat as vermis aangemeld word, maak my hart baie seer, maar Ek stem saam met Riette en Eish! hoekom moet ‘n 15 jarige werk (by ‘n leningsmaatskappy) as haar ouers genoeg geld vir tuisonderig het?

Wie weet dalk betaal sy dmv haar werk die lening terug wat haar ouers gemaak het om haar deur tuis onderig te sit. Mens weet nooit nie.

Hoekom nie by haar selfoon dienste verskaffer ‘n lys van nommers kry van wie sy or wie haar laaste gekontak het op te spoor nie?

Ek hoop regtig dat sy ongedeerd gevind sal word, Sterkte aan die familie en vriende.

pop ·

Eers saterdag aangegee as vermis??? Maar sy is al vrydag weg. Nou wonder ek watse maatskappy neem n kind van 15 in diens??? Die hele gedoente stink na lieg

yurishka ·

sy het 5 ure terug haar facebook profile pic verander….

Michiel ·

Yurishka dankie; ek dink dat slimmes mos tog sekerlik kan uitvind waar sy haar bevind (of min of meer) as sy op fb gewerk het. Ek hoop sy besef hoe bekommerd haar ouers en almal is en dat sy nou nie weer net dramaties is nie.

anon ·

soos ek verstaan moet di persoon eers na 24 uur as vermis aan gegee word,?????hoop sy word gevind my dogter 13 j sal van my kop af raak as sy weg raak

Liza Opperman ·

anon – dis nie meer 24 uur nie. Mense moet nie so krities wees nie, ons ken nie die omstandighede nie……

Andre ·

Baie belangrik daar is geen wagperiode om iemand vermis aan te meld nie. As iemand n probleem het om n saak oop te maak kontak die Pienk Ladies. Hulle is spesialiste rondom vermiste persone

Yvonne ·

Dit maak nie saak of sy vrywillig weggeloop het of ontvoer is nie, ‘n ouerhart is in stukke. Die onsekerheid moet hulle verteer!
Ek hoop van harte dat die familie hulle geliefde dogter terug kry
Mag God saam julle wees in hierdie verskriklike donker seer tyd

neelsie ·

Moenie 24 uur wag om vermiste aan te meld nie .
Doen dit dadelik!
Maak nie saak wat omstandighede is nie, dis moeilik.
Sterkte aan die gesin.

Janine ·

Jinne…van julle is erg. Weet julle wat die situasie is? Nee, hemel….
Hoop die kind kom veilig huis toe, ongeag die omstandighede, want ek as ma sal van my kop afraak as een van my meisiekinders net verdwyn!

Poppie ·

As sy haar FB profile vandag verander het en dit is nie ‘n ou foto nie dan hou sy vakansie by die see…. En ongelukkig is dit altyd die ouers wat daar onder ly… Weet kinders ooit indien hul wegloop, hoe dit ouers se harte breek. Niks is erger vir ‘n ouer as om in sulke situasies te wees nie. Die gewag en worries maak mens van mens se koppe af.

Poppie93 ·

Dit is so verkeerd van mense om iemand as ontvoer aan te meld en die hele land op hol te kry oor niks!! Hierdie meisiekind het vandag nog haar facebook profile pic verander so sys heel duidelik vrywillig en heeltemal onverantwoordelik saam met iemand daar weg! 15 Jarige meisiekinders van vandag wat hopeloos te groot vir hulle skoene is. Hulle besef nie die nagevolge nie.

Nolla ·

Kan hul nie haar selfoon “trace” na die naaste toring nie? Dis mos maar die vinnigste? Dis afgryslik dat dit so reg onder ons neuse gebeur want ek woon ook in Moregloed. Mag sy veilig by die huis kom en berusting gee aan die mense wat haar lief het. Sterkte aan almal wat betrokke is.

Ray_Law ·

Nolla dit gaan omtrent geen effek he nie. Indien sy in n plek soos Pretoria wat omsingel is met strate dan kan ons haar net ‘trace’ in n radius van 500m. Dit se ons sal min of meer 3x 3 blokke moet afkamp en elke huis deur gaan om te kyk of sy nie daar is nie. Ek kan well se mense sal na haar soek.

Suzette ·

Sien bl 4. Liggaam van meisie in gastehuis te Zeerust gevind selfde ouderdom omtrent en die kleredrag, rooi baadjie met denim. Man met Corsa bakkie het haar daarheen geneem ongeveer 11uur Vrydag en net na 2 die middag alleen gery “om kos te koop”. Hy het nie weer terug gekom nie en sy is Saterdag oggend ontdek. Kan dit dieselfde meisie wees? Wonder maar net….

Annika ·

Net sodat julle weet ek dink informasie is verkeerd deur gegee, op haar facebook staan daar sy is op die 15de September gebore 1995 wat beteken sy is 19 jaar oud en nie 15. Dis iemand se kind hierdie sit jouself in die posisie, ouers kan nie verantwoordelikheid vat vir die keuses wat hul kinders maak nie. Maak nie saak of haar ouers, of sy of die persoon wat haar ontvoer het haar facebook update nie mens moet uitvind wat aangaan ons lewe in n siek wereld vandag.

Marie ·

Sy behoort haar kop in skaamte te laat sak om haar ouers soveel hartseer en bekommernis te besorg! As sy nog so voorbarig is om ewe nog op Facebook aktief te wees kan sy moeite doen EN HAAR OUERS te kontak.

Chantelle ·

As dit my kind was het ek haar gatvelle af getrek, sy lyk heel wat skelm, sy het vir haar ouers gelieg, sy het saam met die man weggeloop, en dan lieg sy nog op haar fb oor haar ouderdom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.